article

Die Indiese Oseaan is die derde grootste water-massa in die wêreld en bevat ongeveer 20% van die aarde se totale water. Dit word begrens in die Noorde deur Suid-Asië (die Indiese subkontinent); aan die weste deur die Arabiese Skiereiland en Afrika; aan die Ooste deur die Maleisië Skiereiland, die Sunda-Eilande, en Australië; en aan die Suide deur die Suidelike Oseaan. Dit word geskei van die Atlantiese Oseaan deur die 20° oostelike lengtelyn wat strek vanaf Kaap Agulhas,Limits of Oceans and Seas. International Hydrographic Organization Special Publication No. 23, 1953. en deur die Stille Oseaan deur die 147° oostelike lengtelyn.

Die Noordelikste grens van die Indiese Oseaan is ongeveer 30° Noord in die Persiese Golf. Die Oseaan is amper 10 000 km (6,200 myl) breed by die Suidelike punte van Afrika en Australië; die oppervlakte is 73 556 000 km² (28 400 000 myl²), insluitende die Rooi See en die Persiese Golf.

Die Oseaan se volume word geskat op 292 131 000 km³ (70 086 000 myl³). Klein eilande is verspreid geleë op die kontinentale rande. Eiland-nasies in hierdie Oseaan is Madagaskar, die wêreld se vierde grootste eiland; die Comore; Seychelle; Maledive; Mauritius; en Sri Lanka. Indonesië grens aan die Oseaan.

Bronne


Geologie | Oseane

Ozián Indico | محيط هندي | Océanu Índicu | Індыйскі акіян | Индийски океан | ভারত মহাসাগর | Meurvor Indez | Indijski okean | Oceà Índic | Indický oceán | Инди океанĕ | Cefnfor India | Indiske Ocean | Indischer Ozean | Ινδικός Ωκεανός | Indian Ocean | Hinda Oceano | Océano Índico | India ookean | Indiar ozeano | اقیانوس هند | Intian valtameri | Océan Indien | Océano Índico | האוקיינוס ההודי | हिन्द महासागर | Indijski ocean | Indiai-óceán | Samudra Hindia | Indiana Oceano | Indlandshaf | Oceano Indiano | インド洋 | ინდოეთის ოკეანე | 인도양 | Oceanus Indicus | Indijos vandenynas | Indische Oceaan | Det indiske havet | Indiahavet | Ocean Indyjski | Oceano Índico | Oceanul Indian | Индийский океан | सिन्धु महासागर | Indian Ocean | Indický oceán | Indijski ocean | Индијски океан | Indiska oceanen | Bahari ya Hindi | இந்து சமுத்திரம் | มหาสมุทรอินเดีย | Hint Okyanusu | Індійський океан | Ấn Độ Dương | Oceyan Indyin | 印度洋 | Ìn-tō·-iûⁿ

 

This article is licensed under the GNU Free Documentation License. It uses material from the "Indiese Oseaan".

Home Pageartsbusinesscomputersgameshealthhospitalshomekids & teensnewsphysiciansrecreationreferenceregionalscienceshoppingsocietysportsworld