800px-Sonnenuntergang_frankfurt.jpg Frankfurt am Main is met sowat 655 000 inwoners die grootste stad van die deelstaat Hessen en op vier na die grootste stad van Duitsland. Die metropolitaanse gebied van Frankfurt am Main het 1,8 miljoen inwoners; die gebied Frankfurt Rhein-Main is met sy meer as vyf miljoen mense die tweede grootste ekonomiese sentrum van die land.
Die stad is die hoofkwartier van die Europese Sentrale Bank en die belangrikste finansiële sentrum van Duitsland. Die lughawe Rhein-Main is met jaarliks sowat 50 miljoen passasiers die grootste in Duitsland en een van die belangrikste lughawens wêreldwyd.
Danksy die handel en talle nywerhede is Frankfurt am Main een van die Europese stede met die hoogste bruto geografiese produk (per capita) en saam met Parys en Moskou een van die min Europese stede met 'n groot aantal wolkekrabbers in sy sentrale besigheidsdistrik.
Sedert 1356 word die konings van die Heilige Romeinse Ryk hier gekies, vanaf 1562 ook die keisers. Die laaste keiser wat in 1792 hier gekroon word, is die Habsburgse keiser Frans II.
Met die einde van die Heilige Romeinse Ryk word die stad 'n lid van die Rynbond en onder die heerskappy van die vorsprimas Karl Theodor von Dalberg die hoofstad van 'n kortstondige Groothertogdom Frankfurt (1810-1813).
Binne die bestel van die Duitse Bond is Frankfurt am Main weer 'n Vrye Stad en setel van die bond se parlement (Bundestag). Tydens die Rewolusie van 1848 vergader die Nationalversammlung (Nasionale Vergadering) in die stad se Paulskirche.
Pruise annekseer die stad in 1866, en dit word 'n deel van die provinsie Hessen-Nassau.
Die bomaanvalle van die Tweede Wêreldoorlog verwoes groot dele van die ou stadskern en middestad. Frankfurt am Main word die setel van die Amerikaanse militêre regering en die administratiewe hoofstad van die drie westelike besettingsones ("Trisonesië"). Anders as verwag word die stad nie as die hoofstad van die onafhanklike Bondsrepubliek, Duitsland gekies nie; die regering word na Bonn verskuif.
Frankfurt am Main herwin sy status as belangrike ekonomiese sentrum en word die hoofkwartier van die grootste Duitse banke, en ook van die Duitse Sentrale Bank (Bundesbank) en sedert 1999 die Europese Sentrale Bank.
Volgens 'n ranglys van die Universiteit van Liverpool (Verenigde Koninkryk) is Frankfurt am Main saam met Karlsruhe (Duitsland), Parys (Frankryk) en München (Duitsland) een van die vier rykste stede van Europa. Tog bly dit 'n stad met 'n baie hoë skuldlas, aangesien 'n groot deel van die welvarende belastingbetalers nie in die stad self woon nie, maar in die aangrensende selfstandige distrikte. AirportFrankfurt fromair.jpg | Frankfurt_Stadshorison.jpg Frankfurt am Main bied sowat 600 000 werkgeleenthede vir sy inwoners en 'n groot aantal pendelaars. Die stad is nie net een van die belangrikste knooppunte vir die Duitse en internasionale vervoer nie, maar ook die setel van verskeie groot handelskoue. Dit is ook die eerste stad ter wêreld wat in die Middeleeue gereeld handelskoue aanbied en is met 'n grootpad, die Via Regia, aan die ander groot Duitse handelstad Leipzig verbind. Die handelskouterrein beskik vandag oor 'n hipermoderne infrastruktuur, met die nuwe wolkekrabber Messeturm as sy baken. Hier vind die groot skoue soos die Internationale Automobilausstellung (motors), Frankfurter Buchmesse (boeke) en Ambiente Frankfurt (verbruikersware) plaas.
Daar is min ander Duitse stede met dieselfde verskeidenheid van internasionale ondernemings wat hier hulle hoofkwartiere het. Die vernaamste nywerhede is chemie, advertensies, sagteware en inbelsentrums. Die stad staan egter veral bekend as 'n finansiële en handelsentrum. Die Frankfurtse Beurs is die tweede grootste in Europa en een van die belangrikstes ter wêreld. Die wolkekrabbers in die middestad, waarvan die grootstes nagenoeg 300 meter hoog is, dien as die hoofkwartiere van die groot Duitse banke.
Die sentrale ligging van Frankfurt in Duitsland het die vinnige groei van sy lughawe bevorder. Dit is nou die grootste passasirs- en vraglughawe op die Europese vasteland en bied ook die grootste aantal internasionale bestemmings.
Die Paulskirche, 'n kerk in die klassisistiese styl, wat in 1789 ingewy is, speel 'n beduidende rol in die politieke geskiedenis van Duitsland. Hier vergader die Nationalversammlung van die jare 1848-49.
Die beroemde Alte Oper (Ou Operahuis) word in 1880 deur die argitek Richard Lucae opgerig. Dit is een van die beduidendste operateaters in Duitsland en word - na sy verwoesting in die Tweede Wêreldoorlog - in 1981 heropgerig. Vandag dien dit as 'n konsertgebou; vir operas is 'n nuwe gebou in 1951 geopen.
Frankfurt am Main | فرانكفورت | Frankfurt | Франкфурт на Майн | Frankfurt | Frankfurt del Main | Frankfurt nad Mohanem | Frankfurt | Frankfurt am Main | Frankfurt am Main | Φρανκφούρτη | Frankfurt | Frankfurto ĉe Majno | Fráncfort | Frankfurt | فرانکفورت | Frankfurt am Main | Francfort-sur-le-Main | Fráncfort - Frankfurt am Main | פרנקפורט | Frankfurt na Majni | Frankfurt | Frankfurt | Frankfurt | Francoforte sul Meno | フランクフルト・アム・マイン | ფრანკფურტ-ამ-მაინი | 프랑크푸르트 | Frankfurt | Frankfurtas prie Maino | Frankfurte pie Mainas | Frankfort an'n Main | Frankfurt am Main | Frankfurt am Main | Frankfurt am Main | Frankfurt nad Menem | Frankfurt am Main | Frankfurt | Франкфурт-на-Майне | Frankfurt | Frankfurt nad Mohanom | Frankfurt na Majni | Франкфурт на Мајни | Frankfurt am Main | แฟรงค์เฟิร์ต | Frankfurt am Main | Frankfurt am Main | 法兰克福
This article is licensed under the GNU Free Documentation License.
It uses material from the
"Frankfurt am Main".
Home Page • arts • business • computers • games • health • hospitals • home • kids & teens • news • physicians • recreation• reference • regional • science • shopping • society • sports • world