article

VOC-Amsterdam.svg Die Verenigde Oos-Indiese Kompanjie (Vereenigde Oostindische Compagnie in ou Nederlands, algemeen afgekort as VOC) was 'n organisasie wat in die 17e en 18e eeu die monopolie vanaf die Nederlandse owerheid verkry het tot handel dryf met en kolonialisering van Asië. Die VOC word ook gesien as die eerste maatskappy wat aandele uitgegee het.

Tot 1595 was handel met Oosterse speserye volledig in die hande van Portugal, wat vanaf 1498 vaarroetes na Asië ontdek het. Kaarte en roetes word streng geheim gehou sodat Portugal in effek 'n monopolie op die handel behou. Eers in 1592, met die terugkeer van Jan Huygen van Linschoten vanuit die Oriënt, het die inwoners van die Nederlandse Republiek voldoende kennis verkry om self 'n ekspedisie uit te rus. Tussen 1598 en 1601 word daar in totaal 15 ekspedisies met 65 skepe aangepak.

Nadat hulle besef dat Portugal en Engeland besig is om hulle te oortref met hierdie handel, besluit die Staten-Generaal, die parlement van die Nederlandse Republiek, in 1602 om al die bestaande ekspedisiemaatskappye te verenig, en reik aandele uit aan al die eienaars van die bestaande maatskappye. Hierdie nuwe maatskappy was die VOC, en het bestaan uit ses kamers: Amsterdam, Middelburg, Enkhuizen, Delft, Hoorn en Rotterdam. Verteenwoordigers van die onderskeie kamers was saam bekend as die Here XVII. Die VOC het vele voorregte vanaf die regering verkry, soos die monopolie op die handel verby die Kaap die Goeie Hoop en die Straat van Magellaan, die reg om gebiede te besit, oorloë te voer en internationale verdrae te sluit. Trouens het die VOC in Asië opgetree asof dit die Nederlandse staat was.

Teen die einde van die agtiende eeu lei korrupsie en wanbestuur tot bankrotskap van die VOC. Die Here XVII is in 1795 afgedank, en die VOC word vyf jaar later, op 1 Januarie 1800, formeel ontbind.

Verowerde gebiede


  • St. Helena.
  • Kaapstad + omgewing.
  • Mauritius.
  • Fort in Anglonische baai in Mosambiek.
  • Verskillende vestinge in die Midde Ooste.
  • Suratte (wes-kus van Indië).
  • Malabar (suid-kus van Indië).
  • Coromandel (Oost-kust van Indië).
  • Bengalen (Bangladesh).
  • Verskillende plekke in Myanmar.
  • Verskillende plekke in Thailand.
  • Verskillende plekke in Vietnam.
  • Verskillende plekke in Sjina.
  • Nederlands-Oos-Indië.
  • Deshima in Japan.

Bronne


In Nederlands

In Engels

VOC | Amsterdam | 17e eeu | 18e eeu | Kaapstad | Nederland

Niederländische Ostindien-Kompanie | Dutch East India Company | Nederlanda Orienthinda Kompanio | Compañía Holandesa de las Indias Orientales | Compagnie néerlandaise des Indes orientales | Vereenigde Oostindische Compagnie | Compagnia Olandese delle Indie Orientali | オランダ東インド会社 | Syarikat Hindia Timur Belanda | Vereenigde Oostindische Compagnie | Det nederlandske Ostindiske kompani | Holenderska Kompania Wschodnioindyjska | Companhia Holandesa das Índias Orientais | Голландская Ост-Индская компания | Holländska Ostindiska Kompaniet | 荷兰东印度公司

 

This article is licensed under the GNU Free Documentation License. It uses material from the "Verenigde Oos-Indiese Kompanjie".

Home Pageartsbusinesscomputersgameshealthhospitalshomekids & teensnewsphysiciansrecreationreferenceregionalscienceshoppingsocietysportsworld