article Related Topics:
Nordic :: Nord-Trøndelag :: Nordic_Countries :: Nordenstam,_Stina :: Nord-Pas-de-Calais :: Nordheim,_Arne :: Nordic_Combined :: Nordentoft,_Anders :: Nord :: Nordine,_Ken
 

Nord-Position.png Nord is die noordelikste van die Franse départements, en sy naam is dan ook van sy geografiese afgelei. Nord is met 'n oppervlak van 5 743 vierkante kilometer en 2 555 020 inwoners (1999) die digbevolkste département van Frankryk en vorm saam met Pas-de-Calais die région Nord-Pas-du-Calais. Die prefektuur (hoofstad) van Nord is Lille. Sowat 20 000 mense in die noordelike arrondissement Duinkerk praat 'n Wes-Vlaamse dialek as omgangstaal (sien Frans-Vlaandere).

Geskiedenis


Nord bestaan hoofsaaklik uit die Franse gebiede van die graafskap Vlaandere, behalwe vir die westelike gebiede, wat in die jaar 1237 as die graafskap Artois afgesplits is en tans deel uitmaak van die départements Pas-de-Calais en Hainault. Hierdie gebied behoort oorspronklik tot die Spaanse Nederlande, word egter volgens die ooreenkomste van 1659, 1668 en 1678 by Frankryk ingelyf.

Die département word tydens die Franse Rewolusie volgens die wet van 22 Desember as een van die 83 départements op 4 Maart 1790 gestig.

Geografie


Die département Nord grens aan die Noordsee, België en die Franse départements Pas-de-Calais, Aisne en Somme. Die belangrikste riviere is die Yser, die Lys, die Escaut, die Scarpe en die Sambre. Die Deûle-kanaal loop deur die prefektuur (hoofstad) Lille.

Administratiewe gebiede



- style="background:#efefef;"
Arrondissement Bevolking
(1999)
Oppervlak
(vk km)
Bevolkingsdigtheid Kantons Munisipaliteite
- ALIGN="right"
Avesnes-sur-Helpe 238.466 1408 169 12 151
- ALIGN="right"
Cambrai 158.845 902 176 7 116
- ALIGN="right"
Douai 246.987 477 518 7 64
- ALIGN="right"
Duinkerk 379.702 1443 263 16 115
- ALIGN="right"
Lille 1.182.026 879 1344 28 124
- ALIGN="right"
Valenciennes 348.994 635 550 9 82

Frankryk

Nord (departament) | Nord (departement) | Nord (Département) | Nord (département) | Nord | Norte (Francia) | Iparraldea (departamendua) | Nord (département) | Nord (dipartimento francese) | ノール県 | Nord | Nord (Bezirk) | Noorderdepartement | Nord (departement) | Nord (departament) | Nord (departament) | Нор (департамент) | Nord | Nord | Nord (Pransya) | Nord | 诺尔省

 

This article is licensed under the GNU Free Documentation License. It uses material from the "Nord".

Home Pageartsbusinesscomputersgameshealthhospitalshomekids & teensnewsphysiciansrecreationreferenceregionalscienceshoppingsocietysportsworld