Biologie is die wetenskap van lewe. Dit is gemoeid met die eienskappe en gedrag van organismes, hoe spesies en indiwidue ontstaan en die interaksies wat hulle met mekaar en hulle omgewing het.
Oorsig van biologie
Biologie beslaan 'n wye spektrum van akademiese vakgebiede wat dikwels as onafhanklike dissiplines gesien word; saam bestudeer hulle lewe op verskillende
skale:
Velde van studie in biologie
Aerobiologie -- Anatomie -- Arachnologie -- Astrobiologie -- Biochemie -- Bionika -- Biogeografie -- Bioinformatika -- Biomeganika -- Biofisika-- Biotegnologie -- Plantkunde -- Selbiologie -- Verspreidingskunde -- Kladistiek -- Skaaldierkunde -- Oerdierkundige -- Siklusse -- Sitologie – Ontwikkelingsbiologie -- Siekte (Genetiese siektes, Aansteeklike siektes) -- Ekologie (Teoretiese ekologie, simbiose, Outokologie, Sinekologie) -- Etologie -- Entomologie -- Ewolusionêre biologie (Ewolusie) – Ewolusionêre ontwikkelingsbiologie – Varswater biologie -- Genetika (Bevolkingsgenetika, Kwantitatiewe genetika, Genomika, Proteomika) -- Herpetologie -- Histologie -- Mensbiologie (Antropologie) -- Ichtologie -- Immunologie -- Aansteeklike siektes -- Patologie -- Epidemologie -- Limnologie -- Malakologie -- Soogdierkunde -- Mariene biologie -- Mikrobiologie (Bakteriologie) – Molekulêre biologie -- Morfologie -- Mikologie / Ligenologie --- Mirmekologie --- Neurowetenskap (Neuroanatomie, Neurofisiologie, Senustelselwetenskap, Biologiese fisiologie, Psigiatrie, Psigofarmakologie, Gedragswetenskap, Neuroetologie, Psigofisika, Berekenbare neurowetenskap, Kognitiewe neurowetenskap, Kognitiewe wetenskap)-- Onkologie (die studie van kanker) -- Ontogenie – Oorsprong van Lewe -- Voëlkunde -- Paleontologie (Paleobotanie, Paleosoölogie)-- Parasietologie -- Fikologie (Algologie) -- Herkomskunde (Filogenetika, Filogeografie) -- Fisiologie -- Fitopatologie -- Voortplantingsbiologie --Strukturele biologie -- Stelselbiologie -- Taksonomie -- Toksikologie (die studie van gifstowwe en besoedeling) -- Virologie -- Xenobiologie – Soölogie
Verwante dissiplines
Mediese wetenskap –
Fisiese antropologie
Mense en geskiedenis
Beroemde bioloë –
Geskiedenis van biologie –
Nobelprys vir fisiologie of mediese wetenskap –
Tydlyn vir biologie en organiese chemie
Lys van onderwerpe
Sien:
Lys van biologiese onderwerpe
Ewolusie en biologie
Een van die sentrale, organisatoriese begrippe in biologie is dat alle lewe van 'n
gemene oorsprong het deur die proses van
ewolusie.
Charles Darwin ewolusie as 'n lewensvatbare teorie daargestel deur die dryfveer daaragter,
natuurlike teelkeuse, duidelik uit te spel. (
Alfred Russell Wallace word algemeen erken as mede-ontdekker van die begrip).
Genetiese verskuiwing is aanvaar as 'n addisionele meganisme van die sogenaamde
moderne sintese. Die ewolusionêre geskiedenis van 'n
spesie — waaruit die eienskappe van die verskillende spesies waarvan dit afstam vasgestel kan word, tesame met die genetiese verwantskappe wat dit het ten opsigte van al die ander spesies word
herkomskunde genoem. Verskillende benaderings tot die insameling van inligting oor die herkoms van spesies word in biologie gevolg. Dit sluit die vergelyking van
DNA volgordes in wat in
molekulêre biologie of
genomika uitgevoer word en vergelykings van
fosielrekords en ander inligting oor antieke organismes wat deur
paleontologie ondersoek word. Bioloë rangskik en analiseer die ewolusionêre verwantskappe deur verskeie metodes wat
herkomskunde,
numeriese taksonomie en
kladistiek insluit. Die hoofgebeurtenisse in die loop van ewolusie, soos bioloë dit tans verstaan, word opgesom op hierdie
ewolusionêre tydlyn.
Klassifikasie van lewe
Die klassifikasie van lewende dinge word
sistematika of
taksonomie genoem en behoort die ewolusionêre stambome (
filogenetiese stambome) van die verskillende organismes te weerspieël. Taksonomie groepeer organismes in groepe wat
taxa genoem word, terwyl sistematika hul verwantskappe probeer vasstel. Die dominante stelsel word die
Linnese taksonomie genoem, wat ordes en
binomiale nomenklatuur insluit. Die benaming van organismes word beheer deur internasionale ooreenkomste soos die
Internasionale Kode van Plantkundige Nomenklatuur (ICBN), die
Internasionale Kode van Dierkundige Nomenklatuur (ICZN), en die
Internasionale Kode van Nomenklatuur van Batkterieë (ICNB). 'n Vierde konsepvoorstel vir 'n
Biokode is in 1997 gepubliseer in 'n poging om die benaming van die drie terreine te standardiseer, maar dit is nog nie formeel aanvaar nie. Die
Internasionale Kode vir Virusklassifikasie en Nomenklatuur (ICVCN) bly tans buite die Biokode.
