Ressort de compression.jpg 'n Veer is 'n buigsame elastiese voorwerp wat gebruik word om meganiese energie te stoor. Vere word tipies uit staal of geelkoper vervaardig.
Ander tipies sluit in:
Hooke se wet van elastisiteit bepaal dat die verlenging van 'n elastiese staaf (die uitgerekte lengte minus die lengte van die ontspanne staaf) lineêr eweredig is aan die trekspanning, die krag wat gebruik word om dit uit te rek. Soortgelyk is die krimping (negatiewe verlenging) eweredig aan die saampersing (negatiewe trekspanning).
Hierdie wet is egter gewoonlik net geldig wanneer die vervorming (verlenging of krimping), klein is in vergelyking met die staaf se lengte. Vir groot vervormings word die atoombindings gebreek of herrangskik en kan die staaf breek, buig of permanent vervorm word. Selfs as daardie limiet nie oorskry word nie, kan die krag heelwat van Hooke se wet afwyk.
Hooke se wet is eintlik 'n wiskundige gevolg van die feit dat die potensiële energie van die staaf 'n minimum is wanneer dit by die onstpanne lengte is. Enige gladde funksie van een veranderlike kan benader word deur 'n kwadratiese funksie wanneer dit naby aan die minimumpunt evalueer word; daarom kan die krag — wat die afgeleide van energie is met betrekking tot die verplasing — deur 'n lineêre funksie benader word.
Fjeder | Feder (Technik) | Spring (device) | Ressort | Molla | ばね | Fedder | Veer (natuurkunde) | Sprężyna | Pružina | Vzmet | 弹簧
This article is licensed under the GNU Free Documentation License.
It uses material from the
"Veer (toestel)".
Home Page • arts • business • computers • games • health • hospitals • home • kids & teens • news • physicians • recreation• reference • regional • science • shopping • society • sports • world