| 125px-Luxembourg flag medium.png | Luxarms.gif |
| (Vlag van Luxemburg) | (Wapen van Luxemburg) |
EUR)
+352
Die Groothertogdom Luxemburg is op een na die kleinste staat van die Europese Unie, met 'n oppervlakte van 2 586 km² en 462 690 inwoners (2005).
Tussen 1443 en 1815 word Luxemburg deur buitelandse magte regeer: Deur die Boergondiërs (1443 tot 1506), deur die Spanjaarde (1506 tot 1684), deur die Franses (1684 tot 1697), deur die Oostenrykers (1714 tot 1795), en 'n tweede keer deur die Franses (1795 tot 1814).
Die Kongres van Wene (1815) verleen die onafhanklikheid aan Luxemburg, as deelstaat van die Duitse Statebond en in personele unie met die koning van Nederland (tot by die jaar 1890, die begin van Luxemburg se eie dinastie). Eers met die Verdrag van Londen (1839) verkry die groothertogdom sy volle soewereiniteit, wat egter nog twee keer - tydens die Eerste en Tweede Wêreldoorlog - geskend word. Die land word in sy geskiedenis ook drie keer gedwing om gebiede aan Frankryk, België en Duitsland af te staan, maar vandag is Luxemburg 'n trotse lid van die Europese Unie wat ondanks die noue samewerking met sy bure sy onafhanklikheid bewaar. Die nasionale leuse is dan ook "Mir wëlle bleiwe wat mir sinn" (Ons wil bly wat ons is).
Die uitvoerende gesag lê by die Groothertog en die regering. Die destydse regering beklee sy amp sedert 31 Julie 2004 en word gevorm deur die Eerste Minister Jean-Claude Juncker, wat ook die tradisionele titel Staatsminister dra, twaalf ministers, 'n adjunk-minister en 'n staatssekretaresse. Die Staatsrad met 27 lede dien as 'n raadgewende orgaan, en nege lede word respektiewelik deur die parlement, die Groothertog en die Staatsraad self benoem.
Die belangrikste politieke partye in Luxemburg is die Chrëstlich-Sozial Vollekspartei (CSV, Christelik-Sosiale Volsparty), die Lëtzebuergesch Sozialistesch Arbechterpartei (LSAP, Luxemburgse Sosialistiese Arbeidersparty), die Demokratesch Partei (DP, Demokraties-Liberale Party), die Gréng Alternativ/Gréng Lëscht Ekologesch Initiativ (Ekologiese Party) en die Aktiounskommittee fir Demokratie an Rentengerechtegkeet (Protesbeweging).
Uitlopers van die Ardenne- en Eifelgebergtes strek tot by die Ösling, die landskap in die noordelike deel van Luxemburg, wat deur bebosde heuwels, klein riviere en valleie gekenmerk word.
Die Gutland, die suidelike landskap, is 'n vlakte met bosgebiede, klein riviere, weivelde, akkerland en wingerde.
Die belangrikste riviere van Luxemburg is die Moesel (Duits: Mosel, Frans: Moselle), wat in die ooste ook die grens met Duitsland vorm, die Sauer, die Our en die Uelzecht (Frans: Alzette).
Die klimaat van die groothertogdom word deur die westerse Atlantiese winde beïnvloed, die temperatuure en reënval is gevolglik gematig.
Die regerings van Luxemburg besef al vroeg die noodsaaklikheid om deel van 'n groter ekonomiese gemeenskap te word. In 1842 sluit Luxemburg by die Duitse Doeaneverbond aan. Eers met die einde van die Eerste Wêreldoorlog beweeg die groothertogdom in sy buitelandse en ekonomiese beleid nader aan België. Die twee lande vorm sedert 1921 'n ekonomiese gemeenskap, wat in 1958 deur Nederland vergroot en tot die Benelux-unie uitgebou word. In 1957 word Luxemburg ook 'n lid van die Europese Ekonomiese Gemeenskap, die historiese voorloper van die Europese Unie. 800px-Eschbelval1.jpg Met die opbloei van die staalnywerheid aan die begin van die 20ste eeu word Luxemburg een van die welvarendste Europese nasies, en sy landbou, nywerhede en dienstesektor strewe steeds daarna om ten opsigte van modernisering en integrasie in die Europese ekonomie die voortou te neem. Lu 1euro.jpg Vanaf 1969 belê die Luxemburgse regering massief in die Arbed-staalaanlegte, en reeds een jaar later bereik die Luxemburgse staalproduksie 'n rekordsyfer van 5,5 miljoen ton (wat gelykstaan aan 16 ton per inwoner of twintig keer so veel as byvoorbeeld in Duitsland). Staal lewer destyds twee derdes van Luxemburg se uitvoerwaarde en skep 'n groot aantal werkgeleenthede, wat ook duisende buitelandse werknemers insluit.
Die Luxemburgse regering bevorder sedert 1929 danksy 'n liberale wetgewing die vestiging van buitelandse beleggingmaatskappye en banke. Vandag is die land een van die finansiële sentra van Europa, en die voordelige belastingwetgewing lok groot en klein beleggers na die groothertogdom. Ander belangrike sektore van die ekonomie is handel en vervoer, assuransiemaatskappye, media en radio- en televisiemaatskappye wat ook programme vir die buurlande uitsaai. Die Luxemburgse onderneming SES-Global is die grootste satellietmaatskappy ter wêreld. Satelliet-TV-, -radio-, en -datatransponders word vir heel Europa aangebied. Die belangrikste uitvoergoedere is metale, masjiene, plastiek en industriële gom.
Luxemburg | Lande in Europa | Luxemburg
Luxemburg | Lusemburgo | Letseburh | لوكسمبورغ | Luxemburgu | Люксэмбург | Люксембург | Luxemburg | Lucembursko | Luksembùrskô | Lwcsembwrg | Luxembourg | Luxemburg | ލަޒަންބާ | Λουξεμβούργο | Luxembourg | Luksemburgio | Luxemburgo | Luksemburg | Luxenburg | لوکزامبورگ | Luxemburg | Luxembourg (pays) | Lúksemboarch | Lucsamburg | Lucsamburg | Luxemburgo - Lëtzebuerg | לוקסמבורג | लक्सेम्बर्ग | Luksemburg | Luxemburg | Luxemburg | Luxemburg | Luxemburgia | Lúxemborg | Lussemburgo | ルクセンブルク | ლუქსემბურგი (ქვეყანა) | 룩셈부르크 | Luksemburg | Lushaborg | Luxemburgum | Lëtzebuerg (Land) | Luxemburg (land) | Liuksemburgas | Luksemburga (valsts) | Луксембург | Luxembourg | Luxemborg | Luxemburg (laand) | Luxemburg (land) | Luxembourg | Luxembourg | Luxemborg | Люксембург (паддзахад) | Luksemburg (państwo) | Luxemburgo | Luxemburg | Luxemburg | Люксембург (государство) | Lussemburgu | Luksemburg | Luxembourg | Luxembursko | Luksemburg | Luksemburgu | Луксембург | Luxemburg | ประเทศลักเซมเบิร์ก | Luxembourg | Lüksemburg | ليۇكسېمبۇرگ | Люксембург | Luxembourg | Grande-Dutcheye do Lussimbork | 卢森堡 | Luxembourg
This article is licensed under the GNU Free Documentation License.
It uses material from the
"Luxemburg".
Home Page • arts • business • computers • games • health • hospitals • home • kids & teens • news • physicians • recreation• reference • regional • science • shopping • society • sports • world