Suid-Afrika is 'n republiek aan die suidpunt van Afrika. Dit word begrens aan die noorde deur Namibië, Botswana en Zimbabwe, en na die noordooste deur Mosambiek en Swaziland. Lesotho is heeltemal vervat binne die grense van Suid-Afrika.
Suid-Afrika is een van die mees etnies-diverse lande in Afrika. Die land het meer Europese immigrante ontvang as enige ander land in Afrika en het die hoogste bevolking van Europese, Indiese en gemengde afkoms. Rasse- en etniese stryd was nog altyd 'n groot deel van die geskiedenis en politiek van die land. 'n Ander belangrike faktor in die ontwikkeling van die land is die ryk mineraalbronne waaroor die land beskik. Die land se ekonomie is die grootste en mees ontwikkelde in die kontinent met moderne infrastruktuur in die hele land.
Rasse konflik tussen die wit minderheid en die swart meerderheid het die land se geskiedenis en politiek oorheers. Die tema het 'n hoogtepunt bereik met die apartheidbewind tussen 1948 en die negentien-negentigs. Nadat die Nasionale Party in 1948 aan bewind gekom het is 'n stelsel gegrond op rasse diskrimiansie opgerig. Die wette is van 1990 af afgeskaf na 'n lang en geweldadige stryd teen apartheid waarin swart mense die leiding geneem het. Wit- bruin en Indier Suid-Afrikaners het egter ook deelgeneem en buitelandse druk was 'n belangrike faktor in die uiteindelike aftakeling van apartheid. Die dramatiese verandering in die politieke stelsel is egter op die ou einde op wonderbaarlike wyse relatief vreedsaam bewerkstellig. Suid-Afrika is een van die min lande in Afrika en die res van die ontwikkelende lande wat nie 'n staatgreep deurgemaak het nie. Die veelparty samesprekings waarvolgens die nuwe Suid-Afrika in plek gestel word het gelei tot die ontwikkeling van een van die voorste grondwette ter wêreld met stewige beskerming van menseregte.
Vandag word daar gereeld na Suid-Afrika as die Reënboog-Nasie verwys - 'n term wat aanvanklik deur Aartsbiskop Desmond Tutu bedink is en later op uigebrei is deur die toenmalige President Nelson Mandela as 'n metafoor vir die land se nuutgevonde multikulturele diversiteit na die beëindiging van die skeiding wat deur die apartheidideologie meegebring is. Suid-Afrika is die eerste, en sover enigste, land wat kernwapens ontwikkel het en daarna vrywillig sy hele kernwapenprogram ontbind het.
Die Britte sit die oorlog teen die AmaXhosa voort en stoot die oostelike grens ooswaarts tot by 'n lyn van forte, wat langs die Visrivier opgerig is, en konsolideer die gebied deur Britse Setlaars aan te moedig om hulle in die gebied te vestig. As gevolg van druk deur afskaffingsverenigings in Brittanje beeindig die Britse parelement sy wêreldwye slawehandel in 1806 en skaf slawerny in al sy kolonies af in 1833. Die voortslepende grensoorloë, ongelukkigheid met die wyse waarop slawerny afgeskaf is en ander verskille met die Britse owerheid lei daartoe dat 'n gedeelte van die Nederlandssprekende bevolking as deel van die Groottrek verder in die binneland in trek buite Britse beheer. Die groep, wat eers as voortrekkers en later as *] bekend sou staan, kom in teenstand met swart stamme soos die Zoeloes. Hulle vestig 'n reeks boere republieke, waarvan die Zuid-Afrikaansche Republiek en Oranje-Vrystaat die belangrikste is.
Apartheid het al hoe meer omstrede geword in die intrensionale arena wat tot sanksies en ontrekking van beleggings gelei het wat gepaard gegaan het met al hoe erger onluste. Die spanning het 'n hoogtepunt bereik in 1984-85 toe die regering met al hoe strawwer teen maatreëls reageer. Dit het weer gelei tot veller weerstand van anti-apartheid beweings (veral die ANC). Die land is op sy knieë gedwing deur die kombinasie van internasionale boikotte en ekonomiese sanksies, stakings, optogte, betogings, en sabotasie. In 1990 neem die Nasionale Party regering die eerste stappe tot 'n onderhandelde skikking toe dit die ANC en ander politieke organisasies ontban en ANC leier Nelson Mandela na 27 jaar in die tronk vrylaat. Apartheid wetgewing is geleidelik geskrap en die eerste veelrassige verkiesing in 1994 gehou. Die ANC het met 'n oorweldigende meerderheid gewen en is steeds aan bewind.
