Die smeltpunt van 'n vastestof is die temperatuur waarteen dit vanaf 'n vastetoestand na 'n vloeistof verander. Wanneer die toestandsverandering omgekeer word, m.a.w. waar die vloeistof na 'n vastestof verander word daarna as die vriespunt verwys.
Vir die meeste stowwe is die smeltpunt en vriespunte dieselfde. Die smelt- en vriespunt vir die element kwik is byvoorbeeld 234.32 kelvin (−38.83 °C). Sekere stowwe het egter verskillende vastestof-vloeistof oorgangstemperature. Agar smelt byvoorbeeld by 85 °C en stol tussen 32 en 40 °C; 'n verskynsel wat bekend staan as histerese.
Anders as die kookpunt, is die smeltpunt relatief onafhanklik van die druk. Grafiet is die materiaal met die hoogste bekende smeltpunt by atmosferiese druk (3948 kelvin).
Die smeltpunt word dikwels gebruik om die suiwerheid van 'n stof te bepaal en om organiese stowwe te karakteriseer. Die smeltpunt van 'n suiwer stof is gewoonlik hoër as die smeltpunt van 'n onsuiwer monster van daardie stof. Wanneer twee chemiese stowwe vermeng word, sal die smeltpunt van die gevolglike mengsel laer wees as die smeltpunt van enige komponent waaruit dit bestaan. Die verhouding van komponente wat die laagste moontlike smeltpunt tot gevolg het staan bekend as die eutektiese punt.
نقطة انصهار | Температура на топене | Talište | Punt de fusió | Teplota tání | Smeltepunkt | Schmelzpunkt | Σημείο τήξης | Melting point | Frostopunkto | Punto de fusión | Sulamistemperatuur | دمای ذوب | Sulamispiste | Température de fusion | נקודת התכה | Talište | Olvadáspont | Titik lebur | Bræðslumark | Punto di fusione | 融点 | 녹는점 | Lydymosi temperatūra | Kušanas temperatūra | Точка на топење | Smeltpunt | Smeltepunkt | Smeltepunkt | Temperatura topnienia | Ponto de fusão | Punct de topire | Температура плавления | Tališče | Тачка топљења | Smältpunkt | จุดหลอมเหลว | Ergime noktası | Температура плавлення | 熔点
This article is licensed under the GNU Free Documentation License.
It uses material from the
"Smeltpunt".
Home Page • arts • business • computers • games • health • hospitals • home • kids & teens • news • physicians • recreation• reference • regional • science • shopping • society • sports • world