Die Suidpool is die mees suidelike punt op Aarde geleë op Antarktika teen 2900m bo seespieël Virtual Tour - South Pole * Besoek op 25 April 2006.. Die term verwys gewoonlik na die Geografiese Suidpool, maar daar is ook 'n Seremoniële Suidpool wat met vlae en 'n metaal koepel aangedui word, 'n Geomagnetiese Suidpool en die Magnetiese Suidpool wat rondwandel soos die Aarde se magenetiese veld skommel en die Suidelike Pool van ontoeganklikheid wat die verste punt van die Suidelike Oseaan op Antarktika is.
Die Geografiese Suidpool is een van die twee punte waar die aarde se rotasie-as deur die aarde se oppervlak gaan (die ander punt is die Geografiese Noordpool). Dit is die punt wat gewoonlik bedoel word wanneer die term "suidpool" gebruik word. Die Suidpool is 1230 km van die naaste kus af in Antarktika geleë.
Die eerste mense om die Geografiese Suidpool te bereik was die Noor Roald Amundsen en sy geselskap op 14 Desember 1911. Amundsen het sy kamp Polheim genoem. Amundsen se hoof wedyweraar vir die doelwit, Robert Falcon Scott, het die pool 'n maand later bereik. Op die reis terug van die pool sterf Scott en sy vier metgeselle van honger en uiterste koue. Daar was sedertdien baie ekspedisies wat die suidpool per land bereik het. Die leiers van die vroegstes was: Amundsen, Scott, Hillary, Fuchs, Havola, Crary, Fiennes. Amerikaanse Admiraal Richard Byrd, bygestaan deur medevlieënier Bernt Balchen, het op 29 November 1929 die eerste persoon geword om oor die Suidpool te vlieg. Die vinnigste onondersteunde staptog na die Suidpool van die see af is die 47 dae lange reis van verkenners Tim Jarvis en Peter Treseder in 1999 wat 200 kg sleë met voedsel en kookbrandstof tot by die pool en terug gesleep het Lieca N. Brown * Besoek op 23 April 2006..
Amundsen het die ligging van die Suidpool met waarnemings van die son bepaal wat 'n maand later deur Scott bevestig is. By die suidpool sak die son is vir ses maande van die jaar nie onder die horison nie en voltooi in 'n 24-uur tydperk 'n volle rotasie parallel aan die horison. Die hoogte van die sirekel styg elke dag vandat die son vir die eerstekeer in die lente sigbaar word tot op 21 Desember wanneer dit die hoogste punt bo die horison bereik. Dit is dan ook deur van sekstante of soortgelyke instrumente gebruik te maak wat Amundsen en Scott die hoek na die bopunt van die son bo die horisons kon bepaal. Wanneer die hoek of hoogte bo die horisons konstant gebly het kon hulle binne ±300 m akkuraatheid bepaal dat hulle op die geografiese ligging van die Suidpool staan.
Tans is Antarktika oor die Suidpool geleë, maar dit was as gevolg van kontinentverskuiwing nie altyd die geval nie. Die Amundsen-Scott Suidpoolstasie is in die Internasionale Geofisiese Jaar in 1958 opgerig en word permanent deur navorsings- en ondersteuningspersoneel beman.
Die afbeelding van die geografiese suidpool op die hemelsfeer gee die hemelsuidpool.
Die grond by die Suidpool is naby seevlak. Die yskap is egter 3000 meter dik en die Amundsen-Scott Basis gevolglik op 'n hoë hoogte bo seespieël.
Die koepel wat in die beelde gesien word is gedeeltelike deur sneeustorms begrawe. Die ingang tot die koepel moet gereeld deur stootskrapers oop gestoot word. Meer onlangse geboue word nou op stelte gebou sodat sneeu nie teen die kante daarvan opbou nie.
Die geomagnetiese veld kan benader word deur 'n gekantelde dipool geleë by die middelpunt van die aarde. Die Geomagnetiese Suidpool is die punt waar die as van die bespassende dipool deur die oppervlak van die aarde gaan in die suidelike halfrond. Die pool dwaal konstant rond'' as gevolg van konstante verandering in die veld.
Die magnetiese Suidpool is die punt op die aarde se oppervlak waar die geomagnetiese veldlyne vertikaal na bo gerig is. Omdat die veld nie ten volle dipolêr is nie, kom die Magnetiese Suidpool nie ooreen met die Geomagnetiese Suidpool nie. Verder dwaal die Magnetiese Suidpool om dieselfde rede as die Geomagnetiese Suidpool.
Op 16 Januarie 1909 bereik drie mans (Douglas Mawson, Edgeworth David, en Alistair Mackay) van 'n ekspedisie geleie deur Sir Ernest Shackleton die Magnetiese Suidpool British Antarctic Survey * Besoek op 23 April 2006.
Geografie van Antarktika | Antarktika | Pole
Polu Sur | Южен полюс | দক্ষিণ মেরু | Južni pol | Pol sud | Jižní pól | Pegwn y de | Sydpolen | Pole der südlichen Hemisphäre | South Pole | Suda poluso | Polo Sur | Hego Polo | Etelänapa | Pôle Sud | Súdpoal | Polo Sur | הקוטב הדרומי | Polovi južne polutke | Kutub Selatan | Polo sud | 南極点 | ದಕ್ಷಿಣ ಧ್ರುವ | 남극점 | Polus australis | Јужен пол | Zuidpool | Sydpolen | Biegun południowy | Pólo Sul | Южный полюс | South Pole | Južný pól | Južni tečaj | Јужни пол | Sydpolen | ขั้วโลกใต้ | Güney kutbu | Cực Nam Trái Đất | 南极 | 南極
This article is licensed under the GNU Free Documentation License.
It uses material from the
"Suidpool".
Home Page • arts • business • computers • games • health • hospitals • home • kids & teens • news • physicians • recreation• reference • regional • science • shopping • society • sports • world