article Related Topics:
Potsdam
 

Potsdam - Schloss Sanssouci.jpg Potsdam is die administratiewe sentrum en grootste stad van die Duitse deelstaat Brandenburg met sowat 146 000 inwoners (2005). Die stad is 'n suidwestelike voorstad van die Duitse hoofstad Berlyn en maak deel uit van die Europese metropolitaanse gebied Berlyn-Brandenburg.

Potsdam staan bekend as 'n gewilde toeristebestemming. As die voormalige hoofstad van die historiese koninkryk Pruise beskik Potsdam oor 'n ryk kulturele erfenis van onder meer koninklike slotte en parke, waarvan Sanssouci die bekendste is. Dit is in 1990 deur die UNESCO as 'n wêrelderfenisgebied gelys.

Die voorstad Babelsberg is een van die belangrikste sentrums van die televisie- en rolprentbedryf in Europa. Die filmateljee Babelsberg beskik oor die grootste kapasiteit en modernste geriewe van sy soort in Duitsland en ontwikkel nou ook tot 'n gewilde ateljee vir internasionale rolprentprojekte.

Duitsland

Потсдам | Potsdam | Potsdam | Potsdam | Potsdam | Potsdamo | Potsdam | Potsdam | Potsdam | Potsdam | Potsdam | פוטסדם | Potsdam | Potsdam | ポツダム | 포츠담 | Потсдам | Potsdam | Potsdam | Potsdam | Poczdam | Potsdam | Потсдам | Potsdam | Potsdam | Потсдам | Potsdam | 波茨坦

 

This article is licensed under the GNU Free Documentation License. It uses material from the "Potsdam".

Home Pageartsbusinesscomputersgameshealthhospitalshomekids & teensnewsphysiciansrecreationreferenceregionalscienceshoppingsocietysportsworld