| Hoogte: | 1 755 m |
| Koördinate: | |
| Location: | Antarktika |
| Tipe: | Shield vulkaan |
| Vorige uitbarsting: | Onbekend |
| Eerste bestyging: | |
| Maklikste roete: |
Fabian von Bellingshausen het Peter I-Eiland (Noords: Peter 1.s øy) op 21 Januarie 1821 naby die kus van Wes-Antarktika ontdek. Dit is vernoem na die Russiese keiser Peter I. Ola Olstad voer die eerste suksesvolle landing op 2 Februarie 1929 uit en eis die eiland vir Noorweë. Die aanspraak is, soos alle aansprake van gebiede suid van 60°S, opgeskort in terme van die Antarktiese Verdrag. Die ander Antarktiese gebied waarop Noorweë aanspraak maak is Koningin Maudland. Peter I-Eiland is die enigste Antarktiese aanspraak wat onder die Antarktiese Verdrag wat nie 'n sektor is nie.
Die eiland het 'n oppervlak van 243 km² en bereik 'n hoogte van 1755 meter op Lars Christensenpiek, wat 'n vulkaan is. Dit is nie bekend of dit geblus is of nie aangesien die boonste gedeelte oënskynlik onveranderd deur gletserwerking is. Dit lê by 68° 50' Suid, 90° 35' Wes, ongeveer 450 km van die kus van Wes-Antarktika. Dit word deur pakys omring behalwe vir 'n kort tydperk in die laat somer. Dit is 95% vergletser.
Die amateurradio voorvoegsel vir die eiland is 3Y, en die eiland tree af en toe op as gasheer vir DX-pedition. As een van die moeilikste entiteite om te kontak vir die gewilde DX Century Club toekenning, veroorsaak die geleenthede intense verkeersvlakke.
Noorweegse afhanklikhede | Vulkane van Antarktika | Vulkane van die Suidelike Oseaan | Berge van Antarktika
Peter I's ø | Peter-I.-Insel | Νησί του Πέτρου Α' | Peter I Island | Isla Pedro I | Pietari I:n saari | Île Pierre Ier | פטר הראשון (אי) | Isola Pietro I | ピョートル1世島 | Peter I-eiland | Peter 1.s øy | Otok Petra I. | Peter I:s ö
This article is licensed under the GNU Free Documentation License.
It uses material from the
"Peter I-Eiland".
Home Page • arts • business • computers • games • health • hospitals • home • kids & teens • news • physicians • recreation• reference • regional • science • shopping • society • sports • world