Strait of gibraltar.jpg | PIA03397.jpg
Die Straat van Gibraltar (Arabies: جبل طارق, Spaans: Estrecho de Gibraltar) is die seestraat wat die Atlantiese Oseaan met die Middellandse See verbind. In Engelse word dit algemeens bekend in die meervoud vorm : the Straits of Gibraltar, of 'n kort vorm: Strog (STRait Of Gibraltar) soos dit welbekend is in vloot kringe.
Etimologie
Die naam kom van die Arabiese naam "Jebel Tariq" wat Tariq se berg beteken. Dit verwys na die
Berber Moslem generaal
Tariq ibn-Ziyad wat die
Iberiese skiereiland in
711 verower het.
Grense en Ligging
Aan die noordelike kant is
Spanje en
Gibraltar, aan die suide
Marokko en
Ceuta ('n Spaanse
eksklave in
Noord-Afrika). Die grense daarvan was in die antieke tyd bekend as die
Pilare van Hercules. Daar is 'n paar klein eilande, soos die
bestrede Isla Perejil, waarop Spanje en Marokko aanspraak maak.
Die Straat van Gibraltar het 'n baie strategiese ligging. Skepe wat van die Atlantiese oseaan na die Middellandse See en omgekeer gaan, vaar deur die seestraat waaroor die Rots van Gibraltar uitkyk. Verder reise baie mense wat van Europa na Afrika en omgekeerd reis oor die seestraat. Tydens die Tweede Wêreldoorlog het die Britte,die straat van 'n nabygeleë basis beheer. Duitse duikbote wat die Middellandse See binnegegaan het was effektiewelik vasgekeer, omdat hulle nie op die oppervlak kon uitkom nie en die ondersese strome te sterk was om onderwater uit te gaan.
Logistiek
Die diepte van die seestraat is ongeveer 300
m. Op die nouste punt is dit omtrent 14
km wyd.
Tonnel
Die Spaanse en Marokkaanse regering ondersoek die moontlikheid van 'n tonnel onder deur die seestraat, soortgelyk aan die
Channeltonnel tussen
Engeland en
Frankryk oor die afgelope aantal jare. Die tonnelideë is egter verwerp aangesien dit onmoontlik sou wees om motoruitlaatgasse uit 'n tonnel van omtrent 14 km lank te kry. 'n Nuwe drie-jaar studie vir 'n spoorweg
tonnel is in
2003 aangekondig.
Brug
Verder het 'n groep
Amerikaanse en Britse ingenieurs ook die moontlikheid ondersoek om 'n
brug oor die seestraat te bou. So 'n brug sou 'n kombinasie van hang-stut ontwerp wees en sou enige bestaande brug in terme van hoogte (meer as 900 m) en lengte (15 km) verdwerg. Die
1979 wetenskapfiksieroman
The Fountains of Paradise deur
Arthur C. Clarke het met so 'n brug gespog.
Southeid
Die byna landingeslote Middellandse See het 'n verdampingstempo hoër as die gekombineerde invloei van die riviere wat daarin uitmond. Die
sill van die Straat van Gibraltar tree op om die meng van water tussen die koue, minder sout Atlantiese Oseaan en die warm Middellandse See water, wat soveel souter is dat dit onder die konstant invloeiende Atlantiese water sink en 'n hoogs sout (
thermohaline, beide warm en sout) bodem water, genaamd die Middellandse See uitvloei vorm; dit vloei uit en af teen die kontinentale helling, verloor southeid, totdat dit 'n ekwilibrium bereik by 'n diepte van omtrent 1000 m. Die Middellandse See water kan vir duisende kilometers gevolg word voor dit sy identiteit verloor.
Antieke geskiedenis
Omtrent 6 miljoen jaar gelede, het die seestraat toe geraak en daarmee die Middellandse See in 'n reause soutmeer verander wat op die ou einde opgedroog het in wat bekend staan as die
Messinian Southeid Krisis.
Eksterne Skakels
Oor die tonnelplanne:
Seestrate van Europa | Gibraltar | Geografie van Marokko | Geografie van Spanje | Middellandse See
مضيق جبل طارق | Гибралтарски проток | Estret de Gibraltar | Gibraltarský průliv | Straße von Gibraltar | Strait of Gibraltar | Ĝibraltara Markolo | Estrecho de Gibraltar | Gibraltari väin | Gibraltarinsalmi | Détroit de Gibraltar | Estreito de Xibraltar | מצר גיברלטר | Gibraltári-szoros | Selat Gibraltar | Gíbraltarsund | Stretto di Gibilterra | ジブラルタル海峡 | გიბრალტარის სრუტე | 지브롤터 해협 | Fretum Gaditanum | Strooss vu Gibraltar | Gibraltaro sąsiauris | Straat van Gibraltar | Gibraltarsundet | Gibraltarstredet | Cieśnina Gibraltarska | Estreito de Gibraltar | Гибралтарский пролив | Gibraltársky prieliv | Gibraltar sund | Ґібралтарська протока | Eo biển Gibraltar | Sitroet d' Djibraltar | 直布羅陀海峽