Sterrekunde (ook astronomie, wat "die wette van die sterre" beteken) is 'n wetenskap wat die waarneming en verduideliking van gebeurtenisse buite die aarde en die atmosfeer behels. Die oorsprong, ewolusie, fisiese en chemiese eienskappe van voorwerpe wat in die hemelruim waargeneem kan word, word bestudeer.
moon.crater.arp.750pix.jpg, deur die Apollo 11 bemanning gefotografeer terwyl hulle om die Maan gewentel het in 1969. Naby die middel van die agterkant van die Maan geleë, die deursnee van die krater is ongeveer 92 kilometer.]]
Sterrekunde is een van die min wetenskappe waar amateurs steeds 'n rol te speel het, veral met die ontdekking en monitering van verskynsels met 'n verbygaande aard. Sterrekunde moet nie met sterrewiggelary (astrologie) verwar word nie. Sterrewiggelary is 'n geloof dat daar 'n korrelasie bestaan tussen mense se doen en late en noodlot, en die stand van die hemelliggame – al het die twee velde 'n gemeenskaplike oorsprong is hulle baie verskillend, sterrekundiges aanvaar die wetenskaplike metode en sterrewiggelaars (astroloë) nie.
Vanaf die begin van die 20ste eeu was die veld van professionele sterrekunde geneig om verdeel te word in waarnemende sterrekunde en teoretiese astrofisika. Alhoewel die meeste sterrekundiges elemente van beide in hulle navorsing gebruik, word verskillende vaardighede benodig en daarom is die meeste sterrekundiges geneig om in die een of die ander te spesialiseer. Waarnemende sterrekunde is meestal gemoeid met die insameling en verwerking van data wat die bou en onderhoud van instrumente behels. Teoretiese astrofisika (fisiese sterrekunde) is hoofsaaklik gemoeid met die verklaring en verstaan van die implikasies van die verskillende modelle en behels werk met analitiese modelle op rekenaars.
Die studievelde kan ook verdeel word op twee ander maniere: volgens "onderwerp", gewoonlik na aanleiding van die gebied in die ruimte (bv. terrestelselsterrekunde) of "probleme aangespreek" (soos stervorming of kosmologie); of volgens die manier waarop die inligting verkry word.
Daar bestaan ook ander dissiplines wat as vertakkinge van sterrekunde beskou kan word.
'n Tradisionele verdeling van sterrekunde deur die deel van die elektromagnetiese spektrum wat waargeneem word:
grav.lens1.arp.750pix.jpg. Hierdie beeld wys verskeie blou, lusvormige voorwerpe wat veelvuldige beelde van dieselfde sterrestelsel is. Hulle is gedupliseer deur die swaartekraglens effek van die tros geel sterrestelsels naby die foto se middel. Die lens word geskep deur die tros se swaartekragveld wat die lig buig en sodoende die beeld van 'n voorwerp op 'n verdere afstand te vergroot en verwring.]]
Optiese en radio sterrekunde kan gedoen word met grond-gebaseerde sterrewagte, omdat die atmosfeer deurskynend is vir daardie golflengtes. Infrarooi lig word sterk geabsorbeer deur waterdamp, dus moet infrarooi sterrewagte geleë waas op hoë en droeë plekke of in die ruimte.
Die atmosfeer is ondeurskynend vir X-strale, gammastrale en UV-strale en behalwe vir 'n paar golflengte "vensters" ook vir infrarooi strale dus moet waarnemings gedoen word vanaf ballonne of ruimte sterrewagte.
Sterrekunde het gestagneer tydens die middeleeuse Europa, maar het in die Arabiese wêreld gefloreer. Laat in die 9de eeu het die islamietiese sterrekundige al-Farghani (Abu'l-Abbas Ahmad ibn Muhammad ibn Kathir al-Farghani) uitvoering geskryf oor die beweging van die hemelliggame. Sy werk is in die 12de eeu na Latyn vertaal. Laat in die 10de eeu is 'n baie groot sterrewag naby Teheran in Iran deur die sterrekundige al-Khujandi gebou wat onder andere 'n paar middaglyn-oorgange van die son waargeneem het en daaruit die skuinsheid van die aarde se wentelvlak (ekliptiek) ten opsigte van die hemelekwator bereken het. In Persië het Omar Khayyam (Ghiyath al-Din Abu'l-Fath Umar ibn Ibrahim al-Nisaburi al-Khayyami) vele tabelle opgestel en 'n verandering van die kalender opgestel wat meer akkuraat was as die Juliaanse kalender en byna so akkuraat soos die Gregoriaanse kalender was.
