article

'n Joernalis of verslaggewer is 'n persoon wat joernalistiek bedryf, of, anders gestel, verantwoordelik is vir die bymekaarmaak en verspreiding van inligting oor onder meer nuusgebeure, modeneigings, maatskaplike kwessies en mense.

Oorsprong en omvang van die woord


In die vroeë negentiende eeu het die woord 'joernalis' doodgewoon beteken dat die persoon vir koerante (Eng. 'journal') geskryf het. Charles Dickens, aan die begin van sy loopbaan, was só 'n persoon. Gedurende die twintigste eeu, het die betekenis verbreed na persone wat soortgelyke werk in tydskrifte, oor die radio en op televisie doen. In die afgelope twintig jaar het dit ook joernalistieke bydraes begin insluit op die Internet, met 'n baie moderne beweging dié van die sogenaamde 'burgerlike joernalis', veral in die 'webjoernaal'-verband (Eng. 'blog').

In watter kommunikasiemedium die joernalis ook al werk, roep die woord 'joernalis' professionaliteit op; soos gereflekteer in die joernalis se beriggewing, en sy/haar sterk respek vir die waarheid en hoogstaande etiek. Hierdie assosiasie is ongelukkig nie so stewig in sekere gebiede van beriggewing nie, soos die poniepers waar die teenoorgestelde standaard doelbewus nagestreef word; en die beroep hou ook sy asem op vir die ontwikkelende wêreld van 'webjoernalistiek'.

Bekende joernaliste deur die eeue


Joernaliste in die 18de eeu

  • Daniel Defoe - hy was die redakteur en stigter van die 'Review'. Hy word gesien as die vader van menige joernalistieke konvensies, byvoorbeeld die ooggetuie, die reisartikel, en die bevooroordeelde stem van die rubriek. Die 'Review' het eerste die lig gesien op 19 Februarie, 1704, en het ondergegaan teen 11 Junie, 1713.

Joernaliste in die 19de eeu

Drukpersjoernaliste in die 20ste eeu

Joernaliste in die uitsaaibedryf in die 20ste eeu

Joernaliste as romanskrywers


Behalwe die name hierbo, is daar talle andere wat hul merk op beide terreine gemaak het, insluitende:

Eksterne skakels


Bron


Losweg vertaal vanaf Journalist op die Engelse Wikipedia.

Joernalistiek | Media | Beroepe

Журналист | Journalist | Journalist | Journalist | Ĵurnalisto | Periodista | Journaliste | עיתונאי | Jurnalis | Giornalista | ジャーナリスト | Journalist | Journalist | Journalist | Dziennikarz | Periodista | Журналист | Novinar | Новинар | Journalist | Gazeteci | Gaztî | 記者

 

This article is licensed under the GNU Free Documentation License. It uses material from the "Joernalis".

Home Pageartsbusinesscomputersgameshealthhospitalshomekids & teensnewsphysiciansrecreationreferenceregionalscienceshoppingsocietysportsworld