article Related Topics:
Duitsland
 

PotsdamerPlatz Vogelperspektive 2004 1.jpg Die Federale Republiek van Duitsland (Duits: Bundesrepublik Deutschland), is een van die wêreld se voorste geïndustrialiseerde lande. Dit is in Europa geleë en word in die noorde begrens deur die Noordsee, Denemarke, en die Oossee, in die ooste deur Pole en die Tsjeggiese Republiek, in die suide deur Oostenryk en Switserland, en in die weste deur Frankryk, Luxemburg, België en Nederland.

Die Duitse Ryk is as 'n nasiestaat verenig tydens die Frans-Pruisiese oorlog in 1871. Die huidige Duitsland is 'n demokratiese, parlementêre en federale republiek, wat uit 16 deelstate bestaan. Hulle kan in sekere sfere soos onderwys onafhanklik van die federasie optree. Duitsland is - net soos baie ander Europese lande - 'n sosiale welvaartstaat, wat in sy binnelandse ekonomiese beleid die beginsels van die sosiale markekonomie toepas.

Die Federale Republiek van Duitsland is 'n lid van die Verenigde Nasies, NAVO, die G8- en die G4-nasies, en is 'n stigterslid van die Europese Unie. Dit is die land in die Europese Unie met die grootste bevolking en is ekonomies die magtigste.

Geografie


Schwarzwaldschnee.jpgDuitsland strek van die kusgebiede langs die Noord- en Oossee tot by die sentrale Alpe in die suide, waarvan net 'n klein gedeelte op Duitse grondgebied lê. Die land word dikwels as die hartland an Europa beskryf en grens aan Denemarke in die noorde; Nederland, België, Luxemburg en Frankryk in die weste; Oostenryk en Switserland in die suide; en Pole en Tsjeggië in die ooste. Die Noord- en Oossee vorm 'n natuurlike grenslyn in die noorde.

In noord-suidelike rigting is daar vier groot geografiese landskappe, wat veral volgens hulle hoogte van mekaar verskil. Die noorde van Duitsland word oorheers deur die Noord-Duitse Vlakte, wat tydens die ystydperke gevorm is.

Die sentrale gedeelte van die land is gekenmerk deur bebosde bergreekse, die sogenaamde Middelgebergtes. Daar is verskillende tipes van landskappe soos byvoorbeeld die

  • die gebied van die Mecklenburgse Mere in die noord-oostelike vlakte, wat deur gletserpuine gevorm is;
  • die blokberge van die Harz, wat nog voor die Alpe ontstaan het;
  • die bebosde bergreekse van die Schwarzwald (Swartwoud) en Böhmerwald, wat net soos die Franse Vogese deur opwaartse geologiese bewegings gevorm is;
  • bekkens van sedimentêre gesteentes soos in die Swabiese Gebergte (Schwäbische Alb), 'n platorand wat as gevolg van erosie gevorm is en nou bo-oor die Neckarvallei met 'n maksimale hoogte van 869 meter verrys;
  • geologies jonge bekkens soos die vlaktes van die Ryn tussen die Switserse stad Basel en Mainz in Rynland-Palts, wat in seismiese opsig nog baie aktief is; en
  • vulkaniese bergreekse soos die Vogelsberg (772 meter), wat deur aardbewegings en vulkaanuitbarstings gevorm is.
BrockenTopFromWest.jpg

Hierdie bergreekse gaan in die mees suidelike deelstate Baden-Württemberg en Beiere geleidelik oor na die Alpe-voorland, 'n landskap wat ook hoofsaaklik teen die einde van die laaste ystydperk gevorm is en gekenmerk word deur gletserpuine, vlaktes en 'n aantal mere soos die Bodenmeer met 'n oppervlak van 538 vierkante kilometer. Die hoogste bergspits in die Alpe van Suid-Beiere is die Zugspitze met 2 963 meter.

