Die halfleeftyd van 'n radio-aktiewe stof is die tyd wat dit neem vir die helfte van 'n monster om radio-aktiewe verval te ondergaan. Die term word ook in die farmaseutiese en ander bedrywe gebruik.
Die halfleeftyd kan ook meer algemeen beskryf word as die tyd wat dit neem vir 'n grootheid wat onderworpe is aan eksponensiële verval, om na die helfte van sy oorspronklike waarde te verval.
| Na # Halfleeftye | Oorblywende persentasie van grootheid |
|---|---|
| 0 | 100% |
| 1 | 50% |
| 2 | 25% |
| 3 | 12.5% |
| 4 | 6.25% |
| 5 | 3.125% |
| 6 | 1.5625% |
| 7 | 0.78125% |
| ... | ... |
| N | |
| ... | ... |
Groothede wat onderworpe is aan eksponensiële verval word algemeen aangedui met die simbool N (Hierdie konvensie impliseer 'n verval in 'n aantal diskrete items. Die vertolking is geldig in baie, maar nie alle, gevalle van eksponensiële verval nie). As die grootheid met die simbool N aangedui word, dan word die waarde van N op 'n tyd t deur die volgende vergelyking aangegee:
waar
Wanneer t=0, is die eksponent gelyk aan 1 en is N(t) gelyk aan . As t na oneindigheid strewe, neig die eksponent na nul.
Daar bestaan 'n tyd sodanig dat:
Deur dit in die vergelyking hierbo te vervang, verkry ons:
Dus is die halfleeftyd 69.3% van die gemiddelde leeftyd.
As voorbeeld kan daar vir twee vervalmodusse, die hoeveelheid van 'n stof wat oorbly na 'n tyd t gegee word deur:
Soortgelyk aan die vorige afdeling kan ons die nuwe totale halfleeftyd bereken en sal ons vind dat dit gelyk is aan:
of in terme van die twee halfleeftye gestel
Waar die halfleeftyd van die eerste proses is en die halfleeftyd van die tweede proses is.
عمر النصف | Període de semidesintegració | Poločas rozpadu | Halveringstid | Halbwertszeit | Half-life | Duoniĝtempo | Periodo de semidesintegración | Poolestusaeg | Semidesintegrazio-periodo | Puoliintumisaika | Demi-vie | מחצית חיים | Felezési idő | Waktu paruh | Helmingunartími | Emivita | 半減期 | 반감기 | Halfwaardetijd | Halveringstid | Halveringstid | Czas połowicznego rozpadu | Meia-vida | Период полураспада | Време полураспада | Halveringstid | அரைவாழ்வுக் காலம் | ครึ่งชีวิต | Yarılanma süresi | 半衰期
This article is licensed under the GNU Free Documentation License.
It uses material from the
"Halfleeftyd".
Home Page • arts • business • computers • games • health • hospitals • home • kids & teens • news • physicians • recreation• reference • regional • science • shopping • society • sports • world