NASDAQ ('n akroniem vir National Association of Securities Dealers Automated Quotations) is 'n elektroniese effektebeurs in die V.S.A. Dit is deur die National Association of Security Dealers (NASD) in die V.S.A gestig wat dit in 'n reeks transaksies in 2000 en 2001 van die hand gesit het. Dit word tans besit en bestuur deur The Nasdaq Stock Market Inc. wat in 2002 op sy eie beurs genoteer is. Die NASDAQ is die grootste elektroniese skerm gebasseerde elektroniese effektebeurs in die Verenigde State. Meer maatskappye (~3200) is daar genoteer as in enige ander V.S.A beurs en daar word daagliks ook meer aandele verhandel as op enige ander mark in die V.S.A. Die huidige uitvoerende direkteur is Robert Greifeld.
NASDAQ IXIC - dot-com bubble small.png saamegstelde indeks wat swaar gelaai is met tegnologie aandele het sy hoogtepunt Maart 2000 bereik wat ooreengestem het met die hoogtepunt van die dot-com borrel. In minder as 'n jaar het dit gedaal tot minder as die helfte van sy piekwaarde.]]
Die volgende soorte effekte kwalifiseer vir insluiting by die indekse. Daar word nie onderskeid getref tussen die NASDAQ National Market of die NASDAQ SmallCap Market nie en ook nie tussen plaaslike en buitelandse effekte nie.
Klas van Effekte
Die volgende tipes effekte kan nie by die indekse ingesluit word nie: closed-end funds, convertible debentures, exchange traded funds, voorkeuraandele, rights, warrants, units en ander derivative securities.
Die NASDAQ-100 Indeks sluit 100 van die grootste (volgens markkapitalisasie) nie-finansiële maatskappye in wat op die NASDAQ genoteer is. Die Indeks dek maatskappye oor hoof industriële sektore wat rekenaarhardeware en -sagteware, telekommunikasie, klein- en groothandel en biotegnologie insluit. Dit sluit geen finansiële maatskappye in nie. Die NASDAQ-100 indeks word bereken volgens 'n kapitalisasie geweegde metode.
Op 31 Januarie 1985 het die NASDAQ-100 Indeks begin vanaf 'n basis van 250.00. Op 1 Januarie 1994 is die NASDAQ-100 basis herset na 125.00 deur dit met 'n faktor van 2.00 te deel.
Op 31 Januarie 31 1985 het die NASDAQ Finansiële-100 Indeks begin vanaf 'n basis van 250.00 punte.
Die NASDAQ Saamgestelde Indeks meet al die plaaslike en buitelandse aandele wat op die NASDAQ beurs genoteer is. Vandag sluit die NASDAQ Saamgestelde Indeks meer as 3000 maatskappye in. Omdat dit so 'n breë basis het, is dit een van die groot markindekse wat die meeste aangehaal word.
Op 5 Februarie 1971 het die NASDAQ Saamgestelde Indeks afgeskop met 'n basis van 100.00 punte.
Die NASDAQ Nasionale Mark Saamgestelde Indeks is 'n onderafdeling van die NASDAQ Saamgestelde Indeks en bestaan uit al die maatskappye wat in die op die Nasionale Mark groep van die NASDAQ genoteer is.
Op 10 Julie 1984 het die NASDAQ Nasionale Mark Saamgestelde Indeks vanaf 'n 100.00 basispunte afgeskop.
Die NASDAQ Bank Indeks sluit die NASDAQ genoteerde maatskappye in wat volgens die ICB as banke geklassifiseer is. Hulle sluit banke in wat 'n wye reeks finansiële dienste aanbied met 'n groot kleinhandelsbank- en geldwisselaarskomponent insluit.
Op 5 Februarie 1971 het die NASDAQ Bank Indeks met 100.00 basispunte afgeskop.
Die NASDAQ Biotegnologie indeks bevat maatskappye wat volgens die ICB as biotegnologies of farmaseuties geklassifiseer is. Die NASDAQ Biotegnologie Indeks word bereken volgens 'n kapitalisasie geweegde metode.
Op 1 November 1993 het die NASDAQ Biotegnologie Indeks met 200.00 basispunte afgeskop.
Die NASDAQ Rekenaarindeks bevat NASDAQ genoteerde maatskappye wat volgens die ICB as Rekenaarhardeware verskaffers, Halfgeleierkomponentvervaardigers asook Sagteware en Rekenaardiensteverskaffers geklassifiseer is. Hulle sluit ondernemings in wat rekenaars en verwante elektroniese dataproseseringstoerusting vervaardig, halfgeleierkapitaaltoerusting, vervaardigers en verskaffers van silikonskywe en geïntegreerde stroombane, verskaffers van rekenaardienste en IT konsultante, Internet toegangverskaffers, internet sagteware-ontwikkelaars en aanlyn diensteverskaffers asook vervaardigers en verspreiding van internetsagteware en internet diensteverskaffers.
Op 1 November 1993 het die NASDAQ Rekenaarindeks afgeskop met 200.00 basispunte.
NASDAQ | NASDAQ | NASDAQ | NASDAQ | NASDAQ | NASDAQ | NASDAQ | Nasdaq | נאסדאק | NASDAQ | NASDAQ | NASDAQ | ნასდაქი | 나스닥 | NASDAQ | NASDAQ | NASDAQ | NASDAQ | NASDAQ | NASDAQ | แนสแด็ก | NASDAQ | 纳斯达克