article Related Topics:
Luxemburg :: Luxemburg,_Rosa
 

Groussherzogtum Lëtzebuerg
Grand-Duché de Luxembourg
Großherzogtum Luxemburg
125px-Luxembourg flag medium.png Luxarms.gif
(Vlag van Luxemburg) (Wapen van Luxemburg)
Nasionale leuse : Mir wëlle bleiwe wat mir sinn 280px-LocationLuxembourgInEurope.png Amptelike tale Lëtzebuergesch, Frans, Duits Hoofstad Luxemburg (stad)
49° 36′ 0″ N 6° 8′ 0″ O Grootste stad Luxemburg (stad) Regering
 - Groothertog
 - Eerste Minister Parlementêre monargie
Henri van Luxemburg
Jean-Claude Juncker Oppervlakte
 - Totaal
 - Water (%) Gelys 166ste
2 586 km²
-- Bevolking
 - Totaal (April 2005)
 - Digtheid Gelys 162ste
462 690 inw.
181 inw./km² Onafhanklikheid
 - Kongres van Wene Soewereiniteit
9 Junie 1815 Bruto geografiese produk 51 986 VSA-$ 1 (2004) Geldeenheid Euro (EUR) Tydsone UTC UTC+1
(Somertyd: UTC+2) Volkslied Ons Heemecht Internet-domein .lu Skakelkode +352 1 BGP per capita

Die Groothertogdom Luxemburg is op een na die kleinste staat van die Europese Unie, met 'n oppervlakte van 2 586 km² en 462 690 inwoners (2005).

Geskiedenis


Hoofartikel: Geskiedenis van Luxemburg
Koning Lotharius II van Lotaringe (omtrent 835-869) gee die gebied van Luxemburg as leen aan die abdy van Sint Maximinus van Trier (Duitsland). Die owerstes van die klooster regeer Luxemburg as leenhere in die 9de en 10de eeu. Die burg wat tot beskerming van die streek opgerig word verleen sy naam aan die omliggende gebied. Die vroegste dokument waarin die naam Luxemburg verskyn dateer uit die jaar 963 toe graaf Siegfried Lucilinburhuc, die "klein burg" op die rotse van die huidige stad koop. LuxembourgPartitionsMap.png Luxemburg bly tot 1443 'n onafhanklike graafskap en later hertogdom binne die verband van die Heilige Romeinse Ryk. Tydens die Middeleeue kom vier Duitse keisers, vier Boheemse en een Hongaarse koning vanuit Luxemburg; die bekendstes is Hendrik VII, hertog van Luxemburg en keiser van die Heilige Romeinse Ryk (1308-1313); Johan die Blinde, graaf van Luxemburg en koning van Boheme; Karel IV, Wenceslous II en Sigismond, keisers van die Rooms-Duitse Ryk en konings van Boheme. In sy bloeitydperk strek die magsgebied van die Huis Luxemburg van Duitsland tot by die Russiese grens. Keiser Karel IV (1347-1378) verhef Luxemburg tot hertogdom (1354).

Tussen 1443 en 1815 word Luxemburg deur buitelandse magte regeer: Deur die Boergondiërs (1443 tot 1506), deur die Spanjaarde (1506 tot 1684), deur die Franses (1684 tot 1697), deur die Oostenrykers (1714 tot 1795), en 'n tweede keer deur die Franses (1795 tot 1814).

Die Kongres van Wene (1815) verleen die onafhanklikheid aan Luxemburg, as deelstaat van die Duitse Statebond en in personele unie met die koning van Nederland (tot by die jaar 1890, die begin van Luxemburg se eie dinastie). Eers met die Verdrag van Londen (1839) verkry die groothertogdom sy volle soewereiniteit, wat egter nog twee keer - tydens die Eerste en Tweede Wêreldoorlog - geskend word. Die land word in sy geskiedenis ook drie keer gedwing om gebiede aan Frankryk, België en Duitsland af te staan, maar vandag is Luxemburg 'n trotse lid van die Europese Unie wat ondanks die noue samewerking met sy bure sy onafhanklikheid bewaar. Die nasionale leuse is dan ook "Mir wëlle bleiwe wat mir sinn" (Ons wil bly wat ons is).

