article

'n Rekenaar is enige toestel wat gebruik word om inligting te verwerk volgens 'n goed gedefinieerde prosedure. Die woord word huidiglik algemeen gebruik om te verwys na digitale rekenaars.

Die woord het vroeër verwys na iemand wat somme maak, met of sonder meganiese hulpmiddels, maar die woord is oorgedra na die hulpmiddels. Aanvanklik was die inligtingverwerking amper uitsluitlik vir wiskundige probleme, maar hedendaagse rekenaars word vir verskeie ander take gebruik.

Die wye definisie sluit dinge in soos die skuifliniaal, die verskeie meganiese rekenaars van die abakus af verder, asook alle hedendaagse elektroniese rekenaars.

Soorte rekenaars


Geskiedenis


Die geskiedenis van die rekenaar begin by die geskiedenis van berekening. Mens wou nog altyd van hulpmiddels gebruik maak vir groter en meer komplekse berekeninge. Kerfstokke en teltoue is hulpmiddels wat lankal al bestaan het. Die abakus word al vir eeue gebruik as rekenkundige hulpmiddel. Later het hulptabelle en skuifliniale hulp verskaf.

Die Tweede Wêreldoorlog verskaf die motivering vir baie navorsing in rekenaartegnologie, veral vir toepassings in kriptografie. Van die eerste rekenaars word inderdaad gebruik om geheime kodes te breek tydens die oorlog. Na die oorlog word rekenaars toenemend vir staats- en korporatiewe inligtingverwerking gebruik.

Aanvanklike werking van die rekenaar was moeisaam as gevolg van die gebruik van ponskaarte en onbetroubare vakuumbuise. Tegnologiese deurbrake wat hierdie probleme verlig het is magnetiese stoor en transistors. Die gebruik van geïntegreerde stroombane het verdere vooruitgang moontlik gemaak.

Die einde van die 20ste eeu is gekenmerk deur vooruitgang in netwerktegnologie en die mate waartoe dit (en in besonder die Internet) algemeen geword het.

Die rekenaar vandag


Die algemene rekenaar vandag kan uit die volgende bestaan:

Rekenaar

حاسوب | Computadora | Компютър | গণকযন্ত্র (কমপিউটার) | Urzhiataer | Ordinador | Počítač | Cyfrifiadur | Computer | Computer | Computer | Komputilo | Computadora | Arvuti | رایانه | Tietokone | Telda | Ordinateur | Kompjûter | Coimpiutaireachd | Ordenador | מחשב | संगणक | Számítógép | Computator | Komputer | Tölva | Computer | ᖃᕋᓴᐅᔭᖅ | コンピュータ | 컴퓨터 | Kompûter | Computatrum | Computer | Computer | Kompiuteris | Datori | Mpikajy | കംപ്യുട്ടര്‍ | Komputer | Datamaskin | Reekner | Computer | Datamaskin | Béésh bee ak'e'elchíhí t'áá bí nitsékeesígíí | Komputer | Computador | Computer | Компьютер | Computer | Računalnik | Kompjuteri | Рачунар | Dator | คอมพิวเตอร์ | Bilgisayar | Комп'ютер | Máy tính | קאָמפּיוטערס | 计算机

 

This article is licensed under the GNU Free Documentation License. It uses material from the "Rekenaar".

Home Pageartsbusinesscomputersgameshealthhospitalshomekids & teensnewsphysiciansrecreationreferenceregionalscienceshoppingsocietysportsworld