Ejakulasie is die proses van die uitspuit van semen vanuit die penis. Dit gaan gewoonlik gepaard met 'n orgasme, wat weer teweeggebring word deur seksuele prikkeling. Dit kan egter ook voorkom gedurende die Vinnige Oogbewegingsfase (VOB) van slaap, tesame met 'n ereksie en seksuele drome. Andersins gebeur dit soms tydens massering van die prostaat. In skaars gevalle, mag dit die gevolg van siekte van die prostaat wees.
Die getal spermatozoa verskil ook baie wyd individueel. Die aanvaarde getal is 20 miljoen spermatozoa per keer, met 'n beweegliksheidspersentasie van 50 persent, en normale spermformaat in 60 persent of meer. Die hoeveelheid spermatozoa hang af van die tydperk wat verloop het sedert die vorige ejakulasie, die hitte binne in die testes, die man se ouderdom, die testosteroonvlak, die algemene vrugbaarheid van die man, asook die graad en lengte van tyd van die seksuele opwinding wat die ejakulasie voorafgegaan het.
Na ejakulasie is dit vir omtrent 'n halfuur onmoontlik vir meeste mans om weer te kan ejakuleer, grootliks omdat hulle nie weer 'n ereksie kan kry tydens hierdie periode nie. Hierdie tydsinterval word die weerstandigheidsperiode genoem. Die glans van die penis is meestal tydens hierdie selfde periode hipersensitief vir aanraking.
Soortgelyk is daar wye variasie in die tyd wat dit neem vanaf die oomblik dat seks begin het, totdat ejakulasie plaasvind. Tydens die aktiewe stootbewegings van seks kan die meeste mans ejakulasie vir nie langer as omtrent vyf minute uitstel nie. 'n Baie klein groepie is in staat om te ejakuleer net wanneer hulle wil, en dis hierdie groep wat aktief seks kan beoefen vir 'n uur of langer.
Еякулация | Udløsning | Ejakulation | Ejaculation | Eyaculación | Siemensyöksy | Éjaculation | Eiaculazione | 射精 | Ejakuliacija | Ejaculatie | Ejakulacja | Ejaculação | Эякуляция | Ejaculation | Ejakulácia | Ejakulation | Xuất tinh | 射精
This article is licensed under the GNU Free Documentation License.
It uses material from the
"Ejakulasie".
Home Page • arts • business • computers • games • health • hospitals • home • kids & teens • news • physicians • recreation• reference • regional • science • shopping • society • sports • world