Jag verwys na die aktiwiteit waarin diere gesoek, en uiteindelik moontlik gedood word. Hierdie aktiwiteit kan geskied vanuit 'n soeke na kos, vir sport, of om dieregetalle te beheer. Diere wat só gejag word deur mense, word gewoonlik wild genoem.
By die oermensde is die jag die taak van die hele stam of dorpsgemeenskap, en as een van die belangrikste moontlikhede om voedsel te verkry bly die jag tot by die 9de eeu deel van die landelike ekonomie in Europa.
Daarna word die jag 'n belangrike tydverdryf van die adel wat dit ook as een van sy vorstelike voorregte (regalia) beskou. Vanaf die 11de eeu, met die opkoms van die feodalisme, geld die jag veral as 'n voorreg van die ridderstand, en ook die edelvroue begin in die 12de eeu aan die jagte deelneem. Die adellike jagters spits hulle toe op wildevarke, bere, herte en Europese bisons. 'n Aantal middeleeuse afhandelings soos die "Valkeboek" (De arte venandi cum avibus, omtrent 1248) van die Duitse keiser Frederik II (1194-1250) beskryf die vroeë jagtegnieke en die teelt van jagvalke.
Паляванне | Лов | Lov | Jagt | Jagd | Hunting | Caza | Metsästys | Chasse | Caza | ציד | 狩猟 | Jacht (activiteit) | Jakt | Jakt | Caça | Охота | Лов | Jakt | Avcılık