Die term kennismaatskappy verwys na die feit dat die maatskappye van die laat 20ste en vroeë 21ste eeu wegbeweeg het van die tradisionele industriële strukture na 'n ekonomiese stelsel wat sterk op dienstelewering steun. Produksie in die nywerhede word nou aangevul deur 'n kennisintensiewe dienstesektor wat onder meer navorsing en ontwikkeling, ontwerp, bemarking, logistiek, bedryfsorganisasie en bestuur insluit.
Robert Lane gebruik die term "kennismaatskappy" vir die eerste keer in sy artikel "The Decline of Politics and Ideology in a Knowledgeable Society", wat in die jaar 1966 verskyn het. Hy beskryf 'n moderne maatskappy, waarin mense kennis deur opvoeding en wetenskap verwerf en hierdie kennis aanwend om probleme op te los of om eie waardes en oogmerke te bevorder.
Ondanks die huidige gewildheid van die term is kennis al lank 'n noodsaaklike bestanddeel en voorwaarde van 'n nywerheidmaatskappy. Nywerhede soos die masjienbou is heeltemaal ondenkbaar sonder kennis. Baie deskundiges bevraagteken dan ook die akkuraatheid van die term "kennismaatskappy" en beskou sy gebruik as 'n moderverskynsel.
Die voortgaande prosesse van strukturele verandering in moderne ekonomieë lei egter tot 'n aantal verskynsels wat duidelik maak dat kennis 'n groter rol in die maatskappy begin speel:
Wissensgesellschaft | Knowledge economy | Économie du savoir | Kenniseconomie
This article is licensed under the GNU Free Documentation License.
It uses material from the
"Kennismaatskappy".
Home Page • arts • business • computers • games • health • hospitals • home • kids & teens • news • physicians • recreation• reference • regional • science • shopping • society • sports • world