Die Tweede Wêreldoorlog was die duurste en mees omvangryke gewapende konflik in die geskiedenis van die wêreld. Dit duur van 1939 tot 1945 en word so genoem omdat dit die tweede oorlog was waar lande uit feitlik alle kontinente (dié wat destyds bewoon was) betrokke was. In beide die Eerste en Tweede Wêreldoorlog het 'n enorme aantal mense gesterf in verskeie slagvelde regoor die wêreld.
In die Tweede Wêreldoorlog het twee groepe teen mekaar geveg: die Geallieerdes en die Spilmoondhede. Die Geallieerdes het bestaan uit die Britse Statebond, VSA, Sowjet-Unie, Sjina, Frankryk, Pole en ander Europese lande. Die Spilmoondhede het bestaan uit Duitsland, Italië, Japan en hul bondgenote.
Omtrent 55,5 miljoen mense kom om tydens die Tweede Wêreldoorlog. Die massamoord op ses miljoen Jode onder die Nazi-bewind van Adolf Hitler, die gebruik van tegnologie van die industriële era, en massa-bomaanvalle op burgerlikes het alles daartoe bygedra dat meer burgerlikes in hierdie oorlog gesterf het as in enige ander in die geskiedenis.
Zweiter Weltkrieg | Ōðru Woruldgūþ | حرب عالمية ثانية | Segunda Guerra Mundial | Икенсе донъя һуғышы | Другая сусьветная вайна | Втора световна война | Drugi svjetski rat | Segona Guerra Mundial | Druhá světová válka | Yr Ail Ryfel Byd | 2. verdenskrig | Zweiter Weltkrieg | Β΄ Παγκόσμιος Πόλεμος | World War II | Dua mondmilito | Segunda Guerra Mundial | Teine maailmasõda | Bigarren Mundu Gerratea | جنگ جهانی دوم | Toinen maailmansota | Seconde Guerre mondiale | Twadde Wrâldkriich | An Dara Cogadh Domhanda | Segunda Guerra Mundial | Ñorairõ Guasu | מלחמת העולם השנייה | Drugi svjetski rat | II. világháború | Perang Dunia II | Duesma mondo-milito | Seinni heimsstyrjöldin | Seconda guerra mondiale | 第二次世界大戦 | მეორე მსოფლიო ომი | 제2차 세계 대전 | Bellum Orbis Terrarum II | Zweete Weltkrich | Twiede Wereldoorlog | Antrasis pasaulinis karas | Otrais pasaules karš | Втора Светска војна | Perang Dunia II | Tieni Gwerra Dinjija | Tweet Weltorlog | Tweede Wereldoorlog | Andre verdskrigen | Andre verdenskrig | II wojna światowa | Segunda Guerra Mundial | Al doilea război mondial | Вторая мировая война | Secunna guerra munniali | Drugi svetski rat | World War II | Druhá svetová vojna | Druga svetovna vojna | Lufta e II-të Botrore | Други светски рат | Andra världskriget | Vita Kuu ya Pili ya Dunia | இரண்டாம் உலகப் போர் | สงครามโลกครั้งที่สอง | II. Dünya Savaşı | Друга світова війна 1939-45 | Đệ nhị thế chiến | Deujhinme guere daegnrece | 第二次世界大战 | 第二次世界大戰
This article is licensed under the GNU Free Documentation License.
It uses material from the
"Tweede Wêreldoorlog".
Home Page • arts • business • computers • games • health • hospitals • home • kids & teens • news • physicians • recreation• reference • regional • science • shopping • society • sports • world