Wes-Sahara (Arabies: Al-Jumhūrīyâ al-Arabīyâ as-Sahrāwīyâ ad-Dīmuqrātīyâ / Afrikaans: Arabiese Demokratiese Republiek Sahara) is 'n land wat voorheen as kolonie van Spanje bekend gestaan het as Spaans Sahara. Dit is geleë in Noord-Afrika, suidwes van Marokko en noordwes van Mauretanië. Die Kanariese Eilande lê noordwes van Wes-Sahara.
In Julie 2004 het Wes-Sahara ongeveer 267 405 inwoners gehad. Die oppervlak van die land is ongeveer 266 000 vierkante kilometer. Dit is dus effens kleiner as Nieu-Seeland en net groter as die Verenigde Koninkryk maar met 'n totale bevolking kleiner as meeste stede in Suid-Afrika.
Die republiek het op die oomblik slegs 'n klein strook van die land onder hulle mag (in die suid-ooste), die res word deur Marokko bestuur . Die grens tussen die twee lande is die Marokkaanse Muur.
Die hele bestuur van die SADR bestaan uit Polisario-lede. Polisario is 'n guerillaleër wat in 1973 gestig is en veg vir die bevryding van Wes-Sahara van Marokkaanse oorheersing.
Sajara Ozidental | الصحراء الغربية | Sáhara Occidental | Западна Сахара | Zapadna Sahara | Sàhara Occidental | Západní Sahara | Gorllewin Sahara | Vestsahara | Westsahara | Western Sahara | Okcidenta Saharo | Sahara Occidental | Lääne-Sahara | Mendebaldeko Sahara | Länsi-Sahara | Sahara occidental | סהרה המערבית | Zapadna Sahara | Nyugat-Szahara | Sahara Barat | Vestur-Sahara | Sahara Occidentale | 西サハラ | 서사하라 | Vakarų Sachara | Rietumsahāra | Западна Сахара | Sahara Barat | Westelijke Sahara | Vest-Sahara | Vest-Sahara | Sahara Zachodnia | Saara Ocidental | Sahara Occidentală | Западная Сахара | Zapadna Sahara | Western Sahara | Západná Sahara | Zahodna Sahara | Западна Сахара | Västsahara | Western Sahara | Batı Sahra | Sara Coûtchantrece | 西撒哈拉 | Sai Sahara
This article is licensed under the GNU Free Documentation License.
It uses material from the
"Wes-Sahara".
Home Page • arts • business • computers • games • health • hospitals • home • kids & teens • news • physicians • recreation• reference • regional • science • shopping • society • sports • world