Die Alpe is die enigste hooggebergte, waaraan Duitsland 'n aandeel het. Nogtans is daar 'n aantal bergreekse met bergspitse, wat hoogtes van meer as 1 000 meter bereik, soos die Swartwoud met die Feldberg (1 493 meter bo seevlak), die Beierse Woud met die Groot Arber (Großer Arber, 1 456 meter), die Ertsgebergte, die Fichtelgebergte, die Swabiese Gebergte en die Harzgebergte, wat danksy sy geïsoleerde noordelike ligging 'n uitsondering vorm. Die Harz bereik met die Brocken 'n hoogte van 1 142 meter bo seevlak.

Noord van die Middelgebergtes is daar net enkele formasies met 'n hoogte van meer as 100 meter, soos die Fläming in die deelstaat Brandenburg (200 meter).

Eilande

Keitum Wattenmeer.jpg

Duitsland beskik oor 'n relatief groot aantal eilande, wat in die Noordsee meesal as eilandkettings net voor die kuslyn lê. Die twee groot eilandgroepe van die Noordsee is die Noord- en Oos-Friese Eilande. Die Noord-Friese Eilande, waaronder Sylt, Föhr, Amrum en Pellworm, asook die klein Halligen-eilandjies, maak deel uit van Sleeswyk-Holstein, die noordelikste deelstaat. Die eilande was oorspronklik deel van die vasteland, maar is as gevolg van geologiese aktiwiteite van die vasteland afgesny, nadat die gebiede daartussen gedaal het en oorvloed is.

Die Noord-Friese Eilande lê langs die kuslyn van die deelstaat Nedersakse en is geleidelik uit sandbanke gevorm.

Die eilande in die Oossee maak deel uit van die sogenaamde strandmeerkus. Hulle word deur groter oppervlaktes gekenmerk; die grootstes van hierdie eilande is Rügen en Usedom. Die uiterste oostelike deel van Usedom behoort tot Pole.

Die grootste eilande in die binneland is Mainau, Lindau en Reichenau in die Bodenmeer en Herrenchiemsee in die Chiemmeer.

Mere

Vereister Koenigssee Richtung Sueden.jpg Die mere in Duitsland is grotendeels as gevolg van die laaste ystydperk gevorm, toe voormalige gletservalleie met water opgevul is. Die meeste van die groter mere is dus in gebiede geleë, wat vroeër deur binnelandse ysmassa's bedek was, of in die voorland van die gletsers, veral in Mecklenburg en die Alpevoorland.

Die grootste meer, waaraan Duitsland 'n aandeel het, is die Bodenmeer naby die grens met Switserland en Oostenryk. Die grootste meer, wat in sy geheel in Duitsland lê, is die Müritz met 'n oppervlak van 117 vierkante kilometer, wat deel uitmaak van die Mecklenburgse Mereplato.

Die grootste mere na die Bodenmeer en Müritz is die Chiemmeer (Beiere, 80 vierkante kilometer), die Schwerinse Meer (Mecklenburg-Voorpommeren, 61 vierkante kilometer), die Starnbergse Meer (Beiere, 56 vierkante kilometer), die Ammermeer (Beiere, 46,6 vierkante kilometer), die Plauer Meer (Mecklenburg-Voorpommeren, 38,7 vierkante kilometer), die Kummerowse Meer (Mecklenburg-Voorpommeren, 32 vierkante kilometer), die Steinhuder Meer (Nedersakse, 29,12 vierkante kilometer), en die Groot Plönse Meer (Sleeswyk-Holstein, 29 vierkante kilometer).

Klimaat


800px-Funtensee.jpg Die grootste deel van Duitsland lê in die gematigde klimaatsone van Middel-Europa, wat deur vogtige westelike winde oorheerrs word. Die klimaat word onder meer deur die warm Golfstroom beïnvloed.

