article

Die Kattegat is 'n baai van die Noordsee en vorm die seestraat tussen Denemarke en Swede wat deel uitmaak van die verbinding tussen die Noord- en die Oossee. Die verloop via die Skagerrak, die Kattegat en die Sont.

Oossee.png

Waterweë wat in die Kattegat uitmond is die Göta älv by Gothenburg, saammet die Lagan, Nissan, Ätran en Viskan riviere vanuit die provinsie Hallandia aan die Sweedse kant, en die Gudenå rivier van Jutland, in Denemark.

Die hoof eilande van die Kattegat is Samsø, Læsø en Anholt, waar die laaste twee, na aanleiding van hulle droë somerklimaat, as die Deense woestyngordel bekend staan.

Die naam Kattegat kom van die Nederlandse en Lae Saksiese woorde Kat en Gat. Dit verwys na middeleeuse navigering, waar kaptyne na die gebied verwys het as so nou soos 'n kattegat - 'n opening waardeur net 'n kat kan inkom, aangesien daar heelwat vlak gebiede in die omgewing is wat navigering baie moeilik maak..

Kyk ook: Skandinawië

Geografie van Denemark | Seestraat

كاتيغات | Категат | Kattegat | Kattegat | Kattegat | Kattegat | Kattegat | Kattegat | Kattegat | Kattegat | Kattegat | Kattegat | Kattegat | Teluk Kattegat | Kattegat | Kattegat | カテガット海峡 | Kattegat | Kattegat | Kattegat | Kattegat | Kattegat | Каттегат | Kattegat | Kattegat | Kattegatt

 

This article is licensed under the GNU Free Documentation License. It uses material from the "Kattegat".

Home Pageartsbusinesscomputersgameshealthhospitalshomekids & teensnewsphysiciansrecreationreferenceregionalscienceshoppingsocietysportsworld