Ingewandskoors (ook bekend as buiktifus wat egter verwarring skep deurdat dit soos 'n onverwante siekte Tifus klink) is 'n siekte wat veroorsaak word deur die bakterium Salmonella typhii. Dit kom wêreldwyd algemeen voor en word versprei deur water of voedsel wat besmet is met die ontlasting van 'n persoon wat daarmee aangesteek is. Na 'n persoon aangesteek het kry hy simptome wat 'n hoë koors van 39 ° tot 40 °C wat stadig styg, 'n stadige polsslag (bradycardia), swakheid, kopsere, gebrekkige aptyt, ernstige diarree, maagkrampe, en 'n uitslag wat bestaan uit plat, rooskleurige vlekke ook roosvlekke genoem. Uiterste simptome soos gaatjies in die ingewande of bloeding, hallusinasies en verwarring is ook moontlik. Diagnose word gedoen deur bloed-, beenmurg- of stoelkulture saam met die Widal toets (wys teenwoordigheid van salmonella teenliggaampies teenoor antigene O-somaties en H-flagellaar of in armer lande met die diazo uriene toets. Tydens epidemies en minder welgestelde lande nadat malaria, disenterie of longontsteking uitgeskakel is as oorsake word 'n terapeutiese toediening van chlooramfenikol gedoen terwyl daar gewag word vir die resultate van die Widal toets en bloedkulture. Ingewandskoors kan noodlottig wees. Antibiotikas soos ampisillien, chlooramfenikol, trimetopriem-sulfametoksasool en siprofloksakien word algemeen ingespan om ingewandskoors te behandel.
Dit kan ook gebeur dat mense asimptomatiese draers van ingewandskoors kan word, wat geen uiterlike simptome vertoon nie, maar in staat is om ander aan te steek. In 1907 het Mary Mallon die eerste Amerikaanse draer geword om geïdentifiseer te word. Ongeveer 5% van die mense wat ingewandskoors opdoen word as sulks draers van die siekte nadat hulle herstel het.
As ingewandskoors nie behandel word nie kan dit aangaan vir drie weke tot 'n maand. Sterfgevalle kom voor in tussen 10% tot 30% van onbehandelde gevalle. Inentings vir ingewandskoors is beskikbaar en word aanbeveel vir mense wat in streke reis waar die siekte algemeen voorkom (veral Asië, Afrika en Latyns-Amerika).
Ingewandskoors het al die lewens van verskeie beroemde mense geëis, onder andere Franz Schubert, Mark Hanna en Wilbur Wright.
Typhus | Typhoid fever | Tifoidea | Fièvre typhoïde | טיפוס הבטן | Tifo addominale | Demam kepialu | Tyfoidfeber | Dur brzuszny | Febre tifóide
This article is licensed under the GNU Free Documentation License.
It uses material from the
"Ingewandskoors".
Home Page • arts • business • computers • games • health • hospitals • home • kids & teens • news • physicians • recreation• reference • regional • science • shopping • society • sports • world