Die noord-weste en noorde van Duitsland word deur 'n maritieme klimaat met reënval dwarsdeur die jaar gekenmerk. Die winters is relatief mild, terwyl die somers eerder koel is, alhoewel somertemperature ook in die noorde soms dae lank bo 28 °C kan styg. Die gemiddelde temperature is: Hamburg: Januarie 0,3 °C / Julie 17,1 °C; Essen: Januarie 1,5 °C / Julie 17,5 °C.

Oos-Duitsland is in klimatiese opsig 'n oorgangsgebied, weerstoestande het dikwels kenmerke van 'n vastelandsklimaat, met strawwe koue winters en baie warm somers. Gebiede soos die deelstaat Brandenburg en Berlyn kry soms baie min reën in die somer. Die gemiddelde temperature is: Berlyn: Januarie -0,9 °C / Julie 18,6 °C.Die sentrale en suidelike gebiede van Duitsland is 'n oorgangsgebied van 'n gematigde maritieme na 'n vastelandsklimaat. Die Rynvallei is egter een van die warmste gebiede in die land; die gemiddelde jaarlikse temperatuur in die suid-weste van Baden-Württemberg is 11 °C. Baie warm somers met temperature van meer as 30 °C tree gereeld op. Gemiddelde temperature: München: Januarie: -2,2 °C / Julie 17,6 °C; Freiburg: Januarie: 1,2 °C / Julie 19,4 °C.

Tot en met 1988 was die gemiddelde jaarlikse temperatuur in Duitsland 8,8 °C. As gevolg van die globale verwarming het dit duidelik gestyg en bereik in 2000 reeds 9,9 °C. Veral die somers het warmer geword.

Politiek


Staatsorganisasie

Volgens die artikel 20 van die Duitse Grondwet (Grundgesetz) is die Bondsrepubliek Duitsland 'n demokratiese, federale en sosiale regstaat. Sy hoofstad en regeringsetel is Berlyn. Duitsland is in administratiewe opsig verdeel in 16 deelstate (Bundesländer), wat gedeeltelik selfregerend is. Vyf van die deelstate is verder verdeel in 22 administratiewe distrikte (Regierungsbezirke).

Horst Köhler.jpg Die Bondspresident (Bundespräsident) fungeer as die staatshoof en verteenwoordiger van die republiek op internasionale vlak. Hy oefen egter geen politieke mag uit. Die president van die parlement (Bundestagspräsident), die Bondskanselier (Bundeskanzler) en die president van die Federale Raad van die deelstate (Bundesratspräsident, wat ook as vise-staatshoof fungeer) volg as ampsdraers in die rangorde.

Die Bondskanselier is die regeringshoof en bepaal die grondbeginsels van die regering se binne- en buitelandse beleid. Dem Deutschen Volke.JPG In ooreenstemming met die federale staatsbestel beskik ook die deelstate oor hulle eie uitvoerende, wetgewende en regsprekende gesag. Die Bundesrat (Raad van die Deelstate) het net soos die Bundestag, die nasionale parlement, uitvoerende bevoegdhede. Besluite oor voorgestelde nasionale wetgewing word deur albei kamers gemeenskaplik geneem. Wetsontwerpe van die nasionale parlement, wat die regte van die deelstate sou raak, moet deur die Bundesrat goedgekeur word. Die Duitse Grondwet mag, met die uitsondering van die artikels oor fundamentele menseregte, met 'n tweederdes-meerderheid in albei kamers gewysig word.

Die parlemente van die deelstate besluit oor die plaaslike wetgewing; die onderwys, polisie en ander belangrike instellings word deur die deelstate beheer. Die politieke partye het 'n groot invloed op die wetgewing, en ofskoon die afgevaardigdes nie gedwing mag word om teen hulle gewetens op te tree nie, word die meeste wetsontwerpe deur die parlementslede van die meerderheidsparty gemeenskaplik goedgekeur om die doelwitte van dié party te verwesenlik.

