800px-BrotonneBrideg2.jpgHaute-Normandie is een van die Franse geweste, wat in die jaar 1956 as administratiewe eenhede gevorm is, en bevat twee départements: Seine-Maritime en Eure. Haute-Normandie beslaan die oostelike deel van die historiese provinsie Normandië, met 'n oppervlak van 12 317 vierkante kilometer en sowat 1,8 miljoen inwoners (1999).
Normandië ontwikkel ná die Eerste Wêreldoorlog tot een van die sentrums van die Franse papier- en petrochemiese bedryf. Die landing van die gealliëerde magte op 6 Junie 1944 maak tydens die Tweede Wêreldoorlog 'n einde aan die Duitse besetting, maar die gewes behoort tot die Franse gebiede wat die swaarste getref is deur die oorlogshandelinge.
Ná die Tweede Wêreldoorlog groei die plaaslike ekonomie vinnig, en baie ondernemings uit die metropolitaanse gebied van Parys kom hulle in Haute-Normandie vestig.
Eure spog met 'n groot aantal tuine, kloosters, kerke en ander besienswaardighede in sy uitgestrekte weilande, wat tussen die Seinemonding in die weste, Gisors in die ooste, die suide van die Normandiese hoofstad Rouen en die kunstenaarsdorp Verneuil-sur-Avre lê.
Haute-Normandie is 'n hoogs geïndustrialiseerde gewes. Die plaaslike nywerhede bied in 2001 werksgeleenthede vir meer as 142 000 mense en vervaardig sestig persent van die Franse smeerolie-produksie, vyftig persent van sy plastiek en dertig persent van sy motors. Dit is die belangrikste produsent van linne, die vierde belangrikste gewes ten opsigte van buitelandse handelsbetrekkinge en die sesde belangrikste ten opsigte van navorsing.
36,5 persent van die bevolking is jonger as 25 jaar, wat van Haute-Normandie die jongste gewes in Frankryk maak. Met twee persent van die totale nasionale oppervlak verteenwoordig Haute-Normandie met sy 1,74 miljoen inwoners 3 persent van die totale nasionale bevolking.
Die département Seine-Maritime lok toeriste met 'n aantal historiese en fynproewerroetes soos die Ivoorroete, Speseryeroete, Roete van die Abdye, Kaasroete en die Appel- en Siderroete.
Die Route des Maisons d'Écrivains in Eure loop langs die huise van 'n aantal bekende Franse skrywers. In die Château de Vascœuil, 'n kasteel uit die 14de eeu, het die Franse historikus Jules Michelet sy hoofwerk, die Histoire de France ("Die geskiedenis van Frankryk") in 16 boekdele, voltooi.
Alta Normandía | Alta Normandia | Haute-Normandie | Haute-Normandie | Haute-Normandie | Supra Normandio | Alta Normandía | Haute-Normandie | Haute-Normandie | Hôta-Normandie | נורמנדי עילית | Gornja Normandija | Felső-Normandia | Haute-Normandie | Alta Normandia | オート・ノルマンディー地域圏 | ზემო ნორმანდია | Haute-Normandie | Aukštutinė Normandija | Hoog-Normandië | Haute-Normandie | Ĥâote-Normaundie | Normandia Nauta | Górna Normandia | Alta-Normandia | Normandia de Sus | Верхняя Нормандия | Horná Normandia | Haute-Normandie | 上诺曼底
This article is licensed under the GNU Free Documentation License.
It uses material from the
"Haute-Normandie".
Home Page • arts • business • computers • games • health • hospitals • home • kids & teens • news • physicians • recreation• reference • regional • science • shopping • society • sports • world