| Kaapstad | |
|---|---|
| Satellite image of Cape peninsula.jpg | Capetownarms.jpg |
| Land: | Flag of South Africa.svg Suid-Afrika |
| Provinsie: | Wes-Kaap |
| Koördinate: | 33°55' S, 18°27' O |
| Gestig in: | 1652 |
| Oppervlakte: | 2 499 km² |
| Bevolking: | 2 893 251 (2001) |
| Bevolkingsdigtheid: | 1 158 / km² |
| Hoogte: | -- |
| Burgemeesteres: | Helen Zille (DA) |
| Skakelkode: | 021 |
Kaapstad is danksy sy natuurskoon en sy ligging aan die voet van die wêreldbekende Tafelberg vandag een van die mees gesogte internasionale toeristebestemmings en 'n gunstelingstad van die Europese rolprent- en advertensiebedryf.
Op 6 April 1652 sit die Nederlander Jan van Riebeeck met negentig mense, waaronder ook 'n aantal vroue en kinders, in Tafelbaai voet aan wal en stig 'n verversingstasie vir die handelskepe van die Verenigde Oos-Indiese Kompanjie (VOIK) op weg na Indië. Die Kompanjie ag Tafelbaai met sy natuurlike hawe as 'n geskikte plek vir die voorpos. Ter beskerming teen aanvalle van die inboorlinge rig die Nederlanders die Kasteel die Goeie Hoop op. Die kasteel, wat in die tydperk tussen 1666 en 1679 opgerig is, is die oudste gebou in Suid-Afrika. Teen die jaar 1691 is daar tussen vyftig en sestig huise in Kaapstad, en teen die begin van die 18de eeu het hierdie getal al vervyfdubbel. Die hoeksteen vir die Groote Kerk in die Heerengracht is in 1678 gelê, en die kerk is in 1704 ingewy. Alhoewel die immigrasie van onder meer Duitse setlaars in die 18de eeu bevorder is (van die 15 000 Duitsers, wat na ramings in die diens van die VOIK was, het hulle sowat 4 000 aan die Kaap gevestig), groei die Kaapse bevolking veral danksy die natuurlike bevolkingsaanwas. In 1795 het Kaapstad reeds 15 000 inwoners, waarvan meer as 6 000 blankes.
Die oorspronklike bevolking, die Khoi en San, weier om met die Europeërs handel te dryf en blyk ook ongeskik te wees vir die Europese konsepte van werk en besit. Om in hulle behoefte aan mannekrag te voorsien, is die Nederlanders gedwing om slawe uit hulle kolonies in Madagaskar, Indië, Maleisië en Indonesië in te voer. Met die eerste invoer van slawe in die jaar 1658 verdubbel die Kaapse bevolking. Naas die slawe is daar ook enkele bannelinge uit Oos-Indië, wat deur die Nederlands-Bataafse Hooggeregshof na die Kaap gedeporteer is. Saam met die slawebevolking vestig hulle die Islamse godsdiens aan die Kaap. 800px-Old Town House - Le Cap.jpg Vroue is skaars in die kolonie, en die Europese mans begin vinnig met die slawinne te vry. Die huidige kleurlinge het hulle oorsprong in hierdie eerste vermenging van die Asiatiese, Afrikaanse en Europese kulture en word later 'n deel van die Afrikaanse taal- en kultuurgemeenskap. 'n Nagtelike uitsig oor Kaapstad.jpg Met die ekonomiese neergang van die VOIK teen die einde van die 18de eeu wek die kolonie Brittanje se belangstelling. Die neerlaag van die Nederlandse koloniale troepe naby Bloubergstrand in die jaar 1806 lei tot die einde van die Nederlandse heerskappy. Op 13 Augustus 1814 word die Kaap 'n Britse kroonkolonie.
Die ontdekking van die diamant- en goudvelde in die binneland in die tydperk tussen 1870 en 1890 verskuif die ekonomiese swaartepunt van Suider-Afrika na die Noord-Kaap en die Witwatersrand, tog trek Kaapstad voordeel uit die groeiende handel met oorsese gebiede en groei tot Suid-Afrika se grootste hawe, en 'n verskeidenheid nywerhede vestig hulle in die stad.