Op nasionale vlak vorm die federale regering onder die leiding van die Bondskanselier die uitvoerende gesag, terwyl die deelstate regerings onder die leiding van 'n Eerste Minister het. Die stadstate Berlyn, Hamburg en Bremen het Regerende Burgemeesters as hulle regeringshoofde. Die nasionale en die administrasies van die deelstate word deur ministers beheer.

Die Konstitusionele Hof (Bundesgerichtshof) in Karlsruhe het die hoogste gesag oor die grondwet. Die hoogste nasionale geregshowe is die Federale Geregshof (Bundesgerichtshof) in Kassel, die Federale Administratiewe Gereg (Bundesverwaltungsgericht, wat regsake in verband met die administrasies hanteer) en die Geregshof van Finansies in München. Die meeste regsake word deur die deelstate beheer, terwyl die nasionale geregshowe as appélhowe dien.

Deelstate


Germany Laender Map.png

In Afrikaans Auf Deutsch (In Duits)
Die deelstate van Duitsland Hoofstad Bundesland Hauptstadt
1 Baden-WürttembergStuttgartBaden-WürttembergStuttgart
2 (Vrystaat) BeiereMünchen(Freistaat) BayernMünchen
3 BerlynBerlynBerlinBerlin
4 BrandenburgPotsdamBrandenburgPotsdam
5 Hansestad BremenBremen(Freie Hansestadt) BremenBremen
6 (Vrye en Hansestad) HamburgHamburg(Freie und Hansestadt) HamburgHamburg
7 HessenWiesbadenHessenWiesbaden
8 Mecklenburg-VoorpommerenSchwerinMecklenburg-VorpommernSchwerin
9 NedersakseHannoverNiedersachsenHannover
10 Noordryn-WesfaleDüsseldorfNordrhein-WestfalenDüsseldorf
11 Rynland-PaltsMainzRheinland-PfalzMainz
12 SaarlandSaarbrückenSaarlandSaarbrücken
13 (Vrystaat) SakseDresden(Freistaat) SachsenDresden
14 Sakse-AnhaltMagdeburgSachsen-AnhaltMagdeburg
15 Sleeswyk-HolsteinKielSchleswig-HolsteinKiel
16 (Vrystaat) ThuringenErfurt(Freistaat) ThüringenErfurt

Ekonomie


Frankfurt am Main nightshot gedreht.jpg in die metropolitaanse gebied van Ryn-Main is die finansiële sentrum van Duitsland]] Duitsland is tans die grootste ekonomie in Europa en die derde grootste ter wêreld ná die Verenigde State (VSA) en Japan. Die land is volgens die Wêreldhandelsorganisasie (WHO; Engels: World Trade Organization, WTO) tans ook die grootste uitvoerder ter wêreld nog vóór die VSA en die Volksrepubliek van Sjina. Duitsland se belangrikste handelsvennote is Frankryk, die VSA, die Verenigde Koninkryk, Italië en Nederland.

Die bruto geografiese produk (BGP) groei in die jaar 2004 met sowat twee persent en bereik 2 200 miljard Euro. Verbruikerspryse het in 2004 met 1,6 persent gestyg. BMW building munich.jpg in München]] Duitsland word sedert die einde van die 19de eeu steeds as een van die leidende nywerheidslande beskou. Die belangrikste nywerhede is motorvervaardiging, elektrotegniese produkte, masjienbou en chemie.

Nogtans het die aandeel werknemers in die nywerheidsektor tussen 1970 en 2004 van 46 tot 26 persent gedaal, terwyl die aandeel werknemers in die dienstesektor verdubbel het en nou 71 persent (of 27 miljoen mense) bedra. Die tersiêre sektor se bydrae tot die BGP beloop tans meer as 70 persent.

