Die Verenigde Koningkryk van Groot Brittanje en Noord-Ierland is 'n staat bestaande uit die nasies van Engeland, Skotland, Wallis en Noord-Ierland, ook bekend as die Verenigde Koninkryk (VK, en:UK). Dit is geleë noord van die noord-westelike kus van die Europese vasteland, omring deur die Noordsee, die Engelse Kanaal en die Atlantiese Oseaan.
Die woord Brittanje word soms gebruik om te verwys na die Verenigde Koninkryk.
In die twintigerjare van die 20ste eeu begin met die neergang van die Britse Ryk 'n tydperk van ekonomiese agteruitgang, wat deur die gevolge van die Tweede Wêreldoorlog, strukturele probleme en die volgehoue weiering om nouer ekonomiese bande met die ander Europese lande te soek, nog versterk word. Die in vergelyking met ander Wes-Europese ekonomieë oorgroot invloed van die Britse vakbonde en hoë inflasiekoerse is net twee van die land se vraagstukke teen die einde van die sewentigerjare. Die nuwe konserwatiewe regering onder die Erste Ministeres Margaret Thatcher begin in 1979 sy neoliberale ekonomiese beleid, wat onder meer die privatisering van genasionaliseerde nywerhede behels.
Vandag behoort die Verenigde Koninkryk weer tot die belangrikste en mees dinamiese ekonomieë ter wêreld. In die jaar 2003 is dit met buitelandse beleggings ter waarde van 672 miljard VSA-dollar die mees aantreklike land vir beleggers in Europa, nog voor Duitsland (545 miljard VSA-dollar) en Frankryk (433 miljard VSA-dollar).
Die ekonomiese groei word veral gesteun deur die vinnige ontwikkeling van die dienstesektor, met sowat een miljoen werknemers net in die finansiële dienstesektor. Die landbou, wat vroeër 'n relatief groot rol gespeel het, genereer nou minder as een persent van die bruto nasionale produk en bied net twee persent van alle werkgeleenthede in die land.
Die belangrikste uitvoergoedere is masjiene, rekenaars, ru-olie en gas.
Ten spyte van die ekonomiese groei is daar baie inwoners wat hul brood met tydelike of informele werk moet wen, aangesien die sosiale welvaartstelsel van die Verenigde Koninkryk in teenstelling met ander Europese lande min ondersteuning aan werkloses en behoeftiges bied.
Verenigde Koninkryk | Lande in Europa
Reino Unito | Geánlǽht Cynedóm | مملكة متحدة | Reinu Uníu | Обединено кралство Великобритания и Северна Ирландия | যুক্তরাজ্য | Rouantelezh Unanet Breizh Veur ha Norzhiwerzhon | Velika Britanija | Regne Unit de la Gran Bretanya i Irlanda del Nord | Velká Británie | Y Deyrnas Unedig | Det Forenede Kongerige | Großbritannien und Nordirland | Ηνωμένο Βασίλειο | United Kingdom | Unuiĝinta Reĝlando | Reino Unido | Suurbritannia | پادشاهی متحد بریتانیای کبیر و ایرلند شمالی | Yhdistynyt kuningaskunta | Stóra Bretland | Royaume-Uni | Grut-Brittanje | An Ríocht Aontaithe | An Rìoghachd Aonaichte | Reino Unido - United Kingdom | Reeriaght Unnaneyssit | הממלכה המאוחדת | Ujedinjeno Kraljevstvo | Nagy-Britannia | Regno Unite | Britania Raya | Unionita Rejio | Bretland | Regno Unito | イギリス | დიდი ბრიტანეთი | 영국 | Rywvaneth Unys | Regnum Unitum | Vereineg Keuninkriek | Jungtinė Karalystė | Apvienotā Karaliste | Kīngitanga Whakakotahi | United Kingdom | Grootbritannien un Noordirland | Verenigd Koninkrijk | Storbritannia | Det forente kongerike Storbritannia og Nord-Irland | Reialme Unit | Стыр Британи | Wielka Brytania | Reino Unido | Reginavel Unì da la Gronda Britannia ed Irlanda dal Nord | Regatul Unit | Великобритания | Regnu Unitu | Unitit Kinrick | United Kingdom | Spojené kráľovstvo | Združeno kraljestvo Velika Britanija in Severna Irska | Уједињено Краљевство | Storbritannien | สหราชอาณาจักร | United Kingdom | Birleşik Krallık | Великобританія | برطانیہ | Vương quốc Liên hiệp Anh và Bắc Ireland | גרױסבריטאַניע | 英国 | Liân-ha̍p Ông-kok
This article is licensed under the GNU Free Documentation License.
It uses material from the
"Verenigde Koninkryk".
Home Page • arts • business • computers • games • health • hospitals • home • kids & teens • news • physicians • recreation• reference • regional • science • shopping • society • sports • world