In die wetenskaplike klassifikasiesisteem wat gebruik word in biologie, is die Orde (Latyn: ordo, meervoud ordines) 'n rangorde tussen die Klas en die Familie.
Geskiedenis van die begrip
In die 1690's het die
Duitse
plantkundige Augustus Rivinus Orde die eerste keer beskryf as 'n afsonderlike rangorde van biologiese klassifikasie.
Carolus Linnaeus was die eerste persoon om dit volgehoud toe te pas binne al drie destydse
koninkryke van die Natuur (te wete
minerale,
plante, en
diere) in sy
Systema Naturae (
1735, Eerste uitgawe).
Plantkunde
Die Linnaeaanse Orde was 'n kunsmatige verdeling. Tot teen die einde van die
19'de eeu het Orde in die
taksonomie groepe plante beskryf wat vandag onder Familie geklassifiseer word. Teen
1906 het die eerste internasionale
reëls van
plantkundige nomenklatuur verskyn, en in dié reëls is
Familie toegewys aan die bogenoemde groep, en is
Orde begin gebruik vir 'n hoër rangorde wat vantevore as
kohorte bekend gestaan het.
Dierkunde
In
dierkunde was daar 'n meer natuurlike gebruik van die Linnaeaanse Ordesisteem, en die moderne wetenskaplike loop dus nog sommige van sy ordinale name raak (soos byvoorbeeld die
Lepidoptera vir die Orde van
motte en
skoenlappers, of die Orde
Diptera vir
vlieë,
muskiete,
muggies, en
warmassies).
Sien ook
Suider-Afrikaanse soogdiere en hul ordes
Bron
Vertaling van die artikel
Order (biology)op die Engelse Wikipedia.
Biologie | Wetenskaplike klassifikasiesisteem
Ordre | Orden (biologi) | Ordnung (Biologie) | Order (biology) | Orden (biología) | Selts (bioloogia) | Ordre (biologie) | Orde (bioloxía) | Rend (biológia) | Ordine (tassonomia) | Ordo | Būrys | Susunan (biologi) | Orde (biologie) | Orden (biologi) | Òrdre (biologia) | Rząd (biologia) | Ordem (biologia) | Отряд | Rad (taxonómia) | Red (biologija) | Ordning (biologi) | Takım (biyoloji) | 目 (生物)