Politiek


Henri de Luxembourg.jpg Die Groothertogdom Luxemburg is 'n konstitusionele monargie met 'n parlementêre demokratiese stelsel. Die Groothertog is volgens die Luxemburgse Grondwet van 1868 die staatshoof. Die parlement met een kamer (Frans: Chambre des Députés) is die wetgewende orgaan van Luxemburg. Nasionale verkiesings vind elke vyf jaar saam met die verkiesings vir die Europese Parlement plaas. Luxemburgers, wat in die amptelike kiesersregister gelys is, is verplig om aan die verkiesings deel te neem.

Die uitvoerende gesag lê by die Groothertog en die regering. Die destydse regering beklee sy amp sedert 31 Julie 2004 en word gevorm deur die Eerste Minister Jean-Claude Juncker, wat ook die tradisionele titel Staatsminister dra, twaalf ministers, 'n adjunk-minister en 'n staatssekretaresse. Die Staatsrad met 27 lede dien as 'n raadgewende orgaan, en nege lede word respektiewelik deur die parlement, die Groothertog en die Staatsraad self benoem.

Die belangrikste politieke partye in Luxemburg is die Chrëstlich-Sozial Vollekspartei (CSV, Christelik-Sosiale Volsparty), die Lëtzebuergesch Sozialistesch Arbechterpartei (LSAP, Luxemburgse Sosialistiese Arbeidersparty), die Demokratesch Partei (DP, Demokraties-Liberale Party), die Gréng Alternativ/Gréng Lëscht Ekologesch Initiativ (Ekologiese Party) en die Aktiounskommittee fir Demokratie an Rentengerechtegkeet (Protesbeweging).

Geografie en klimaat


Luxemburg.jpg | 250px-Luxembourg.png
Hoofartikel: Geografie van Luxemburg
Luxemburg word soms die "groen hart" van Europa genoem, en Julius Caesar beskryf reeds die ondeurdringbare bosgebiede van die streek.

Uitlopers van die Ardenne- en Eifelgebergtes strek tot by die Ösling, die landskap in die noordelike deel van Luxemburg, wat deur bebosde heuwels, klein riviere en valleie gekenmerk word.

Die Gutland, die suidelike landskap, is 'n vlakte met bosgebiede, klein riviere, weivelde, akkerland en wingerde.

Die belangrikste riviere van Luxemburg is die Moesel (Duits: Mosel, Frans: Moselle), wat in die ooste ook die grens met Duitsland vorm, die Sauer, die Our en die Uelzecht (Frans: Alzette).

Die klimaat van die groothertogdom word deur die westerse Atlantiese winde beïnvloed, die temperatuure en reënval is gevolglik gematig.

Ekonomie


Hoofartikel: Ekonomie van Luxemburg

Die regerings van Luxemburg besef al vroeg die noodsaaklikheid om deel van 'n groter ekonomiese gemeenskap te word. In 1842 sluit Luxemburg by die Duitse Doeaneverbond aan. Eers met die einde van die Eerste Wêreldoorlog beweeg die groothertogdom in sy buitelandse en ekonomiese beleid nader aan België. Die twee lande vorm sedert 1921 'n ekonomiese gemeenskap, wat in 1958 deur Nederland vergroot en tot die Benelux-unie uitgebou word. In 1957 word Luxemburg ook 'n lid van die Europese Ekonomiese Gemeenskap, die historiese voorloper van die Europese Unie. 800px-Eschbelval1.jpg Met die opbloei van die staalnywerheid aan die begin van die 20ste eeu word Luxemburg een van die welvarendste Europese nasies, en sy landbou, nywerhede en dienstesektor strewe steeds daarna om ten opsigte van modernisering en integrasie in die Europese ekonomie die voortou te neem. Lu 1euro.jpg Vanaf 1969 belê die Luxemburgse regering massief in die Arbed-staalaanlegte, en reeds een jaar later bereik die Luxemburgse staalproduksie 'n rekordsyfer van 5,5 miljoen ton (wat gelykstaan aan 16 ton per inwoner of twintig keer so veel as byvoorbeeld in Duitsland). Staal lewer destyds twee derdes van Luxemburg se uitvoerwaarde en skep 'n groot aantal werkgeleenthede, wat ook duisende buitelandse werknemers insluit.

Die Luxemburgse regering bevorder sedert 1929 danksy 'n liberale wetgewing die vestiging van buitelandse beleggingmaatskappye en banke. Vandag is die land een van die finansiële sentra van Europa, en die voordelige belastingwetgewing lok groot en klein beleggers na die groothertogdom. Ander belangrike sektore van die ekonomie is handel en vervoer, assuransiemaatskappye, media en radio- en televisiemaatskappye wat ook programme vir die buurlande uitsaai. Die Luxemburgse onderneming SES-Global is die grootste satellietmaatskappy ter wêreld. Satelliet-TV-, -radio-, en -datatransponders word vir heel Europa aangebied. Die belangrikste uitvoergoedere is metale, masjiene, plastiek en industriële gom.

