Russies (Русский язык, ) is 'n taal wat tot die Slawiese tale behoort. Dit is die grootste taal in die taalgroep. Binne Slawies vorm dit met Oekraïens en Wit-Russies die Oos-Slawiese groep. Dit is die voertaal in baie van die republieke van die voormalige Sowjetunie, waaronder Rusland.
Russies word in Europa o.a. in Estland (saam met Esties), Georgië (saam met Georgies, Abchazisch, Ossetisch, Armeens en Turks), Letland (saam met Lets), Litaue (saam met Litaus en Pools), Moldawië (saam met Roemeens, Oekraïens, Bulgaars, Turks en Gagaoezisch), Oekraïne (saam met Oekraïens, Krim-Tataars, Gagaoezisch, Roemeens, Hongaars, Bulgaars, Pools, Duits, Slowaaks, Wit-Russies en Grieks) en Wit-Rusland (saam met Wit-Russies, Oekraïens en Pools) gepraat. In Rusland word naas Russies ook nog tale soos Tsjetsjeens, Tataars, Kirgizisch, Basjkiers en byna honderd ander tale gepraat.
Russies word met die Cyrilliese alfabet geskryf. Met transliterasie na ander alfabette/tale sluip allerlei verskille in soos veral duidelik in die transkripsie van eiename, soos Gorbatsjov, Gorbatsjow, Gorbachev ens.
Enkele aspekte waar dit met Afrikaans verskil sluit in: afwesigheid van die lidwoord, vrye sinsbou, vrye klemtone, verbuiginge van selfstandige en byvoeglike naamwoorde (ses naamvalle), en aspekte van die werkwoorde.
In die Noord-Russiese dialek (gebied van Vologda en Archangelsk) word “o” altyd as “o” uitgespreek. In die standaardtaal word “o” daarteenoor slegs beklemtoon as “o” uitgespreek en anders as “a”. So noem die Russe self hulle hoofstad nie “Moskwa” ("móskwa") nie;, maar wel “Maskwa” ("maskwá"), want die klemtoon val op die tweede lettergreep.
Daar is ook 'n aantal Duitse woorde in die Russiese taal opgeneem:
Russisc sprǣc | لغة روسية | Rusu | ГIурус мацI | Руски език | Ruski jezik | Rus | Ruština | Вырăс чĕлхи | Rwsieg | Russisk (sprog) | Russische Sprache | Ρωσική γλώσσα | Russian language | Rusa lingvo | Idioma ruso | Vene keel | Errusiera | Venäjän kieli | Russe | Rúisis | Ruiseis | Lingua rusa | 𐍂𐌿𐍃𐌰𐍂𐌰𐌶𐌳𐌰 | רוסית | रूसी भाषा | Ruski jezik | Orosz nyelv | Bahasa Rusia | Rusiana linguo | Lingua russa | ロシア語 | რუსული ენა | 러시아어 | Russek | Lingua Russica | Russesch | Rössisch | Rusų kalba | Krievu valoda | Руски јазик | Лимба русэ | Bahasa Rusia | Russ'sche Spraak | Russisch | Russisk språk | Russisk språk | Уырыссаг æвзаг | Język rosyjski | Língua russa | Limba rusă | Русский язык | Ruoššagiella | Ruski jezik | Russian language | Ruština | Ruščina | Руски језик | Ryska | ภาษารัสเซีย | Rusça | Rusça | Urıs tele | رۇس تىلى | Російська мова | Rus tili | Tiếng Nga | רוסיש | 俄语