Tervuren (ou spelling: Tervueren) is 'n munisipaliteit in die Nederlandstalige Belgiese provinsie Vlaams-Brabant met 'n oppervlak van 32,92 vierkante kilometer en 20 575 inwoners op 1 Januarie 2005. Tervuren is een van die welvarendste stede in België. Die Tervurenlaan, wat die stad met Brussel verbind, is in opdrag van koning Leopold II ter geleentheid van die wêreldtentoonstelling van die jaar 1897 gebou.
'n Dokument, wat uit die jaar 1213 dateer, verwys na die eerste versterking, wat deur Hendrik I, hertog van Brabant, opgerig is. Hierdie gebou, wat oorspronklik van hout opgerig is, word later tot die kasteel van Tervuren uitgebou. In die 14de en 15de eeu is dit die residensie van die Brabantse hertoë. Die kasteel is in 1782 verniel.
Die tremlyn 44, wat Brussel met Tervuren verbind, en die Koninklike Museum vir Sentraal-Afrika het albei danksy die inisiatief van koning Leopold II tot stand gekom. Dit was veral daarop gemik om besoekers van die Brusselse wêreldtentoonstelling van 1897 na Tervuren te lok, waar 'n uitstalling oor die Belgiese kolonie Kongo aangebied is.
Dit fungeer aanvanklik as 'n koloniale museum, tog fokusseer dit sedert 1960 meer op etnografie en antropologie. Soos in die meeste museums bestaan daar 'n navorsingsafdeling en 'n afdeling met 'n uitstalling, wat oop staan vir die publiek. Die navorsingswerk word nie slegs ten opsigte van Afrika uitgevoer nie, maar sluit ook onderwerpe soos die argeosoölogie van Sagalassos (Suidwes-Turkye) in. 'n Aantal navorsers werk baie nou saam met die Koninklike Belgiese Instituut vir Natuurwetenskappe.
Die openbare biblioteek van Tervuren beskik oor meer as 43 000 gedrukte dokumente. Volgens die gewestelike Vlaamse taalwette moet ten minste 75 persent van die biblioteek se boeke in Nederlands geskrywe wees, alhoewel byna vyftig persent van Tervuren se inwoners 'n ander huistaal as Nederlands het.
Tervuren | Tervuren | Tervuren | Tervuren | Tervuren | Tervuren
This article is licensed under the GNU Free Documentation License.
It uses material from the
"Tervuren".
Home Page • arts • business • computers • games • health • hospitals • home • kids & teens • news • physicians • recreation• reference • regional • science • shopping • society • sports • world