Saint-Pierre et Miquelon is 'n Franse besitting, wat uit 'n aantal klein eilande langs die oostelike kus van Kanada, suid van die provinsie van Newfoundland, bestaan.
| Saint-Pierre_flag_medium.png | Saint-Pierre and Miquelon coa.gif |
| Die Vlag van Saint-Pierre et Miquelon | Die Wapen van Saint-Pierre et Miquelon |
Die oudste artefakte, wat deur Inuïet of Indiane gemaak is, dateer uit die tydperk van 3000 v.C.
Die Portugese ontdekker João Álvares Fagundes vernoem die eilandgroep "Die Elfduisend Maagde", uiteindelik word egter die Franse naam "Eilande van Saint-Pierre" gebruiklik.
Tydens die 16de eeu dien die eilande as Franse visvangbasis. In die kabeljouseisoen doen veral die vissers van La Rochelle, Granville, Saint-Malo en die Baskeland hier aan. Die Franse seevaarder Jacques Cartier besoek Saint-Pierre in die jaar 1536 en berig oor die Franse en Bretonse visvangsaktiwiteite in die gebied. Saint Pierre and Miquelon, winter scene.jpg Die naam van die eiland Miquelon is van Baskiese herkoms, aangesien dit die basis van vissers uit die Baskiese dorp Saint-Jean-de-Luz is.
Die eerste Franse nedersetting op Saint-Pierre word in die 17de eeu gestig. Frankryk] moet die eilandgroep ingevolge 'n ooreenkoms by die Verdrag van Utrecht in die jaar 1713 afstaan. Vyftig jaar later, teen die einde van die Sewejarige Oorlog in 1763, word die eilande weer aan Frankryk oorhandig.
In die tydperk tussen 1763 en 1778 is die eilandgroep die toevlugsoord van Franstalige Akadiërs, wat deur die Britse owerheid uit Nova Scotia verdryf is.
Die Britte vergeld die Franse ondersteuning van die Amerikaanse Rewolusionêre Oorlog in 1778 met 'n aanval op die eiland en die verdrywing van sy bevolking.
In 1783 kom die eilande weer onder Franse heerskappy. Aangesien Brittanje teenoor die Franse Rewolusie vyandelik gesind is en as reaksie op die Franse oorlogsverklaring, is daar 'n hernieude Britse aanval op die eiland. Die hele bevolking word gedeporteer.
Na die tweede afdanking van keiser Napoléon I Bonaparte in 1816 herwin Frankryk die gesag oor die eilandgroep. Hulle is die laaste oorblyfsel van die eertydse uitgestrekte Franse kolonies in Noord-Amerika. Miquelon 9.jpg Die eilande bly weens die korte afstand van die Grand Banks van Newfoundland, een van die rykste visgronde wêreldwyd, altyd belangrik vir die visvangbedryf.
Tydens die Amerikaanse prohibisie dien die eilande as basis vir rampokkers soos Al Capone en Bill McCoy, wat alkoholiese dranke na die Verenigde State smokkel.
Nadat die Duitse Ryk tydens die Tweede Wêreldoorlog groot dele van die Europese vasteland verower het, kom die eilande onder die gesag van die Franse Vichy-regering. Op Kersdag van die jaar 1941 word die eilande in opdrag van generaal Charles de Gaulle deur Vrye Franse troepe onder die leiding van skout-admiraal Émile Muselier bevry. Die Franse aksie lei tot 'n geskil met die Amerikaanse Departement van Buitelandse Sake, wat nou bande met die Vichy-regering handhaaf en oorlogskepe stuur om die eilande terug te wen.
In 1976 word die eilande 'n oorsese département (département d'outre-mer) van Frankryk. Hierdie status is in 1985 gewysig, en Saint-Pierre et Miquelon is nou 'n gebied met besondere status (collectivité territoriale à statut particulier). Met die wysiging van die Franse Grondwet op 28 Maart 2003 word die eilandgroep 'n collectivité d'outre-mer (COM).
Hoë lugvogtigheid en sterk winde kenmerk die klimaat van die eilande. Die winters is besonder lank en koud, terwyl die lente en vroegsomer regtig fris en mistig is. In die laatsomer en herfs is daar baie sonskynure.
Met die ondersteuning van die Franse regering begin die eilanders nou ander sektore van die ekonomie ontwikkel, soos byvoorbeeld toerisme, visboerdery, kreefvissery en landbou.
Die eilande het hul eie posseëls, hoewel hulle die Euro as geldeenheid gebruik.
Die publieke Franse televisiediens Reseau France Outre-Mer bied 'n televisie- en radioprogram aan, wat ook op die internet beskikbaar is (Windows Mediaspeler): Radio en televisie van Saint-Pierre et Miquelon.
Saint-Pierre i Miquelon | Saint-Pierre og Miquelon | St. Pierre und Miquelon | Saint-Pierre and Miquelon | Sankta-Piero kaj Mikelono | San Pedro y Miquelón | Saint-Pierre ja Miquelon | Saint-Pierre eta Mikelune | Saint-Pierre ja Miquelon | Saint-Pierre og Miquelon | Saint-Pierre-et-Miquelon | San Pedro e Miguelón - Saint Pierre et Miquelon | Saint-Pierre és Miquelon | Saint-Pierre dan Miquelon | St Pierre e Mikelon | Saint-Pierre og Miquelon | Saint-Pierre e Miquelon | サンピエール島・ミクロン島 | 생피에르 미클롱 | Sen Peder ha Miquelon | Sen Pjeras ir Mikelonas | Saint-Pierre en Miquelon | Saint-Pierre og Miquelon | Saint-Pierre i Miquelon | Saint Pierre et Miquelon | Сен-Пьер и Микелон | Saint-Pierre i Miquelon | Saint-Pierre and Miquelon | Saint Pierre a Miquelon | Saint-Pierre och Miquelon | 圣皮埃尔和密克隆群岛 | Sèng Pierre kap Miquelon
This article is licensed under the GNU Free Documentation License.
It uses material from the
"Saint-Pierre et Miquelon".
Home Page • arts • business • computers • games • health • hospitals • home • kids & teens • news • physicians • recreation• reference • regional • science • shopping • society • sports • world