Tydens die Renaissance het Kopernikus 'n heliosentriese model van die sonnestelsel voorgestel. Sy werk is deur Galileo Galilei en Johannes Kepler uitgebrei, reggestel en verdedig. Galileo het teleskope begin gebruik om sy waarnemings te verbeter. Kepler was die eerste om 'n stelsel te ontwikkel wat die bewegings van die planete om die Son as middelpunt in korrekte besonderhede beskryf het.
Kepler was egter nie suksesvol met die ontwikkeling van die toerieë vir die wette wat hy neergeskryf het nie. Newton se uitvinding van hemelligaamdinamika en sy swaartekragwet was finaal in staat om die bewegings van die planete te verduidelik. Die refleksieteleskoop is toe ook ontdek wat waarnemings nog verder verbeter het.
Dit is bevind dat sterre vêr afgeleë voorwerpe was. Met die ontdekking van spektroskopie is dit bewys dat die sterre soortgelyk aan ons eie son was, maar met 'n wye reeks van temperature, massas en groottes. Die bestaan van ons sterrestelsel, die Melkweg, as 'n aparte groep sterre is eers in die 20ste eeu, saam met die bestaan van ander "eksterne" sterrestelsels bewys. Die uitsetting van die heelal soos waargeneem deur die oënskynlike wegwaartse beweging van die meeste sterrestelsels is ook ontdek. Kosmologie het reuse vooruitgang gemaak in die 20ste eeu met die grootknalteorie model wat sterk ondersteun word deur bewyse verskaf deur sterrekunde en fisika, soos byvoorbeeld die kosmiese mikrogolf agtergrondstraling, Hubble se wet en kosmologiese oorvloed van die elemente.
ant.nebula.arp.600pix.jpg. Die uitstorting van gas vanaf die sterwende ster in die middel laat simmetriese patrone anders as die chaotiese patrone wat verwag sou word van 'n gewone ontploffing.]]
ሥነ ፈለክ | Astronomía | فلك | Astronomía | Астрономия | জ্যোতির্বিদ্যা | Astronomi | Astronomija | Astronomia | Astronomia | Astronomie | Astronomijô | Астрономи | Seryddiaeth | Astronomi | Astronomie | Αστρονομία | Astronomy | Astronomio | Astronomía | Astronoomia | Astronomia | ستارهشناسی | Tähtitiede | Astronomie | Stjerrekunde | Réalteolaíocht | Astronomía | ખગોળશાસ્ત્ર | אסטרונומיה | खगोल शास्त्र | Astronomija | Astwonomi | Csillagászat | Astronomia | Astronomi dan Astrofisika | Astronomie | Astronomio | Stjörnufræði | Astronomia | ᓯᓚᓯᐅᕐᓂᖅ | 天文学 | Astronomi | ასტრონომია | 천문학 | Astronomî | Astronymyl | Astronomia | Astronomiya | Astronomie | Sjtarrekónde | Astronomija | Astronomija | Астрономие ши астрофизикэ | Astronomi | Astronomija | Astronomia | Astronomie | ज्योतिष | Astronomie | Astronomi | Astronomi | Astronomia | ਤਾਰਾ ਵਿਗਿਆਨ | Astronomia | Astronomia | Astronomia | Astronomia | Astronomie | Астрономия | Astronumìa | Astronomie | Astronomy | Astronómia | Astronomija | Astronomia | Астрономија | Astronomi | Astronomi | வானியல் | ดาราศาสตร์ | Astronomiya | Gökbilim | Астрономія | Astronomia | Thiên văn học | Stelav | Astronomiya | 天文学
This article is licensed under the GNU Free Documentation License.
It uses material from the
"Sterrekunde".
Home Page • arts • business • computers • games • health • hospitals • home • kids & teens • news • physicians • recreation• reference • regional • science • shopping • society • sports • world