Die
kelvin (simbool:
K) is die
SI eenheid van
temperatuur en is een van die sewe
SI-basiseenhede. Dit word gedefinieer as 'n 1/273.16 fraksie van die
termodinamiese temperatuur van die
trippelpunt van
water. 'n Temperatuur wat in kelvin sonder enige voorbehoud aangedui word, word gemeet ten opsigte van
absolute nul waar die molekulêre beweging ophou. Dit is ook algemene praktyk om 'n temperatuur relatief tot 'n verwysingstemperatuur van 273.15 K aan te dui, wat ongeveer ooreenstem met die
smeltpunt van water onder normale toestande; hierdie konvensie is die
Celsius temperatuurskaal.
Die kelvin is vernoem na die Britse fisikus en ingenieur William Thomson, wat later na hy tot die adelstand verhef is, as Lord Kelvin bekend gestaan het.
Tipografiese konvensies
Die woord
kelvin as 'n SI eenheid word met 'n
kleinletter k geskryf (tensy dit aan die begin van 'n sin voorkom), en word anders as
Fahrenheit of
Celsius nooit voorafgegaan deur die woorde
graad,
grade of die simbool ° nie. Die simbool vir kelvin is altyd die hoofletter K en word nooit in skuinsskrif gedruk nie. Daar moet 'n spasie tussen die nommer en die K kom soos met alle
SI-eenhede.
Unicode sluit die "kelvin" teken onder die kode U+212A in (in jou blaaier vertoon dit so K). Die "kelvin teken" word egter kanoniekaal ontbind na U+004B en daarom word dit as 'n koderingsfout beskou, en is dit beter om U+004B (K) direk te gebruik.
Omskakelingsfaktore
Kelvin en Celsius
Die Celsius temperatuurskaal word nou gedefinieer in terme van die kelvin, met 0 °C wat ooreenstem met 273.15 kelvin.
\mathrm{C} = \mathrm{K} - 273.15
Temperatuur en energie
Die energie wat deur partikels in 'n
termodinamiese stelsel gedra word is eweredig aan die absolute temperatuur, waar die eweredigheidskonstante die
Boltzmann konstante is. Dit is gevolglik moontlik om die energie van partikels by 'n sekere temperatuur te bereken of om andersom die temperatuur van partikels met 'n sekere energie te bepaal.
\mathrm{K} = \mathrm{eV} \times 11,\!605
\mathrm{eV} = \frac{\mathrm{K}}{11,\!605}
Sien ook
- ITS-90 Internasionale Temperatuurskaal
Eksterne skakel
SI basiseenhede | Temperatuur-eenhede
Kelvin | كلفن | Келвин | Kelvin | Kelvin | Kelvin | Kelvin | Kelvin | Kelvin | Kelvin | Kelvino | Kelvin | Kelvin | Kelvin | Kelvin | Kelvin | Kelvin | יחידות מידה לטמפרטורה | Kelvin | Kelvin | Kelvin | Kelvin | Kelvin | ケルビン | 켈빈 | Kelvinas | Kelvins (mērvienība) | Kelvin | Kelvin | केल्भिन | Kelvin (eenheid) | Kelvin | Kelvin | Kelwin | Kelvin | Кельвин | Kelvin | Kelvin | Kelvin | Келвин | Kelvin | เคลวิน | Kelvin (birim) | Кельвін | Kelvin | 热力学温标