Die Protestantisme is soos die Rooms-Katolieke Kerk en die Ortodokse kerke een van die belangrikste strominge in die Christendom. Die beweging het ontstaan in die 16e eeu na 'n wegbreek van die Rooms-Katolieke Kerk nadat verskillende teoloë, onder andere Maarten Luther, Huldrych Zwingli en Johannes Calvyn, in konflik geraak het met die Rooms-Katolieke Kerk oor die leer en praktyk in die kerk. Van die grootste verskille met die Rooms-Katolieke Kerk is:
Die Renaissance het die akademie baie gestimuleer. Teoretiese debatte het plaasgevind oor die aard van die kerk, die omvang en gesag van die pous asook van prinse. Onder die nuwe perspektiewe, was een van die mees radikale dié van John Wyclif by Oxford wat in die 14de eeu met die eerste Engelse Bybelvertaling begin het, en toe ook dié van Jan Hus by die Universiteit van Praag. Binne die Rooms-Katolieke Kerk is hierdie debat beëindig by die Konsilie van Konstanz (1414-1418). Jan Hus is tereggestel en Wyclif is as ketter verbrand in postuum. Alhoewel die Konsilie van Konstanz die Middeleeuse beskouing van die kerk versterk het, het dit nie alle nasionale en teologiese spanninge opgelos nie.
'n Belangrike omwenteling vind plaas in 1517 met die publikasie van Luther se 95 stellings. Luther was 'n monnik en professor by die Universiteit van Wittenberg en met sy stellings is die debat oor die gesag van die pous en die verkoop van aflate weer oopgestel. Op min of meer die selfde tyd begin 'n soortgelyke beweging in Switserland onder Zwingli. Die drukkuns maak dit moontlik vir idees om baie vinnig deur Europa te versprei.
Na hierdie eerste deel van die Reformasie help die werk van Calvyn om konsensus tussen groepe in Switserland, Duitsland, Skotland, Hongarye en ander plekke te bewerkstellig. Die wegbreek van Rome in Engeland begin in 1529 onder Koning Henry VIII, en voeg Engeland by die Protestantse beweging.
Wat besonderhede van Protestante kerke se leer betref, is daar heelwat verskillende strominge en soms sterk meningsverskille. Daar bestaan ook groot verskeidenheid in die vorm wat kerkdienste aanneem.
بروتستانتية | Протестантство | Protestantizam | Protestantisme | Protestantství | Protestantisme | Protestantismus | Protestantism | Protestantismo | Protestantismo | Protestantism | Protestantismi | Protestantisme | Protastúnachas | Protestantismo | נצרות פרוטסטנטית | Protestantizam | Protestantizmus | Protestantismo | Protestan | Protestantesimo | プロテスタント | 개신교 | Protestantes | Protestantizmas | Protestan | Protestantisme | Protestantisme | Protestantisme | Protestantyzm | Protestantismo | Протестантизм | Chiesi Prutistanti | Protestantizam | Protestant | Protestantizmus | Protestantizem | Протестантизам | Protestantism | Protestan | پروتېستانت دىنى | Протестантизм | Tin Lành | 新教
This article is licensed under the GNU Free Documentation License.
It uses material from the
"Protestantisme".
Home Page • arts • business • computers • games • health • hospitals • home • kids & teens • news • physicians • recreation• reference • regional • science • shopping • society • sports • world