TGV train inside Gare Montparnasse DSC08895.jpge stasie Montparnasse]] Die TGV ('n afkorting van die Franse train à grande vitesse, hoësnelheidstrein) is die Franse hoësnelheidstrein, wat deur die maatskappy ALSTOM gebou word - dikwels in samewerking met die Kanadese maatskappy Bombardier (Montréal, Québec). Hy word in Frankryk as 'n nasionale simbool beskou en is nou die mees suksesvolle sneltrein in Europa. TGV Duplex.jpg Die TGV bereik gereeld 'n maksimale snelheid van 320 km/h, alhoewel hy tydens 'n spesiale toetsrit in die jaar 1990 al 'n rekordsnelheid van 515,3 km/h behaal het wat van hom die vinnigste trein ter wêreld maak. Die trein, wat hierdie rekord opgestel het, was wél 'n gewysigde en veral verkorte weergawe van die TGV en is gebruik om die tegniese moontlikhede van dié trein te bepaal.
Die TGV- en soortgelyke Thalys- en Eurostar-treine verbind groot Franse metropole en ry ook op spoorwegverbindings met België, Duitsland, die Verenigde Koninkryk, Nederland, Italië en Switserland.
Die reistyd van Parys na Lyon is van die oorspronklike 3 ure 55 minute met die sneltrein Mistral verminder tot twee ure. Tegelykertyd is die totale lengte van die spoorweglyn tussen die twee stede verminder van 512 tot 429 kilometer. Die nuwe lyn raak baie gewild, en in 1986 is daar reeds 47 000 passasiers per dag.
Vir die TGV is kragwaens aan weerskante is met agt passasierwaens gekombineer. Die basiese konsep van die TGV is om die hoësnelheidstrein aanvanklik op reeds bestaande spoorweë te laat ry, alhoewel dit 'n beperking op die maksimale snelheid plaas. Die nuwe lyne, waarop net die TGV mag ry, is omhein om ongelukke te vermy. 'n Nuwe kontrolesentrum, wat in Parys opgerig is, is in radiokontak met elke TGV-trein.
Die TGV is volgens aërodinamiese beginsels ontwerp om kragverbruik te beperk, en die eerste TGV-treine verbruik teen 'n spoed van 260 kilometer per uur net so veel energie soos 'n gewone trein teen 200 kilometer per uur.
Die Spaanse hoësnelheidstrein AVE maak eweneens gebruik van die TGV se tegnologie. Die Spaanse spoorwegmaatskappy het egter verseker dat die trein 'n plaaslike karakter kry - die ontwerp van die trein is deur 'n plaaslike onderneming aangepas. Die AVE ry op die nuwe lyn tussen Madrid en Sevilla, teen 'n maksimale snelheid van 300 kilometer per uur.
Die Franse TGV Atlantique is ook die grondslag vir die eerste Koreaanse hoësnelheidstrein KTX (Korean Train eXpress), wat die Suid-Koreaanse hoofstad Seoul met Chonan, Daegoe en Boesan verbind. 46 eenhede van hierdie trein ry sedert Desember 2003 op hierdie lyn van 412 kilometer.
| Hoësnelheidstreine |
|---|
| Acela Express |
TGV | TGV | TGV | TGV | Train à Grande Vitesse | ت ژ و | TGV | TGV (train à grande vitesse) | TGV | TGV | TGV | TGV | Train à Grande Vitesse | TGV | TGV | TGV | TGV | TGV | TGV | TGV | 法国高速列车