| 450px-Gruyere fromage.jpg | |
| Herkoms | Hoofsaaklik kantons Fribourg, (Vaud, Neuchâtel en Jura (Switserland) |
| Vetgehalte | 49 tot 53 % |
| Vorm | Silindries, deursnee 55-65 cm |
| Hoogte | 9,5 tot 12 cm |
| Gewig | 25 tot 40 kg |
| Tipe | Harde kaas |
| Oorsprong | Koeimelk (volmelk), Alpemelk, bio-melk |
Die ronde kaas het 'n deursnee van tussen 55 en 65 cm, is tussen 9,5 en 12 cm dik en weeg tussen 25 en 40 kilogram. Die vetgehalte is 49 tot 53 persent. Vir 'n kaas van sowat 35 kg word sowat 400 liter melk benodig.
Gruyère is in verskillende variante beskikbaar, wat volgens hulle stadium van rypwording, melksoort (Gruyère d'alpage, Alpemelk-Gruyère) en produksiemetodes (biologiese landboumetodes) onderskei word.
| Stadium van rypwording | Ouderdom | >- bgcolor="gainsboro" | mild (doux) | tenminste 5 maande | >- bgcolor="gainsboro" | ryp (mi-salé) | 7 tot 8 maande | >- bgcolor="gainsboro" | ryp (salé) | 9 tot 10 maande | >- bgcolor="gainsboro" | surchoix/réserve | tenminste 10 maande | >- bgcolor="gainsboro" | ekstra ryp (vieux) | tenminste 15 maande |
|---|
'n Besonderse variant is Gruyère-kaas wat na aanvanklik drie maande in die kaasmakery 'n verdere nege maande in steengrotte ryp word. Die grotte se natuurlike hoë lugvogtigheid van tot by 95 persent en die lae temperature van sowat 10° C verseker optimale omstandighede vir die rypwordingsproses.
Die eerste verwysing na die Gruyère-kaas (gruière) dagteken uit die 17de eeu, alhoewel die gebied reeds in die antieke tyd bekend staan vir sy kaasspesialiteit. Tydens die 18de eeu vestig immigrante uit die kanton Fribourg hulle in Vaud, die Valais, Franche-Comté, Jura en Savoie en bring hulle kennis van kaasmakery saam na hulle nuwe tuiste.
In die jaar 1762 voeg die Académie française die woord gruyère as nuwe vakterm vir 'n kaas uit daardie gebied by hulle woordeboek.
Gruyère-kaas word baie dun gesny en teen kamertemperatuur geniet, sodat dit sy volle smaak kan ontwikkel. Gerasperde Gruyère pas goed by pastageregte, slaai en groente wat in die oond gebak word. Dit is ook 'n belangrike bestanddeel van Franse uiesop, Quiche Lorraine en baie fondue-resepte.
Die webwerf van die Gruyère-kaas Kaas
Gruyère | Greyerzer | Gruyère (cheese) | Queso Gruyère | Gruyère | Грюйер (сыр) | Gruyère
This article is licensed under the GNU Free Documentation License.
It uses material from the
"Gruyère (kaas)".
Home Page • arts • business • computers • games • health • hospitals • home • kids & teens • news • physicians • recreation• reference • regional • science • shopping • society • sports • world