'n Lettergreep is 'n eenheid van organisasie van spraakklanke. Dit bestaan gewoonlik uit 'n lettergreepkern (gewoonlik 'n vokaal) met opsionele aanvangs- en eindklanke (gewoonlik konsonante). Lettergrepe word gewoonlik gesien as die fonologiese boublokke van woorde.
Daar word onderskei tussen oop en toe lettergrepe. 'n Oop lettergreep eindig op 'n vokaal en 'n toe lettergreep eindig op 'n konsonant.
'n Algemene reël vir Afrikaans is dat as daar meer as een vokaalklank in 'n woord is, die woord in soveel letter- of klankgrepe verdeel kan word as wat daar vokaalklanke is.
klipperig
"Klipperig" bestaan uit: klip - pe - rig Ons kry twee lettergrepe as ons die twee p-konsonante van mekaar skei, nl: "klip" en "pe." Ons kry nog 'n lettergreep as ons die e-vokaal van "pe" en die r-konsonant van "rig" skei.
Hieruit kan ons aflei:
glashelder
Die eerste twee letters is konsonante, ons kan dit nie skei nie want 'n lettergreep bestaan uit twee of meer letters. Dus is ons eerste lettergreep: glas- Geslote lettergreep Ons tweede lettergreep: -hel- Geslote lettergreep Ons derde lettergreep: -der Geslote lettergreep
verwoestende
Eerste lettergreep skei by "r" en "w": ver- Geslote lettergreep Tweede lettergreep skei by "s" en "t": -woes- Geslote lettergreep Derde lettergreep skei by "n" en "d": -ten- Geslote lettergreep Vierde lettergreep wat oorbly: -de Oop lettergreep.
Silabenn | Síl·laba | Slabika | Silbe | Syllable | Silabo | Sílaba | Tavu (kielitiede) | Syllabe | Sílaba | הברה | Silabo | Sillaba | 音節 | 음절 | Skiemuo | विकिपीडिआ साहाय्य:संपादन | Lettergreep | Staving | Stavelse | Sylaba | Sílaba | Silabă | Слог | Syllable | Rrokja | Stavelse | 音节
This article is licensed under the GNU Free Documentation License.
It uses material from the
"Lettergreep".
Home Page • arts • business • computers • games • health • hospitals • home • kids & teens • news • physicians • recreation• reference • regional • science • shopping • society • sports • world