Die Verenigde State van Amerika (V.S.A.), ook genoem die Verenigde State (V.S.), Amerika 1, is 'n federale republiek in Noord-Amerika en die Stille Oseaan (die eilande van Hawaii, en die Aleutians). Dit strek vanaf die Atlantiese kus in die ooste tot die Stille Oseaan in die Weste. Dit deel landsgrense met Kanada in die noorde and Meksiko in die suide, en deel 'n seegrens met Rusland in die weste en besit 'n aantal distrikte en gebiede rondom die wêreld, insluitende Puerto Rico, Midway Eiland, en Guam. Die land het vyftig state, wat 'n vlak van outonomiteit het. 'n Amerikaanse burger word gewoonlik 'n Amerikaner genoem.1.
| |||||
| Nasionale leuse: (1776 - ): E Pluribus Unum (Latyn: "Out of many, one") (1956 - ): In God We Trust | |||||
| US_highlighted_map2.jpg | |||||
| Amptelike tale | Geen op federale vlak, sekere state spesifiseer wel Engels de facto Spaans grotendeels gepraat in sommige areas | ||||
| Hoofstede | Washington, DC | ||||
| President | George W. Bush | ||||
| Oppervlakte - Totaal - % water | 3de 9 629 091 km² 2,198% | ||||
| Bevolkingstal - Totaal (2000) - Bevolkingsdigtheid | 3de 290 342 554 31/km² | ||||
| Onafhanklikheid -Verklaar1 |
Verklaar deur die VK: 4 Julie 1776 | ||||
| Geldeenheid | VS dollar ($) | ||||
| Tydsone | UTC -5 tot UTC -11 | ||||
| Volkslied | The Star-Spangled Banner | ||||
| Internet TLD | .us, .um, .edu, .gov, .mil | ||||
| Telefoonkode | 1 | ||||
Die ekonomie van die Verenigde State is gebaseer op die kapitalistiese model en word gekenmerk deur konstante groei, lae werkloosheid en inflasie, 'n groot begrotingstekort en vinnige vooruitgang in tegnologie. Sy ekonomie word beskou as die belangrikste in die wêreld. Verskeie ander lande se geldeenhede is gekoppel aan die dollar, of gebruik dit as geldeenheid. Die V.S. effektebeurs word beskou as 'n aanduiding van die wêreldekonomie.
Die land het ryk minerale hulpbronne, met heelwat goud, olie, steenkool en uraan. In landbou is die V.S.A. een van die vernaamste verskaffers van mielies, koring, suiker en tabak. Die V.S.A. vervaardig motors, vliegtuie en elektronika. Die grootste sektor is die dienssektor waarin omtrent 'n driekwart van die V.S. se inwoners werk.
Die grootste handelsvennoot van die Verenigde State is sy noordelike buurstaat Kanada. Ander belangrike handelsvennote is Meksiko, die Europese Unie en ander industriële lande in Asië, soos Japan, Indië, Suid-Korea en Sjina.
As die wêreld se derde grootste nasie (totale area), het die Verenigde State 'n baie wisselende landskap: gematigde woudland aan die ooskus, mangrovewoude in Florida, die Great Plains in die middel van die land, die Mississippi-Missouri rivierstelsel, die Rocky Mountains wes van die vlaktes, woestyne en gematigde kusgebiede wes van die Rocky Mountains en reënwoude in die noord-weste. Die vulkaniese eilande van Hawaii en die pool-gebiede van Alaska maak die geografiese diversiteit net nog groter.
