article

Frederik Willem de Klerk (gebore 18 Maart 1936) was die laaste blanke Staatspresident van Suid-Afrika vanaf September 1989 tot Mei 1994, asook leier van die Nasionale Party (wat later die Nuwe Nasionale Party geword het) vanaf Februarie 1989 tot September 1997.

De Klerk is mees bekend vir die beëindiging van apartheid en die transformering van Suid-Afrika na 'n demokrasie deur die land se swart meerderheid stemregte toe te ken. Gebore in Johannesburg, de Klerk is die seun van vorige Senator Jan de Klerk, en 'n neef van J.G. Strijdom (eerste minister, 1954-1958).

Ná voltooiing van sy hoërskoolloopbaan in Krugersdorp verwerf de Klerk in 1958 aan die Potchefstroomse Universiteit sy B.A. en LL.B. (cum laude). In 1969 trou hy met Marike Willemse, saam met wie hy twee seuns en 'n dogter verwek.

"FW", soos hy algemeen bekend gestaan het, word in 1969 tot die Parlement verkies as die lid vir Vereeniging, en betree die kabinet in 1978. Hy word die Transvaalse provinsiale Nasionale Partyleier in 1982. Ná 'n lang politieke loopbaan met 'n baie konserwatiewe reputasie, plaas hy homself in 1989 aan die hoof van die verligte kragte binne-in die regerende party, met die gevolg dat hy tot hoof van die Nasionale Party in Februarie 1989 verkies is, en uiteindelik tot Staatspresident in September 1989, waar hy vir P.W. Botha vervang nadat díé weens 'n beroerte genoodsaak was om uit te tree. Sy opheffing van die verbanning van die ANC en ander organisasies in Februarie 1990 het die weg gebaan vir onderhandelinge wat gelei het tot die einde van apartheid en blanke minderheidsregering. Op 10 Februarie daardie jaar kondig de Klerk aan dat Nelson Mandela die volgende dag vrygelaat word. De Klerk en Mandela is gesamentlik 'n Nobelprys vir Vrede toegeken in 1993 vir hulle aandeel in die vreedsame beëindiging van die apartheidsregering en die lê van fondasies vir 'n nuwe, demokratiese Suid-Afrika.

In April 1994 word veelrassige verkiesings vir die eerste keer ooit gehou. De Klerk het 'n grootendeels seremoniële en nie-mededingende presendensiële veldtog bedryf teen Mandela, waardeur Mandela onbetwisbaar verkies is. Hy dien vir twee jaar as Adjunkpresident in Mandela se regering, maar kondig sy aftrede van politiek in Augustus 1997 aan sodat hy homself en sy staatsbeleide kon distansieer van die Nasionale Party.

Konserwatiewe Suid-Afrikaanse opinie was verontwaardig deur sy baie publieke egskeiding van sy vrou Marike in Oktober 1998, en sy daaropvolgende skielike troue met Elita Georgiades. Die hele land is geruk in Desember 2001 ná sy voormalige vrou van 38 jaar vermoor is, vermoedelik deur 'n jong sekuriteitswag gedurende 'n rooftog.

In 2004 kondig de Klerk aan dat hy die Nuwe Nasionale Party verlaat en 'n nuwe politieke tuiste gaan soek nadat die NNP hulle samesmelting met die regerende ANC aangekondig het.

Die van de Klerk is afkomstig van Le Clerc / De Clercq, en is van Franse Hugenootse oorsprong, nes 'n groot aantal ander Afrikaanse vanne.

Voorafgegaan deur:
Pieter Willem Botha
9de Staatspresident van Suid-Afrika Opgevolg deur:
Nelson Mandela
(President van Suid-Afrika)
Mense | Suid-Afrikaanse politieke figure

Фредерик де Клерк | Frederik Willem de Klerk | Frederik Willem de Klerk | Frederik Willem de Klerk | Frederik Willem de Klerk | Frederik de Klerk | Frederik de Klerk | Frederik De Klerk | פרדריק וילם דה קלרק | Frederik Willem de Klerk | Frederik Willem de Klerk | フレデリック・ウィレム・デクラーク | Frederik Willem de Klerk | F.W. de Klerk | Frederik Willem de Klerk | Frederik Willem de Klerk | Frederik Willem de Klerk | Frederik Willem de Klerk | F.W. de Klerk | Де Клерк Фредерік Вільгельм | 戴克拉克

 

This article is licensed under the GNU Free Documentation License. It uses material from the "Frederik Willem de Klerk".

Home Pageartsbusinesscomputersgameshealthhospitalshomekids & teensnewsphysiciansrecreationreferenceregionalscienceshoppingsocietysportsworld