Die Latynse alfabet is die alfabet wat vir so te sê alle westerse tale se spelling gebruik word insluitend Afrikaans en die ander amptelike tale van Suid-Afrika.
Die voorloper van die westerse alfabet is ontwikkel deur die Feniciërs (sien Feniciëse alfabet). In gewysigde vorm is dit deur die Grieke oorgeneem. Die Romeine het weer daarvan 'n nuwe alfabet afgelei, wat egter nogal in terme van tekens van die voorloper verskil. Die Latynse alfabet tel in die tyd van Cicero 21 letters. Vir die weergee van Griekse woorde word Y en Z later toegevoeg. I en V het sowel vokaliese as konsonantiese waarde. In die Middeleeue kom J (konsonant=medeklinker) en U (vokaal=klinker) daarby. W is dubbel V om /w/ weer te gee (die bilabiale semivokaal van, byvoorbeeld, die Engelse: wall, well, will, ... of Afrikaanse twee, swaai ens).
Tans bestaan vir die Afrikaanse spelling gebruiklike variant van die Latynse alfabet uit die volgende 26 hoofletters:
| A | B | C | D | E | F | G | H | I | J | K | L | M |
| N | O | P | Q | R | S | T | U | V | W | X | Y | Z |
en die volgende 26 kleinletters:
| a | b | c | d | e | f | g | h | i | j | k | l | m |
| n | o | p | q | r | s | t | u | v | w | x | y | z |
In baie tale is ekstra letters toegevoeg, of soos in Afrikaans is letters voorsien van diakritiese tekens (kappies, deeltekens ens.) om voorsiening te maak vir taalspesifieke skryfwyses.
Sien ook: Arabiese alfabet, Armeense alfabet, Braille, Cyrilliese alfabet, Feniciëse alfabet, Glagolitiese alfabet, Griekse alfabet, Goties alfabet, Hebreeuwse alfabet, Koptiese alfabet, Hangul (Koreaans alfabet), Morse, NAVO-spelalfabet, Ogham alfabet, Rune alfabet, Steno, Thaise alfabet
Lateinisches Alphabet | كتابة لاتينية | Alfabetu llatinu | Лацінскі альфабэт | Латинска азбука | Latinica | Alfabet llatí | Latinka | Lateinisches Alphabet | Λατινικό αλφάβητο | Latin alphabet | Latina alfabeto | Alfabeto latino | الفبای لاتین | Latinalaiset aakkoset | Alphabet latin | Alfabet latin | Alfabeto latino | אלפבית לטיני | रोमन लिपि | Latinica | Latin írás | Abjad Latin | Latinal alfabeto | Latneskt stafróf | Alfabeto latino | ラテン文字 | 로마자 | Latīņu alfabēts | Latijns alfabet | Det latinske alfabetet | Det latinske alfabetet | Alphabet latin | Alfabet łaciński | Alfabeto latino | Alfabetul latin | Латинский алфавит | Latinica | Roman alphabet | Latinica | Alfabeti latin | Латиница | Latinska alfabetet | อักษรละติน | Alpabetong Latin | Latin abecesi | Latín älifba | Латинська абетка | 拉丁字母 | Lô-má-jī
This article is licensed under the GNU Free Documentation License.
It uses material from the
"Latynse alfabet".
Home Page • arts • business • computers • games • health • hospitals • home • kids & teens • news • physicians • recreation• reference • regional • science • shopping • society • sports • world