| Datum | Naam | Opmerking |
|---|---|---|
| 1 Januarie | Nuwejaarsdag | Begin van die jaar, en einde van die "vakansieseisoen" |
| Januarie, derde Maandag | Martin Luther King, Jr.-dag | Eer menseregte-aktivis Martin Luther King Jr. |
| Februarie, derde Maandag | Presidentedag | Eer vorige V.S. Presidente, veral Washington en Lincoln |
| Mei, laaste Maandag | Memorial Day | Eer mans en vroue wat gesneuwel het in diens van die land; begin van die somer |
| 4 Julie | Onafhanklikheidsdag (Independence Day) | vier Verklaring van Onafhanklikheid, gewoonlik genoem "The Fourth of July" |
| September, eerste Maandag | Werkersdag (Labor Day) | Vier mylpale van werkers; einde van die somer |
| Oktober, tweede Maandag | Columbus-dag | Eer Christophorus Columbus, tradisionele ontdekker van die Amerikas |
| 11 November | Veteranedag | Oomblik van stilte teen 11 v.m. |
| November, vierde Donderdag | Thanksgiving | Dank vir die herfsoes, begin van die "vakansieseisoen" |
| 25 Desember | Kersfees | Gedenk die geboorte van Jesus Christus, ook sekulêre wintervakansiedag |
USA | አሜሪካ | Estatos Unitos | Geānlǣht Rīcu American | الولايات المتحدة الأمريكية | Estaos Xuníos d'América | Amerika Birləşmiş Ştatları | Злучаныя Штаты Амэрыкі | Съединени американски щати | মার্কিন যুক্তরাষ্ট্র | Stadoù-Unanet Amerika | Sjedinjene Američke Države | Estats Units d'Amèrica | ᎠᎺᎢ | Spojené státy americké | Америкăри Пĕрлешӳллĕ Штатсем | Unol Daleithiau America | USA | Vereinigte Staaten | އެމެރިކާ | Ηνωμένες Πολιτείες της Αμερικής | United States | Usono | Estados Unidos de América | Ameerika Ühendriigid | Amerikako Estatu Batuak | ایالات متحده امریکا | Yhdysvallat | États-Unis d'Amérique | Feriene Steaten fan Amearika | Stáit Aontaithe Mheiriceá | Na Stàitean Aonaichte | Estados Unidos de América - United States of America | સંયુક્ત રાજ્ય અમેરિકા | ארצות הברית | संयुक्त राज्य अमेरिका | Sjedinjene Američke Države | Etazini | Amerikai Egyesült Államok | Statos Unite de America | Amerika Serikat | Estados Unidos iti America | Usa | Bandaríkin | Stati Uniti d'America | ᐊᒥᐊᓕᑲ | アメリカ合衆国 | mergu'e | ამერიკის შეერთებული შტატები | សហរដ្ឋ | 미국 | संयुक्त राज्य अमेरिका | Dewletên Yekbûyî yên Amerîkayê | Statys Unys | Civitates Foederatae Americae | Vereenegt Staate vun Amerika | Vereinegde State van Amerika | JAV | Amerikas Savienotās Valstis | Соединети Американски Држави | യു.എസ്.എ. | Стателе Уните але Америчий | अमेरिकेची संयुक्त संस्थाने | Amerika Syarikat | Stati Uniti | အမေရိကန္ပ္ရည္ေထာင္စု | Altépetl Osehsepanoaseh Americac | USA | Verenigde Staten | USA | Amerikas forente stater | Wááshindoon bikéyah ałhidadiidzooígíí | Estats Units d'America | Америкæйы Иугонд Штаттæ | Stany Zjednoczone | د امريکا متحده ايالات | Estados Unidos da América | Stadis Unids da l'America | Statele Unite ale Americii | Соединённые Штаты Америки | Leta Zunze Ubumwe z’Amerika | संयुक्त राज्य अमेरिका | Stati Uniti | Unitit States | Amerihká ovttastuvvan stáhtat | Sjedinjene Američke Države | United States | Spojené štáty | Združene države Amerike | Shtetet e Bashkuara | Сједињене Америчке Државе | USA | ஐக்கிய அமெரிக்க நாடுகள் | Иёлоти Муттаҳидаи Амрико | สหรัฐอเมริกา | Estados Unidos | Yunaitet Stets | Amerika Birleşik Devletleri | ئامېرىكا قوشما شتاتلىرى | Сполучені Штати Америки | ریاستہائے متحدہ امریکہ | Amerika Qo`shma Shtatlari | Stati Unìi d'Amèrica | Hoa Kỳ | Estats Unis | פאראייניקטע שטאטן פון אמעריקע | Orílẹ̀-Èdè Amẹ́ríkà | Meijgoz | 美國 | Bí-kok
This article is licensed under the GNU Free Documentation License.
It uses material from the
"Verenigde State".
Home Page • arts • business • computers • games • health • hospitals • home • kids & teens • news • physicians • recreation• reference • regional • science • shopping • society • sports • world