Die woord Apartheid dui op 'n toestand van apart, of afgesonder, te wees.
ApartheidSignEnglishAfrikaans.jpg Die term is in Suid-Afrika verpolitiseer en verwys na 'n politieke stelsel en beleide wat rassediskriminasie bevat, en tussen 1948 en 1994 as amptelike beleid in Suid-Afrika gegeld het. Onder apartheid, is mense van verskillende rasse geskei en is swart mense stemreg binne sogenaamde 'wit' Suid-Afrika ontsê. Implementering van die beleid versoorsaak oneindige leed aan miljoene Suid-Afrikaners deur die gedwonge verskuiwings, beperkings op beweging, indiensnemning en geweldadige onderdrukking van die stryd teen apartheid. Vele ander wette en relings soos die groepsgebiedewet, ontugwet en die wet op aparte geriewe dra by tot die daaglikse vernedering van swart mense.
In 'n manifes van dr D F Malan (leier van die Nasionale Party 1948-1954) op die vooraand van die algemene verkiesing in daardie jaar, word die term "apartheid" vir die eerste keer gebruik om die beleid van die Nasionale Party aan te dui. Daarmee wou die Party die voortbestaan van die afsonderlike identiteit van elke ras in Suid-Afrika verseker. Blankes, Indiërs, Swart en Bruin Mense sou afsonderlik naas mekaar tot ontwikkeling gebring word. (1)
Die negatiewe element van hierdie beleid en die verloop daarvan is hoofsaaklik die diskriminasie teen sogenaamde nie-blankes. Dit het duidelik geword dat die politieke mag sedert 1948 die europese (wit) groepe bevoordeel het, terwyl die ander groepe afgesonder is in terme van politieke deelname, en deelname in maatskaplike voordele en aan ekonomiese bedrywighede. Ten opsigte van die swart mense was die verklaarde beleid om die vernaamste etniese groepe te segregeer in hulle eie gebiede. Hulle moes daar as selfgenoegsame eenhede ontwikkel. Die gebiede was egter ongeskik vir die vorming van volwaardige state en finansiering deur die Apartheidsregering baie minder as wat nodig sou wees om die groot-Apartheid visie te realisseer.
Verskeie woordsamestellings het ontstaan om aanduidend te wees van stelsels wat die resultaat was van apartheid: apartheidsregering, met sy apartheidspolitiek en apartheidsbeleid; apartheidspolisie en apartheidsweermag. Die term dra in die algemeen 'n skeldende ondertoon, juis omdat die uitoefening van die apartheidsbeleid tot soveel onreg en lyding onder die onderdrukte groep gelei het.
In Engeland het simpatiseerders met die lot van die onderdrukte groepe in 1969 onder leiding van die anti-apartheidsaktivis Peter Hain, 'n bybetekenis geskep: "apart hate" is gebruik om aan te dui dat daar 'n element van haat geheers het om 'n onderdrukte groep in die Suid-Afrikaanse sosio-politieke bedeling te vestig. Hierdie ontwikkeling het die wêreld soos 'n veldbrand getref en die impak was uiters negatief vir die Suid-Afrikaanse regering, wat vertrou het op sagte terminologie, gebore uit 'n beleid van segregasie, om sy politieke ontwerp van swart tuislande en selfbeskikking in afgesonderde state te bevorder.
Die fokus op "apartheid" het wêreldwyd so 'n oorweldigende effek gehad, dat die term spoedig opgeneem is as leenwoord in ander tale, eerder as om nuutskeppings te maak.
Die tydvak wat as apartheidsjare bekend staan, het waarskynlik met die Suid-Afrikaanse algemene verkiesing in 1994 tot 'n einde gekom. Daarna volg 'n tydperk wat oorgaan in sogenaamde regstellende aksie wat gemik is daarop om die ongelykhede van die verlede reg te stel op verskuie terreine in die samelewing. Na 10 jaar van demokrasie is dit egter duidelik dat hierdie aanvanklik moontlik goed bedoelde aksie die sterk geur van omgekeerde apartheid begin aanneem en duidelik waarneembaar is in die gehalte bestuur van die land en algemene lewenskwaliteit van sy burgers. 'n Jammerlike situasie omdat daar juis deur swart en wit baie opgeoffer is in die verlede om ware demokrasie te bewerkstellig in Suid Afrika.
Suid-Afrika | Politiek | Politiek van Suid-Afrika
Апартейд | Apartheid | Apartheid | Apartheid | Apartheid | Apartheid | History of South Africa in the apartheid era | Apartismo | Sudáfrica en la era del apartheid | Apartheid | Apartheid | Apartheid | Apartheid | אפרטהייד | Apartheid | Apartheid | Apartheid | Apartheid | アパルトヘイト | აპართეიდი | Apartheidas | Aparteid | Apartheid | Apartheid | Apartheid | Apartheid | Apartheid | Apartheid | Апартеид | Apartheid | Apartheid | Apartheid | Apartheid | Апартхејд | Apartheid | Апартгейд | 南非种族隔离制度
This article is licensed under the GNU Free Documentation License.
It uses material from the
"Apartheid".
Home Page • arts • business • computers • games • health • hospitals • home • kids & teens • news • physicians • recreation• reference • regional • science • shopping • society • sports • world