| Marseille | |
|---|---|
| Drapeau Marseille1.gif | Blason Marseille.jpg |
| Marseille map.png | |
| Gewes (région): | Provence-Alpes-Côte-d'Azur flag.svg Provence-Alpes-Côte-d'Azur |
| Département: | Bouches-du-Rhône |
| Koördinate: | 05° 22' O, 43° 17' N |
| Oppervlakte: | 240,62 km² |
| Bevolking: | 808 700 (2005) |
| Bevolkingsdigtheid: | 3 360,9 / km² |
| Hoogte: | 0-640 m bo seespieël |
| Burgemeester: | Jean-Claude Gaudin (2001-2008) |
Marseille is die tweede grootste stad van Frankryk en sy belangrikste hawe aan die Middellandse See. Die stad is een van die oudstes in Europa en word as Massalia (Massilia) omtrent 600 v.C. deur Ionies-Phokeaanse setlaars uit Klein-Asië gestig. Die handelspos groei tot die belangrikste sentrum van die Griekse kultuur in die westelike Mediterreense gebied en die grootste mededinger van Karthago.
Die stad, wat in 1481 by Frankryk ingelyf word, dien in die 19de en 20ste eeu as die Franse poort na Noord-Afrika, Madagaskar en Indosjina.
Gaius Julius Caesar verower die stad in die jaar 49 v.C. Na die einde van die Romeinse heerskappy word Marseille in 480 eers deur die Wes-Gote en 'n kort tyd later deur die Oos-Gote van Italië beset. In 543 word Marseille Frankies. Die stad verloor tydens die Germaanse verowerings sy posisie as belangrike handelshawe. Terwyl die seehandel in die 8de en 9de eeu weer begin groei, sny Moslem-invalle teen die middel van die 9de eeu die stad weer van sy handelsvennote in die Mediterreense gebied af, en groot dele van die stad word verwoes.
Marseille herwin sy rol as belangrike handelstad in die 11de eeu. As die grootste hawe van Provence dryf die stad handel met Barcelona (Katalonië, Oos-Spanje) en die Italiaanse stadstate. Die biskop en die ab van die plaaslike klooster Saint-Victor is in hierdie tyd die stadshere, terwyl die grawe van die Provence, wat 'n groot deel van hulle inkomste van Marseille kry, die ekonomiese ontwikkeling van die stad bevorder.
Marseille se handelsmag groei sterk met die begin van die Kruistogte. Sy handelsroetes dek nou ook die oostelike gedeelte van die Middellandse See, terwyl Marseille in die Kruisvaarderstate 'n aantal kolonies stig. Tydens die 13de eeu word die hawe aansienlik vergroot en versterk.
Onder die heerskappy van Karel van Anjou, graaf van Provence, kry Marseille in die jaar 1258 die stadstatus en selfregering. In 1481-1482 word Marseille saam met Provence by Frankryk ingelyf. Die kasteel van If.jpg Vanaf die 19de eeu huisves Marseille in die skilderagtige noordelike stadswyk Estaque met sy asuurblou hemel, wit rotse en rustige sandstrande 'n kunstenaarskolonie wat groot name soos Renoir en Cézanne insluit.
'n Groot deel van die geskiedkundige stadskern word in 1943 deur Duitse troepe gesloop.
Na 1960 verander die vestiging van duisende Wes-Afrikane, Arabiere en Pieds Noirs, Franse setlaars wat met die onafhanklikheid van Algerië uit dié land verdryf is, die demografiese karakter van die stad. Een van die bekendste burgers van Arabiese afkoms is die voetbalspeler Zinedine Zidane ("Zizou").
Marsella | مارسيليا | Марсилия | Marseille | Marsella | Marseille | Marseille | Marseille | Marseille | Marsejlo | Marsella | Marseille | Marseilla | مارسی | Marseille | Marseille | Marsella - Marseille | מרסיי | Marseille | Marseille | Marseille | Marsiglia | マルセイユ | 마르세유 | Massilia | Marseya | Marseille | Marselis | Marseļa | Marseille | Marseille | Marseille | Marsilha | Marsylia (miasto) | Marselha | Marsilia | Марсель | Marsigghia | Marseille | Marsilya | 马赛
This article is licensed under the GNU Free Documentation License.
It uses material from the
"Marseille".
Home Page • arts • business • computers • games • health • hospitals • home • kids & teens • news • physicians • recreation• reference • regional • science • shopping • society • sports • world