Lewende wesens word tradisioneel verdeel in vyf koningkryke:
- Monere -- Protiste -- Skimmels -- Plante -- Diere
Die verdeling word egter deesdae as verouderd beskou. Meer moderne alternatiewe begin met die drieledige domeinstelsel:
- Arhaea (oorspronklik Archaeabakterieë) – Bakterieë (oorspronklik Eubakterieë) – Eukariote
Hierdie domeine weerspieël die teenwoordigheid aldan nie van selkerne asook verskille in selwande.
Daar is ook 'n reeks intrasellulêre "parasiete" wat toenemend minder lewendig ten opsigte van hulle metaboliese aktiwiteit is.
- Viruse -- Viroïde -- Prione
Geskiedenis van die woord "biologie"
Word gevorm deur die Grieks βίος
(bios), wat 'lewe' beteken en λόγος
(logos), wat 'woord' beteken, dit wil voorkom asof die woord "biologie" in sy moderne sin onafhanklik deur
Gottfried Reinhold Treviranus ("Biologie oder Philosophie der lebenden Natur", 1802 en deur
Jean-Baptiste Lamarck ("Hydrogéologie", 1802) bekendgestel is. Daar word beweer dat
Karl Friedrich Burdach in
1800 die woord self verwoord het in die titel van Volume 3 van
Michael Christoph Hanov se "Philosophiae naturalis sive physicae dogmaticae":
Geologia, biologia, phytologia generalis et dendrologia, wat in 1766 gepubliseer is.
Sien ook
Eksterne skakels en hulpbronne
Skakels
- EverythingBio : 'n Aanlyn bron vir enigiets verwant aan biologie.
- Kimball's Biology Pages, http://users.rcn.com/jkimball.ma.ultranet/BiologyPages : 'n Aanlyn handboek met soekfunksie.
- Biology Online: 'n Werf met tutoriale wat deur 'n enkele persoon onderhou word.
- The Tree of Life, http://tolweb.org/tree/phylogeny.html : A multi-authored, distributed Internet project containing information about phylogeny and biodiversity.
- The Journal of Biology, http://www.jbiol.com : A small, but free, research journal
- The Public Library of Science: Biology, http://www.plosbiology.org : A newer, but more ambitious free research journal.
- BioCode, http://www.rom.on.ca/biodiversity/biocode/biocode1997.html : A proposal for organism naming.
- PhyloCode
Verdere leeswerk
- Lynn Margulis, Five Kingdoms: An Illustrated Guide to the Phyla of Life on Earth, 3rd ed., St. Martin's Press, 1997, sagteband, ISBN 0805072527 (many other editions)
- Neil Campbell, Biology: Concepts & Connections (4th edition), Benjamin-Cummings Publishing Company, 2002, hardeband, ISBN 080536627X (college-level text)
Biologie
Biologie | Biolochía | علم الأحياء | Bioloxía | Біялёгія | Биология | জীববিদ্যা | Bevoniezh | Biologija | Biologia | Biologia | Biologie | Biologijô | Биологи | Bioleg | Biologi | Biologie | ދިރުމާބެހޭ އިލްމު | Βιολογία | Biology | Biologio | Biología | Bioloogia | Biologia | زیستشناسی | Biologia | Lívfrøði | Biologie | Biologjie | Biology | Bitheolaíocht | Bith-Eòlas | Bioloxía | ביולוגיה | जीव शास्त्र | Biologija | Biyoloji | Biológia | Biologia | Biologi | Biologie | Biologio | Líffræði | Biologia | ᐆᒪᔅᓱᓯᖃᕐᑐᓕᕆᓂᖅ | 生物学 | mivyske | Biologi | ბიოლოგია | ជីវវិទ្យា | ಜೀವಶಾಸ್ತ್ರ | 생물학 | Bywonieth | Биология | Biologica | Biolojiya | Biologie | Biologie | Biologija | Bioloģija | Биологија | Биологи | Biologi | Yolizmatiliztli | Biologgia | Biologie | Biologie | जीवशास्त्र | Biologie | Biologi | Biologia | Биологи | Biologia | Biiolojie | Biologia | ژواکپېژندنه | Biologia | Biologie | Биология | Biologia | Bioluggìa | Biologie | Biology | Biológia | Biologija | Биологија | Biologi | Biologi | Biolojia | உயிரியல் | ชีววิทยา | Biyolohiya | Biyoloji | Biologí | بىئولوگىيە | Біологія | حیاتیات | Biologia | Sinh học | Lifav | Biyolohiya | 生物学 | 生物學