Euromuenze.jpgDie Euro (simbool: €, ISO-geldeenheidkode: EUR) is die geldeenheid van die Europese Ekonomiese en Monetêre Unie (EMU) - die sogenaamde Eurosone - en na die Amerikaanse Dollar die belangrikste munteenheid wêreldwyd. Die Euro word deur die Europese Sentrale Bank in Frankfurt am Main beheer en is die wettige betaalmiddel in 12 van die 25 lande van die Europese Unie (EU). Die Euro is bowendien die wettige geldeenheid van ses lande wat nie tot die EU behoort nie. 'n Verdere vyf lande en twee monetêre gebiede het hulle munteenheid met 'n vaste wisselkoers aan die Euro gekoppel.
Die Euro is in die jaar 1999 as bankgeld en op 1 Januarie 2002 as "stoflike" betaalmiddel ingevoer. 'n Euro word opgedeel in 100 sente (voorgestel deur die letter c). Daar is net een stel banknote ter waarde van 5, 10, 20, 50, 100, 200 en 500 Euro beskikbaar, terwyl die muntstukke (1c, 2c, 5c, 10c, 20c, 50c, 1€ en 2€) naas 'n identiese voorkant 'n nasionale agtersy het.
Die amptelike wisselkoerse van die Euro ten opsigte van die ou nasionale munteenhede is soos volg vasgestel:
13,7603 Oostenrykse Schilling (ATS) 40,3399 Belgiese Frank (BEF) 1,95583 Duitse Mark (DEM) 166,386 Spaanse Peseta (ESP) 5,94573 Finse Mark (FIM) 6,55957 Franse Frank (FRF) 0,787564 Ierse Pond (IEP) 1936,27 Italiaanse Lire (ITL) 40,3399 Luxemburgse Frank (LUF) 2,20371 Nederlandse Gulden (NLG) 200,482 Portugese Escudo (PTE) 340,750 Griekse Drachme (GRD)
Euro | يورو | Euro | Avro | Еўра | Евро | Euro | Euro | Euro | Euro | Euro | Euro | Ευρώ | Euro | Eŭro | Euro | Euro | Euro | Euro | Õuro | Euro | Euro | Euro | Euro | Euro | אירו | यूरो | Euro | Euró | Euro | Euro | Evra | Euro | ユーロ | ევრო | 유로 | Euro | Euro | Euro | Euro | Euras | EUR | Евро | Euro | Ewro | Euro | Euro | Euro | Euro | Étchu | Euro | Euro | Euro | Euro | Евро | Euru | Euro | Euro | Euro | Evro | Euro | Евро | Euro | Euro | ஐரோ | ยูโร | Euro | Avro | Євро | Euro | Euro | 欧元 | Euro | 歐元