Die Lae Lande, die historiese gebied de Nederlanden, is die lande geleë om die laagliggende grondgebied om die delta van die Ryn-, Schelde-, en Maasriviere (Frans: Meuse). Die gebied wat deur die modern state Nederland, België en Luxemburg stem amper maar nie heeltemal met die gebied ooreen. Sedert die Tweede Wêreldoorlog word die nuwe naam die Beneluxlande vir die gebied gebruik.
Voor moderne nasiebou begin het, het die Lae Lande verwys na 'n uitgebreide gebied van noordelike Europa wat rofweg van Duinkerke in die weste tot by Sleeswyk-Holstein in die noordooste gestrek het, en van die riviermond van die Schelde in die suide tot Friesland in die noorde. Die Lae Lande was die stelling van vroeë noordelike dorpe wat van nuuts af gebou is eerder as wat dit van antieke sentra ontwikkel is en daarmee die herontwaking van Europa in die 12de eeu aandui.
Die lae lande wat eerder 'n versameling van verskeie gebiede was as een homogene gebied, het wel almal 'n groot aantal ooreenkomste vertoon:
Die vervaardiging en handel in wolmateriaal was besonder belangrik vir die stede, Europa se eerste nywerheid. Stede wat deur die handel gegroei het sluit in Liège, Leuven, Mechelen, Antwerpen, Brussel, Ieper, Gent en Utrecht.
In 1477 het die Boergondiese besittings in die gebied, die Boergondiese Nederlande, deur 'n erfgenaam Maria van Boergonje na die Habsburgers oorgegaan. In die eeu daarna het die "Lae Lande" rofweg ooreengekom met die Sewentien Provinsies wat onder die Pragmatieke Sanksie van 1549 van die Heilige Romeinse Keiser Karel V die provinsies vrygestel het van hulle argïese feodale verpligtinge. Na die Sewentien Provinsies hulle onafhanklikheid van Habsburgs Spanje verklaar het is die provinsies van die Suidelike Nederlande herower (1581) en word dit soms die Spaanse Nederlande'' genoem.
In 1713, onder die Vrede van Utrecht na die Spaanse Opvolgingsoorlog, is die deel van die Spaanse Nederlande wat oorgebly het aan Oostenryk oorgedra en het dit dus die Oostenrykse Nederlande geword. Die Verenigde Koninkryk van die Nederlande (1815-1830) het die Lae Lande vir 'n kort rukkie weer verenig.
Nederlandene | Low Countries | ארצות השפלה | Lage Landen (staatkunde) | Nederlanda | Nederlandene | Niderlandy
This article is licensed under the GNU Free Documentation License.
It uses material from the
"Lae Lande".
Home Page • arts • business • computers • games • health • hospitals • home • kids & teens • news • physicians • recreation• reference • regional • science • shopping • society • sports • world