Ondanks die sukses op die uitvoermarkte is daar groot ekonomiese vraagstukke wat die land nog steeds kwel. Die besparingspeil is in vergelyking met ander ontwikkelde lande baie hoog, terwyl die binnelandse verbruik relatief swak bly. As gevolg gaan die land gebuk onder 'n hoë werkloosheidsyfer van omtrent tien persent, die hoë koste van die sosiale welvaartstelsel, 'n baie hoë staatskuld en deflasionêre tendense op die goedere- en arbeidsmarkte. Lone en salarisse het ondanks die verhoogde produktiwiteit in die afgelope jare nouliks gestyg.

Die ekonomiese situasie in Oos-Duitsland is besonder kommerwekkend; hier ontbreek ná die omverwerping van die sosialistiese stelsel die industriële en tersiêre infrastruktuur, wat tot grootskaalse binnelandse migrasie na die westelike deelstate gelei het.

Landbou, bosbou en vissery

Die bydrae van die landbou, bosbou en vissery tot die bruto geografiese produk het in die jaar 2003 tot 1,1 persent gedaal. Nogtans is Duitsland ten opsigte van die voedselproduksie byna selfversorgend: Naastenby negentig persent van die benodigde agrariese produkte word plaaslik verbou. Duitsland is die derde grootste agrariese produsent in die Europese Unie ná Frankryk en Italië.

Demografie


Met 'n oppervlakte van 357 000 vierkante kilometer en meer as 82 miljoen inwoners behoort die Bondsrepubliek Duitsland tot die mees digbevolkte lande ter wêreld. Die vyf grootste metropolitaanse gebiede is Ryn-Roer met 11,8 miljoen inwoners, Ryn-Main (5,8 miljoen), Berlyn (4,3 miljoen), Hamburg (3,3 miljoen) en Stuttgart (2,3 miljoen). Mk Zuwanderer.png Van die 82,5 miljoen inwoners is meer as 42 miljoen vroulik, en 7,3 miljoen is buitelanders. Die 75 miljoen Duitsers sluit sewe miljoen immigrante van Duitse afkoms in, wat veral uit die Russiese Federasie, Pole en ander Oos-Europese lande na Duitsland gekom het (altesaam 4,2 miljoen mense in die tydperk tussen 1950 en 2002), of immigrante van dwarsoor die wêreld wat ingeburger is.

Van die inwoners is 26,2 miljoen mense Rooms-Katolieke, 25,8 miljoen Protestante (oorwegend Lutherane), 3,2 miljoen Moslems (waarvan 732 000 met Duitse burgerskap) en 102 000 Jode.

Die grootste groepe buitelanders is Turke (2,4 miljoen), burgers van ander lande van die Europese Unie (altesaam 2,1 miljoen, waarvan 0,5 miljoen Italianers, 0,3 miljoen Grieke, 0,3 miljoen Pole en 0,2 miljoen Oostenrykers) en immigrante uit die voormalige Joegoslawië.

Die amptelike etniese minderhede is sowat 50 000 Dene, 20 000 Friese, 60 000 Sorbe en 70 000 Sinti en Roma.

Die natuurlike bevolkingsaanwas bly negatief, met 706 000 geboortes en 818 000 sterfgevalle in die jaar 2004. In 2005 daal die aantal geboortes met 4,2 persent tot minder as 676 000, die laagste ooit sedert die einde van die Tweede Wêreldoorlog en slegs die helfte van die jaar 1964, toe daar in die Bondsrepubliek Duitsland en die Duitse Demokratiese Republiek 1,357 miljoen geboortes geregistreer is. Die geboortesyfer van net 8,5 per 1 000 inwoners is nou die laagste in Europa en vergelyk baie ongunstig met lande soos Frankryk (12,7) en die Verenigde Koninkryk (12,0). Vroue met kinders ervaar nog steeds baie nadele in die beroepslewe, en baie egpare vrees dat hulle kinders moontlik nie meer kan bekostig nie. Aangesien die laaste sensus in die Duitse Demokratiese Republiek in 1983 en in die vroeëre Bondsrepubliek Duitsland (Wes-Duitsland) in 1987 plaasgevind het, sal presiese statistieke gegewens eers weer met die gesamentlike Europese sensus van die jaar 2010/11 beskikbaar wees.

