article

'n Meervoud is die vorm van 'n selfstandige naamwoord wat dui op meer as een entiteit. In Afrikaans word dit meestal gevorm deur 'n agtervoegsel of 'n verbuiging van die enkelvoudvorm van die selfstandige naamwoord.

In Afrikaans is die lidwoord wat meervoude voorafgaan die. Die lidwoord 'n word nooit voor meervoude gebruik nie. In vele ander tale beïnvloed meervoudigheid ander woorde in die sin, maar in Afrikaans bly meeste ander woorde onveranderd met die gebruik van enkelvoud teenoor meervoud.

Voorbeelde in Afrikaans


Hier volg enkele voorbeelde van meervoude in Afrikaans:
  • hoofweg, hoofweë
  • vlag, vlae
  • hemp, hemde
  • voog, voogde
  • slagding, slaggoed
  • sakeman, sakemanne

Uitgang op -f

Wanneer 'n woord op 'n -f eindig, val die -f soms weg, dan sit ons 'n -we in plek van die -f, byvoorbeeld:
  • geloof, gelowe
  • stof, stowwe
  • hof, howe

Afkappingsteken

Sekere woorde kry 'n apostroof ( ' ) voor die s (gewoonlik wanneer die enkelvoud geëindig het op 'n e, i, o, u of beklemtoonde a).
  • a, a's
  • karba, karba's
  • malva
    --malvas (Die klem is op die eerste lettergreep.)

Geen enkelvoud

Daar is sekere woorde wat net in die meervoud gebruik word, byvoorbeeld:
  • fiemies
  • semels
  • masels
  • pampoentjies

Geen meervoud

Sekere enkelvoude het geen ooreenstemmende meervoudsvorm nie. In sulke gevalle kan die lidwoord 'n ook nie gebruik word nie, byvoorbeeld:
  • goud
  • water

Množné číslo | Pluralis | Plural | Plural | Pluralo | Plural | Iolra | Množina | Fleirtala | Meervoud (taal) | Pluralis | Plural | Množina | Pluralis | 众数

 

This article is licensed under the GNU Free Documentation License. It uses material from the "Meervoud".

Home Pageartsbusinesscomputersgameshealthhospitalshomekids & teensnewsphysiciansrecreationreferenceregionalscienceshoppingsocietysportsworld