Die builepes van die jaar 1901 dien as 'n voorwendsel om 'n stelselmatige rasseskeiding in Kaapstad se woonbuurte in te stel. Die Swart bevolking is na twee gebiede verskuif, die hawe en Ndabeni aan die westelike kant van Tafelberg, wat tot die voorloper van die Kaapvlakte se nie-blanke woonbuurte ontwikkel is.
As gevolg van die beleid van rasseskeiding is baie swart bewoners al teen die begin van die 20ste eeu uit Distrik Ses verdryf. Maar ook baie meer welgestelde burgers het na die suidelike voorstede van Kaapstad verhuis. Die distrik het uiteindelik 'n krotbuurt geword, wat volgens die Wet op Groepsgebiede van 1950 op 11 Februarie 1966 tot 'n blanke gebied verklaar, ontruim en gesloop is. Die Kleurling- en Swart bevolking van die distrik - sowat 60 000 mense - is in die tydperk tussen 1968 en 1982 na die Kaapse Vlaktes verskuif. 'n Deel van die distrik is hernoem tot Zonnebloem; hier is onder meer die Kaapse Technikon opgerig. Weens die plaaslike en internasionale druk, wat op die destydse blanke regering uitgoefen is, is die herontwikkeling van die gebied tot 'n woongebied vir blanke Kapenaars uitgestel.
Distrik Ses sal in die volgende jare herstel word, en sowat 4 000 gesinne sal tot by die jaar 2007 na Distrik Ses terugkeer.
Tydens die Suez-krisis in die jaar 1973 is die Suez-kanaal gesluit, en skepe op pad na Europa en die ooskus van Amerika gebruik die Kaapse roete, wat 'n groot toeloop van skepe in Tafelbaaihawe beteken.
Aangesien Tafelbaaihawe veral die Wes-Kaap bedien, is hy gespesialiseer op die uitvoer van plaaslike produkte. Die grootste voorverkoelkompleks in Suid-Afrika hanteer groot hoeveelhede sagte vrugte. Daarnaas is geriewe soos droogdokke en dryfdokke beskikbaar.
Die hawe beskik sedert die sewentigerjare oor 'n diepseehouereindpunt.
Die Groote Schuur-hospitaal is een van die leidende hospitale ter wêreld en doen baanbrekerswerk met onder meer die eerste hartoorplanting, wat in Desember 1967 deur prof. Christiaan Neethling Barnard uitgevoer is.
Die ongewone naam is van 'n groot pakhuis afgelei, wat deur die Nederlandse Oos-Indiese Kompanjie in 1657 op die perseel van die huidige hospitaal opgerig is. Die oorspronklike Groote Schuur-hospitaal is op 31 Januarie 1938 geopen.
Kaapstad se internasionale lughawe, die tweede grootste in die land na Johannesburg, lê sowat 22 kilometer oos van die middestad. Die volume van lugverkeer het sedert die jaar 1994 aansienlik toegeneem. Tans is daar sowat 80 000 vliegtuie wat in Kaapstad aankom of vertrek, met sowat vyf miljoen passasiers. Daar word verwag dat die passasiersgetalle tot by die jaar 2015 tot veertien miljoen sal styg.
Die skiereiland is in een van die wêreld se plantkoninkryke en 'n magdom soorte kom slegs hier voor.
Afrikaans is die belangrikste huistaal in die stad wat deur 41,4 persent van sy bewoners gebesig word. Die twee ander groot huistale is Xhosa (28,7 persent) en Engels (27,9 persent).
Kaapstad is die ekonomiese sentrum van die Wes-Kaap. Naas sy belangrike rol as die grootste nywerheidstad van die provinsie trek Suid-Afrika se Moederstad ook voordeel uit die vinnig groeiende toerismebedryf. Die Wes-Kaap is nou die belangrikste toeristebestemming in Suid-Afrika, en meer as een miljoen oorsese toeriste het Kaapstad in die jaar 2002 besoek. Die toerismebedryf genereer tans byna tien persent van die Wes-Kaap se bruto binnelandse produk en het 'n tiende van sy werknemers in diens.