Taal


Luther46c.jpg Duits is die amps- en mees gebruikte taal in Duitsland, wat ook as standaardtaal in die media gebruik word. In die noorde van Duitsland, veral in die gebied tussen Hannover en Kassel, het die standaardskryftaal lankal die plaaslike Nederduitse dialekte as omgangstaal vervang. Dialekte is egter veral in Suid-Duitsland nog steeds die mees gebruiklike omgangstale.

Duitsland erken ook die tale van etniese minderhede soos Deens, Fries en Sorbies as amptelike tale, alhoewel geen van hierdie minderheidstale meer as 100 000 sprekers het. Ander plaaslike minderheidstale soos Moeselromaans (uitgestorwe in die 11de eeu), Polabies (uitgestorwe in die 18de eeu) en Jiddisj word nie meer gepraat nie.

Groot immigrantegroepe soos Turke en Russe gebruik dikwels hulle eie tale; in groot stede soos Berlyn beskik hierdie immigrante oor hul eie infrastruktuur, wat ook dagblaaie insluit. Die plaaslike advertensiebedryf gebruik dikwels die Turkse taal, en sekere amptelike kennisgewings verskyn ook in Turks.

Duits was vroeër 'n verkeerstaal in Middel-Europa, Oos-Europa en Skandinawië en speel ook 'n tyd lank 'n belangrike rol as internasionale wetenskapstaal. Dit is nog steeds die tweede belangrikste vreemde taal in die Europese onderwysstelsels na Engels. Duits is ook wêreldwyd die derde belangrikste vreemde taal in die onderwys en die tweede belangrikste taal van die internet, waar sowat agt persent van alle bladsye in Duits verskyn (teenoor sowat vyftig persent in Engels).

Martin Luther se Bybelvertaling speel in die 16de eeu 'n belangrike rol by die uitbreiding van die huidige Nieuhoogduitse standaardtaal. In 1781 gee Johann Christoph Adelung die eerste groot woordeboek van die Duitse taal uit. Die gebroeders Jacob en Wilhelm Grimm begin in 1852 met die uitgawe van die grootste Duitse woordeboek ooit, wat eers in 1961 voltooi is en tans bewerk word. Die huidige spelling is tydens die 19de eeu vasgelê en steun veral op die Ortografiese Woordeboek van die Duitse Taal (Orthographisches Wörterbuch der deutschen Sprache) van Konrad Duden, wat in 1880 verskyn het. Die laaste spellinghervorming in die Duitse taalgebied is in 1996 deurgevoer.

Die belangrikste vreemde tale in die Duitse onderwys is Engels, Frans, Russies, Spaans en Latyn. In Noordryn-Wesfale word ook Nederlands as tweede vreemde taal aangebied.

Kultuur


Duitsland het 'n baie groot bydrae tot die wêreld se kulturele erfenis gelewer, en die land word dikwels ook die "land van digters en denkers" genoem.

Reeds in die Oud- en Middelhoogduitse tydperk ontstaan 'n literatuur van eersterangse gehalte, en Middeleeuse digters soos Walther von der Vogelweide en Wolfram von Eschenbach behoort tot die belangrikstes in Europa. Die Nibelungenlied, wat deur 'n onbekende outeur geskryf is, en die sprokies van die Gebroeders Grimm is literêre werke van wêreldfaam.

Die Bybelvertaling van Martin Luther staan aan die beginpunt van die moderne Nieuhoogduitse standaardtaal, wat in die 16de eeu die verskillende Neder- en Hoogduitse dialekte as skryftaal vervang. Semperoper Dresden.jpg Bekende Duitse skrywers tot by die 19de en vroeë 20ste eeu sluit Gotthold Ephraim Lessing, Johann Wolfgang von Goethe, Friedrich Schiller, Heinrich von Kleist, E.T.A. Hoffmann, Friedrich Hölderlin, Heinrich Heine, Annette von Droste-Hülshoff, Theodor Fontane en Rainer Maria Rilke in. 20ste eeuse wenners van die Nobelprys vir Letterkunde is Thomas Mann, Hermann Hesse, Heinrich Böll und Günter Grass. Bertolt Brecht oorheers tydens die vyftigerjare die Duitse toneelkuns.