Ten spyte van die beëindiging van Apartheid leef miljoene swart Suid-Afrikaners steeds in armoede. Dit word gereeld toegeskryf aan die nalatingskap van apartheid, maar daar is ook druk op die huidige regering om dienslewering op te knap en sosiale vraagstukke aan te spreek. Die regering het wel baie vordering gemaak wat betref behuising, elektrisiteitsvoorsiening en toegang tot water, en lewenskwaliteit het in baie opsigte verbeter.
Tans word Suid-Afrikaanse politiek deur ANC, wat 69,7% van die stemme in die 2004 algemene verkiesing ontvang het, oorheers. Die hoof teenstaander teen die ANC se heerskappy is die Demokratiese Alliansie wat 12,4% van die stemme ontvang het. Die voorheen dominante Nuwe Nasionale Party, warvan die voorganger, die Nasionale Party, apartheid aanvanklik ingestel het, het na 1994 spoedig steun verloor en het op 9 April 2005 gestem om finaal te ontbind.
Suid-Afrika is aan die heel suidelikste deel van Afrika geleë met 'n lang kuslyn van meer as 2 500 kilometer (1 550 myl) wat oor twee oseane strek (die Atlantiese- en Indiese). Suid-Afrika het 'n groot verskeidenheid klimaatsones, van die woestyn toestande in die Kalahari naby Namibië tot welige subtropiese klimaat langs die grens met Mosambiek. Dit rys vinnig oor 'n bergagtige platorand tot die binnelandse plato wat as die hoëveld bekend staan. Selfs al word Suid-Afrika as semi-droog beskou, is daar aansienlike wisseling in klimaat sowel as topografie. Namaqua park flowers pompes a eau.jpg Die Suid-Afrikaanse binneland wissel van die bergagtige en yl bevolkte Karoo tot gras- en bosveld in die noordelike dele van die land. Die oostelike kuslyn kry heelwat reën en is amper tropies in aard. Die heel suidwestelike gedeelte van die land is weer mediterreens met nat winters en warm, droë somers. Die gebied produseer die meeste van Suid-Afrika se wyn. Dit word gekenmerk deur wind, wat die grootste deel van die jaar met tussenposes waai. Die velheid van die winde het die vaart om die kus van die Kaap van Goeie Hoop in die verlede lewensgevaarlik vir seevaarders gemaak en baie skipbreuke is daardeur versoorsaak. Effens meer oos aan die suidkus van die land, waar reënval meer konstant deur die jaar is, word die Tuinroete aangetref, wat bestaan uit 'n beeldskone groen landskap.
Suid-Afrika se mees algemene bioom is grasveld, veral op die Hoëveld waar die plantegroei oorheers word deur verskillende grasse, lae struike en doringbome, hoofsaaklik kameeldoring en witdoring. Plantegroei is selfs yler in die Noordweste as gevolg van die lae reënval. Daar kom verskeie vetplantspesies voor wat water stoor soos alwyne en nabome in die baie warm en droë Namakwaland. Die gras en doring savanna verander stadig in bosveld in die noordooste van die land met digter plantegroei. Daar is ook 'n beduidende hoeveelheid kremetartbome in die gebied naby die noordelike punt van die Nasionale Krugerwildtuin. ]
Volgens 'n ondersoek, wat deur Standard Bank gedoen is, is toerisme tans die belangrikste verskaffer van buitelandse valuta vir die land, met 'n inkomste van R 53,9 miljard in 2003 (of sewe persent van die bruto binnelandse produk) - nog voor die goudmynbou, wat R 35,3 miljard verdien het.
Suid-Afrika is met 2,7 persent van die jaarlikse produksie, wat gelykstaan an 730 miljoen liter, tans die negende grootste wynprodusent ter wêreld. Sowat 4 450 wynprodusente is in die land geregistreer.
Danksy die toenemende internasionale gewildheid van Suid-Afrikaanse wyne het die uitvoersyfers sedert die jare negentig skerp gestyg en beloop in 2002 reeds 220 miljoen liter (teenoor 'n skrale 25 miljoen in 1991). Die gewildste soorte vir die internasionale mark is Chenin Blanc en Cabernet Suvignon.
| Datum | Naam | Opmerkings |
|---|---|---|
| 1 Januarie | Nuwejaarsdag | |
| 21 Maart | Menseregtedag | |
| Goeie Vrydag | ||
| Familiedag | Maandag na Paasfees | |
| 27 April | Vryheidsdag | Herdenking van eerste demokratiese verkiesing in 1994 |
| 1 Mei | Werkersdag | |
| 16 Junie | Jeugdag | Die dag van die 1976 Soweto-oproer |
| 9 Augustus | Nasionale Vrouedag | |
| 24 September | Erfenisdag | |
| 16 Desember | Versoeningsdag | Voorheen Geloftedag |
| 25 Desember | Kersdag | |
| 26 Desember | Welwillendheidsdag |