| Latin (Lingua Latina) | |
|---|---|
| Praattaal | Vatikaanstad |
| Gebied | Italiaanse skiereiland |
| Hoeveelheid sprekers | Uitgesterf |
| Streeksvariante | - |
| Genetiese klassifikasie | Indo-Europees | Italies
| Amptelike status | |
| Amptelike taal | Vatikaanstad |
| Gereguleerd deur | niemand |
| Taalkodes | |
| ISO 639-1 | la |
| ISO 639-2 | lat |
| SIL | LTN |
Al die Romaanse tale het hul oorsprong in Latyn, en talle woorde in moderne tale soos Afrikaans is gebaseer op Latyn. (Omtrent 80% van wetenskaplike woorde in Engels wortel in Latyn.) Latyn was die lingua franca, die taal wat geleerdes gebruik het vir wetenskaplike en politieke sake, vir meer as 'n duisend jaar, in die Westerse wêreld. In die agtiende eeu is dit begin vervang deur Frans en deur Engels laat in die negentiende eeu. Ekklesiastiese Latyn bly vandag nog die formele taal van die Rooms-Katolieke Kerk, en dit is die amptelike nasionale taal van die Vatikaanstad, alhoewel Italiaans die voertaal is. Dié kerk het Latyn aanhou gebruik as sy liturgiese taal tot die 1960s. Dit word steeds gebruik, saam met Grieks, om die name wat in die wetenskaplike klassifikasie van alle lewende dinge gebruik word, te verskaf. Vandag is die naaste verwante taal daaraan Italiaans.
Latyn is 'n sintetiese of inflektiewe taal: aanvoegsels word aangeheg aan 'n vaste stam om geslag, aantal en vorm aan te dui in byvoeglike naamwoorde, selfstandige naamwoorde en voornaamwoorde. Hierdie proses word vervoeging genoem; en persoon, aantal, tyd, vorm, en gemoedstemming in werkwoorde, wanneer dit verbuiging genoem word. Daar is vyf vervoegings van selfstandige naamwoorde, en vier verbuigings van werkwoorde.
Die ses naamwoordvorme is:
Daarby het sommige naamwoorde 'n lokatiewe vorm om 'n plekverhouding uit te druk (wat gewoonlik deur die ablatiewe vorm, tesame met 'n voorsetsel soos "in", gedek wou wees), maar hierdie argaïese gebruik van die Indo-Europese dae word slegs in die name van mere, stede, dorpe, soortgelyke plekke, en in 'n paar nader woorde gevind.
Ná die val van die Romeinse Ryk, het Latyn in verskeie ander tale in ontwikkel. Vir baie eeue, was hierdie tale slegs gepraat, en Latyn is steeds gebruik vir skryf. ('n Voorbeeld hiervan: Latyn was die amptelike taal van Portugal tot 1296, toe dit eers vervang is deur Portugees.)
Die Romantiese tale is inderdaad nie afgelei vanaf klassieke Latyn nie, maar eerder van die gesproke Vulgêre Latyn. Latyn en die Romantiese tale verskil onder meer deurdat die Romantiese tale 'n kenmerkende beklemtoning ontwikkel het, teenoor Latyn se kenmerkende verskil in die lengte van die klinkers. Italiaans het vandag beide aspekte daarvan, terwyl Spaans nog net die beklemtoning oorhet, en Frans nie een van die twee nie.
Nog 'n ander groot verskil tussen die Romantiese en Latyn is dat eersgenoemde, met die uitsondering van Romeens hulle vormeindes in meeste woorde verloor het, behalwe in die geval van sommige voornaamwoorde. Romeens het nog steeds vyf naamwoordvorme, maar gebruik nie meer die ablatiewe vorm nie.
Vanaf die sestiende tot in die agtiende eeu het Engelse skrywers enorme getalle nuwe woorde geskep van die Latynse en Griekse wortels. Hierdie woorde is "inkpotwoorde" gedoop (asof hulle gemors is uit 'n potjie ink) en was ryk in geur en betekenis. Die meeste van die woorde is eenmalig deur 'n skrywer gebruik en het toe vergete geraak, maar 'n paar het bly voortbestaan. Imbibe, extrapolate, en inebriation is almal inkpotwoorde uitgekerf vanaf Latynse en Griekse woorde.
Afrikaans het grootlike 'n herkoms uit Nederlands. Dié is weer grootliks beïnvloed deur die gesproke, eerder as die offisiële Latyn. Die Afrikaanse grammatika het feitlik geen meer van die verbuigings en vervoegings van Latyn nie. Daar is slegs nog die verskillende vorme van die voornaamwoorde, soos ek, my en myne. Vervoeging van byvoeglike naamwoorde vind slegs plaas om 'n poëtiese of 'n figuurlike betekenis te impliseer: soos in die verskil tussen die mooi meisie en die mooie meisie. Daar bestaan wel nog ingewikkelde vervoegings, soos in die uitdrukking om den brode, maar dit is meestal 'n erflating van die Nederlands, en selfs dit is stadig besig om uit te sterf. Afrikaanse woorde word egter wel vervoeg om 'n verkleiningsvorm aan te dui: -tjie vir die enkelvoudige, en -tjies vir die meervoudige vorm:
Vroeër jare is Latyn as vak aangebied in omtrent elke skool. Die juriste het Latyn uitgebreid gebruik. Omtrent twaalf jaar gelede, het die Suid-Afrikaanse prokureursorde egter verklaar dat dit nie meer nodig is om Latyn op sekondêre of universiteitsvlak te neem nie. Afrikaans gebruik Latyn nog grootliks in die vaktaal van die wetenskap.
Antieke Rome | Klassieke tale | Uitgestorwe tale | Italiese tale
Latein | لغة لاتينية | Llatín | Лацінская мова | Латински език | Latin | Latinski jezik | Llatí | Latina | Lladin | Latin | Latein | Λατινική γλώσσα | Latin | Latina lingvo | Latín | Ladina keel | Latin | زبان لاتین | Latina | Latin | Lenghe latine | Latynsk | Laidin | Lingua latina | לטינית | लातिनी | Latinski jezik | Latin nyelv | Lingua latin | Bahasa Latin | Latína | Lingua latina | ラテン語 | ლათინური ენა | 라틴어 | Latin | Lingua Latina | Latäin | Latien | Lotynų kalba | Latīņu valoda | Латински јазик | Bahasa Latin | Latiensche Spraak | Latien | Latijn | Latin | Latin | Latîn | Latin | Латинаг æвзаг | Łacina | Latim | Limba latină | Латинский язык | Limba latina | Lingua latina | Latinski jezik | Latin language | Latinčina | Latinščina | Gjuha Latine | Латински језик | Basa Latin | Latin | Kilatini | ภาษาละติน | Wikang Latin | Latince | Латинська мова | Latinh | 拉丁语 | Latin-gí | 拉丁語