article

NTSC-PAL-SECAM de.png SECAM (Franse afkorting vir Séquentiel couleur à mémoire) is die Franse standaard vir kleurtelevisie wat as SECAM 3 in 1967 in Frankryk, die destydse Sowjetunie, en later ook in ander Oos-Europese lande ingevoer is. Dit is 'n verbeterde weergawe van die Amerikaanse NTSC-standaard, wat faseverskuiwings en die kleurvervalsings, wat daardeur ontstaan, verhinder.

Televisietoestelle met die SECAM-standaard kan TV-programme, wat in PAL (die Duitse standaard wat in 1976 ook in Suid-Afrika ingevoer is) of NTSC uitgesaai word, slegs in swart-en-wit opvang. Europese TV-toestelle, wat teenswordig verkoop word, is meestal geskik vir al drie TV-standaarde, en vir DVD-spelers en skottelontvangs word SECAM na PAL omgesit indien nodig.

MESECAM


MESECAM ('n afkorting van Middle Eastern SECAM) is 'n metode om SECAM-programme met gemodifiseerde PAL-VHS-videomasjiene op te neem. MESECAM-masjiene is altyd ook geskik vir die Duitse PAL-standaard en word gewoonlik in Oos-Europese en oorsese lande vervaardig. Die MESECAM-tegnologie is nie geskik vir die weergawe van Franse SECAM-kleurprogramme nie.

Frankryk

SECAM | SECAM | SECAM | SECAM | SECAM | Séquentiel couleur à mémoire | SÉCAM | SECAM | SÉCAM | SECAM | SECAM | SECAM | SECAM | SECAM | SECAM | SECAM制式

 

This article is licensed under the GNU Free Documentation License. It uses material from the "SECAM".

Home Pageartsbusinesscomputersgameshealthhospitalshomekids & teensnewsphysiciansrecreationreferenceregionalscienceshoppingsocietysportsworld