In Afrikaans word Europese klassieke musiek gewoonlik veronderstel as daar verwys word na "klassieke musiek", eerder as klassieke musiek van ander style en herkoms. Dit word dus algemeen geassosieer met konsertmusiek. Die term word egter ook gebruik om spesifiek te verwys na musiek van die klassieke musiekera, ongeveer tussen 1740 en 1830, wat veral gekenmerk word aan die komposisies van die komponiste Wolfgang Amadeus Mozart, Joseph Haydn, en hulle tydgenote en onmiddelike opvolgers. In hierdie sin word klassieke musiek dus gekontrasteer met musiek van die voorafgaande barokera, en die opvolgende romantiese era. Dit was juis in die romantiese era wat die term "klassieke musiek" die eerste keer gebruik is om die styl van musiek te assosieer met die klassieke tradisies van kuns, beeldhouwerk en argitektuur van Antieke Griekeland en Rome.
ধ্রুপদী সঙ্গীত | Música clàssica | Klassisk musik | Klassische Musik | Classical music | Klasika muziko | Música clásica | Musique classique | Ceòl#Phrìomh-shamhlach | מוזיקה קלאסית | Musica classica | クラシック音楽 | Klassieke muziek | Klassieke muziek | Muzyka poważna | Música clássica | Классическая музыка | Âm nhạc cổ điển | 古典音乐
This article is licensed under the GNU Free Documentation License.
It uses material from the
"Klassieke musiek".
Home Page • arts • business • computers • games • health • hospitals • home • kids & teens • news • physicians • recreation• reference • regional • science • shopping • society • sports • world