Demografie


Hoofartikel: Demografie van Luxemburg
Naas die inheemse Moesel-Frankiese Lëtzebuergers is daar sowat 174 200 buitelanders, veral Portugese (63 800), Franses (21 100), Italianers (18 900), Belgiërs (16 000), Duitsers (10 300), Britte (4 600), Nederlanders (3 600) en Spanjaarde. Meer dan 90% van die bevolking is Rooms-Katoliek. Die grootste stede naas Luxemburg (stad) is Esch-sur-Alzette, Déifferdeng (Frans: Differdange, Duits: Differdingen), Diddeleng (Frans: Dudelange, Duits: Düdelingen) en Sanem. Echternach is 'n bekende bedevaartsentrum en toeristebestemming.

Taalbeleid


800px-Straatbord.jpg: Straatbord in Mondorf-les-Bains (Munneref)]] Weens die noue politieke en ekonomiese bande met België is Frans die taal van die administrasie en wetgewing, terwyl die koerante in Duits verskyn. Die inheemse dialek en omgangstaal, Luxemburgs of Lëtzebuergesch, is 'n Moesel-Frankiese streektaal wat tot die Middelduitse groep van dialekte behoort. Net soos die Switsers-Duitse dialek in Switserland raak Lëtzebuergesch sedert die Tweede Wêreldoorlog al hoe meer gewild en ontwikkel tot die derde amptelike taal. Hoewel daar in 1946 pogings onderneem is om die spelling te reformeer, volg dit in die algemeen nog steeds meer of minder die reëls van die Duitse taal. Talle vreemde woorde word uit die Franse taal oorgeneem. Meertaligheid beteken in Luxemburg dat net die situasie bepaal watter taal gebruik word: Lëtzebuergesch is die omgangstaal wat ook in die parlement, op die radio en op die televisie gebruik word; Duits is die taal van die meeste koerante; terwyl die onderwys op skool aanvanklik in Duits en later in Frans voorsien word.

Kultuur


Hoofartikel: Kultuur van Luxemburg

Sien ook


Luxemburg | Lande in Europa | Luxemburg

Luxemburg | Lusemburgo | Letseburh | لوكسمبورغ | Luxemburgu | Люксэмбург | Люксембург | Luxemburg | Lucembursko | Luksembùrskô | Lwcsembwrg | Luxembourg | Luxemburg | ލަޒަންބާ | Λουξεμβούργο | Luxembourg | Luksemburgio | Luxemburgo | Luksemburg | Luxenburg | لوکزامبورگ | Luxemburg | Luxembourg (pays) | Lúksemboarch | Lucsamburg | Lucsamburg | Luxemburgo - Lëtzebuerg | לוקסמבורג | लक्सेम्बर्ग | Luksemburg | Luxemburg | Luxemburg | Luxemburg | Luxemburgia | Lúxemborg | Lussemburgo | ルクセンブルク | ლუქსემბურგი (ქვეყანა) | 룩셈부르크 | Luksemburg | Lushaborg | Luxemburgum | Lëtzebuerg (Land) | Luxemburg (land) | Liuksemburgas | Luksemburga (valsts) | Луксембург | Luxembourg | Luxemborg | Luxemburg (laand) | Luxemburg (land) | Luxembourg | Luxembourg | Luxemborg | Люксембург (паддзахад) | Luksemburg (państwo) | Luxemburgo | Luxemburg | Luxemburg | Люксембург (государство) | Lussemburgu | Luksemburg | Luxembourg | Luxembursko | Luksemburg | Luksemburgu | Луксембург | Luxemburg | ประเทศลักเซมเบิร์ก | Luxembourg | Lüksemburg | ليۇكسېمبۇرگ | Люксембург | Luxembourg | Grande-Dutcheye do Lussimbork | 卢森堡 | Luxembourg

 

This article is licensed under the GNU Free Documentation License. It uses material from the "Luxemburg".

Home Pageartsbusinesscomputersgameshealthhospitalshomekids & teensnewsphysiciansrecreationreferenceregionalscienceshoppingsocietysportsworld