Kaapstad se hawe en sy internasionale lughawe dien as 'n uitvoersentrum vir die landbouprodukte van die Wes-Kaap, veral vrugte, wyn en blomme. Die Wes-Kaap verteenwoordig meer as 'n kwart van Suid-Afrika se landbouinkomste en meer as die helfte van sy uitvoere na oorsese bestemmings.
Die eerste Kaapstadse Boekeskou het in Junie 2006 in samewerking met die Frankfurtse Boekeskou plaasgevind. Die skou is daarop gemik om die lees van boeke in Suid-Afrika te bevorder. Veral skoolboeke sal voordeel kan trek uit groter oplae en die daarmee gepaardgaande laer pryse. Daar is na ramings sowat 500 000 mense in Suid-Afrika - uit 'n bevolking van meer as veertig miljoen - wat gereeld boeke lees.
Die Universiteit van Stellenbosch, 'n eersterangse histories Afrikaanstalige instelling, lê sowat sestig kilometer van Kaapstad af.
Ander belangrike tersiêre instellings is die Universiteit van die Wes-Kaap in die voorstad Bellville, wat in 1959 as 'n instelling vir Kleurling-studente gestig is en in 1994 veelrassig geword het, en die Tegnologiese Universiteit van die Kaapse Skiereiland (Cape Peninsula University of Technology), wat deur die samesmelting van die Kaapse Technikon (Cape Technikon) en die Technikon van die Skiereiland (Peninsula Technikon) ontstaan het. Die Graduate School of Business naby die Victoria & Albert Waterfront kan met die beste buitelandse skole meeding.
Kaapstad se Engelse taalskole lok sedert die negentigerjare danksy die hoë kwaliteitstandaarde en die stad se reputasie as 'n eersterangse toeristebestemming 'n steeds groeiende aantal buitelandse besoekers.
Kaapstad huisves die hoofkwartiere van 'n aantal dagblaaie, tydskrifte en drukkerye. Naspers, die grootste mediakonglomeraat in Suid-Afrika, is die uitgewer van onder meer Die Burger, een van die groot Afrikaanse koerante. Independent News and Media gee die twee grootste Engelstalige dagblaaie in die Wes-Kaap uit, die Cape Argus en die Cape Times.
Kaapstad beskik daarnaas ook oor 'n groot aantal koerante vir die plaaslike gemeenskappe, waarvan die Athlone News (Athlone), die Atlantic Sun, die Constantiaberg Bulletin (Constantiaberg), die City Vision (Bellville), die False Bay Echo (Valsbaai) die Helderberg Sun (Helderberg), die PLainsman (Mitchells Plain), die Sentinel News (Houtbaai), die Southern Mail (Suidelike Skiereiland), die Southern Suburbs Tatler (Suidelike Voorstede), Table Talk (Tafelsig) en Tygertalk (Tygervallei/Durbanville) die grootste Engelstaliges is.
Die belangrikste streekkoerante in Afrikaans is die Landbou-Burger en die Tygerburger. Vukani, wat in die Kaapse Vlaktes verskyn, word in Xhosa uitgegee.
Ander belangrike besienswaardighede is
كيب تاون | Ciudá del Cabu | Кейптаун | Ciutat del Cap | Tref y Penrhyn | Kapstaden | Kapstadt | Cape Town | Kaburbo | Ciudad del Cabo | Kaplinn | Lurmutur Hiria | Kapkaupunki | Le Cap | Lo Cap | Cidade do Cabo - Cape Town | קייפטאון | Fokváros | Cape Town | Città del Capo | ケープタウン | 케이프타운 | Kapstad | Keiptaunas | Кејптаун | Kaapstad | Cape Town | Cape Town | Lé Cap | Kapsztad | Cidade do Cabo | Кейптаун | Cape Town | Kapské Mesto | Kaapstad | Kapstaden | Cape Town | كاپېتوۋن | 開普敦
This article is licensed under the GNU Free Documentation License.
It uses material from the
"Kaapstad".
Home Page • arts • business • computers • games • health • hospitals • home • kids & teens • news • physicians • recreation• reference • regional • science • shopping • society • sports • world