Germanium is 'n chemiese element in die periodieke tabel met die simbool Ge en atoomgetal van 32. Dit is 'n glansende, harde silwerwit metaalagtige element met chemiese eienskappe soortgelyk aan tin. Germanium vorm 'n groot aantal organometaalverbindings en is 'n belangrike halfgeleiermateriaal wat in transistors gebruik word.
| Vergelyking van Mendelejev se voorspelling en die werklike eienskappe. |
||
|---|---|---|
| Eienskap | Ekasilikon | Germanium |
| atoommassa | 72 | 72.59 |
| digtheid(g/cm3) | 5.5 | 5.35 |
| smeltpunt (°C) | hoog | 947 |
| kleur | grys | grys |
Die ontwikkeling van die germanium-transistor het die weg gebaan vir ontelbare toepassings van vastetoestand elektronika. Vanaf 1950 tot die vroeë sewentigs was hierdie 'n groeiende afsetmark vir germanium totdat hoë suiwerheid silikon germanium in transistors, diodes en gelykrigters. Silikon het meerderwaardige elektriese eienskappe maar verg 'n baie hoër suiwerheid wat nie vroeër moontlik was om kommersieël te vervaardig nie. Die vraag na Germanium vir gebruik in optiese vesel kommunikasienetwerke, infrarooi nagsigtoerusting en polimerisasiekataliste het intussen dramaties verhoog. Hierdie gebruike het ongeveer 85% van die wêreldwye verbruik van germanium in die jaar 2000 verteenwoordig.
Die legering Silkongermanied (SiGe) is vinnig besig om 'n uiters belangrike halfgeleiermateriaal vir gebruik in hoë-spoed geïntegreerde stroombane te word. Stroombane wat die eienskappe van Si-SiGe brûe benut is baie vinniger as dié wat slegs silikon gebruik.
Ander gebruike:
Sekere verbindings van germanium het 'n lae giftigheid tot soogdiere maar is giftig vir sekere bakterieë. Dit maak germanium nuttig as 'n chemoterapeutiese middel.
Germanium word kommersieël ontgin vanuit sinkerts deur die stof uit smeltoonde te behandel en uit die verbrandingsprodukte van sekere soorte steenkool.
Hierdie metaalagtige kan ontgin word vanuit ander metale deur fraksionele distillasie van die vlugtige tetrachloried. Hierdie tegniek maak die vervaardiging van ultra-hoë suiwerheid germanium moontlik.
In 1997 was die koste van germanium ongeveer $3 per gram (V.S.A). Die sluitingsprys vir die jaar 2000 van germanium was $1 150 per kilogram (of $1.15 per gram).
Chemiese elemente | Halfgeleiers
Germanijum | Germani | Germanium | Germanium | Γερμάνιο | Germanium | Germanio (elemento) | Germanio | Germaanium | Germanium | Germanium | גרמניום | Germanij | Germánium | Germanio | German | Germanio | ゲルマニウム | 저마늄 | Germanyûm | Germanium | Germanis | Germānijs | Germanium | Germanium | Germanium | Germani | German | Germânio | Германий | Germanij | Германијум | Germanium | เจอร์เมเนียม | Germanyum | گېرمانىي | Германій | 锗
This article is licensed under the GNU Free Documentation License.
It uses material from the
"Germanium".
Home Page • arts • business • computers • games • health • hospitals • home • kids & teens • news • physicians • recreation• reference • regional • science • shopping • society • sports • world