Die filosofie is deur Duitse wysgere soos Gottfried Wilhelm Leibniz, Immanuel Kant, Johann Gottfried von Herder, Moses Mendelssohn, Novalis (bydraes tot die filosofie van die romantiese literêre beweging), Johann Gottlieb Fichte, Georg Wilhelm Friedrich Hegel, Karl Marx, Friedrich Engels, Ludwig Feuerbach, Arthur Schopenhauer, Schweitzer, Friedrich Wilhelm Nietzsche, Edmund Husserl, Hartmann, Karl Jaspers, Rosa Luxemburg, Martin Heidegger, Hannah Arendt, Rudolf Steiner, Gadamer en Jürgen Habermas verryk, terwyl Ferdinand Tönnies, Georg Simmel, Max Weber, Max Horkheimer, Theodor Wiesengrund Adorno en Luhmann groot bydraes op die gebied van die sosiologie gelewer het.

Ten opsigte van die musiek het Duitse en Duitstalige komponiste en dirigente soos Bach, Wolfgang Amadeus Mozart, Georg Friedrich Händel, Georg Philipp Telemann, Heinrich Schütz, Ludwig van Beethoven, Felix Mendelssohn Bartholdy, Engelbert Humperdinck, Otto Nicolai, Gustav Albert Lortzing, Johannes Brahms, Robert Schumann, Richard Wagner, Johann Pachelbel, Jacques Offenbach, Wilhelm Furtwängler, Hanns Eisler, Max Reger, Johann Strauss, Paul Hindemith, Carl Orff, Karlheinz Stockhausen, Hans-Werner Henze en Helmut Lachenmann wêreldwye bekendheid verwerf.

Sport


Vor dem Gruppenspiel Deutschland - Tschechien1.jpg | Hamburg Fussball-Globus 01 KMJ.jpg Sokker is die gewildste sportsoort. Sowat 170 000 sokkerspanne met meer as ses miljoen aktiewe lede is georganisser in die Duitse Sokkerfederasie, Deutscher Fußballbund (DFB), wat ook as gasheer van die FIFA se Wêreldbeker-toernooi in 2006 optree. Die DFB is die grootste en suksesvolste sportorganisasie ter wêreld.

Ander gewilde sportsoorte is handbal en korfbal, alhoewel hulle nie dieselfde aandag in die media geniet soos sokker en byvoorbeeld Formule 1-motorwedrenne nie, yshokkie, tennis en fietswedrenne.

Duitsland beskik ook oor talle bekende wintersportsterre, wat gereeld medaljes by die Olimpiese Winterspele en Europese en Wêreldkampioenskappe wen.

Sien ook


Duitsland | Lande in Europa

Deutschland | Alemaña | Þēodiscland | ألمانيا | Alemaña | Almaniya | Германия | Njemačka | Alemanya | Německo | Германи | Yr Almaen | Tyskland | Deutschland | Γερμανία | Germany | Germanio | Alemania | Saksamaa | Alemania | آلمان | Saksa | S'aksamaa | Týskland | Allemagne | Gjermanie | Dútslân | An Ghearmáin | A' Ghearmailt | Alemaña - Deutschland | גרמניה | जर्मनी | Njemačka | Németország | Germania | Jerman | Germania | Þýskaland | Germania | ドイツ | გერმანია | ಜರ್ಮನಿ | 독일 | Almanya | Almayn | Germania | Däitschland | Duutsland | Alémani | Vokietija | Vācija | Tiamana | Германија | Ӂермания | Jerman | Ġermanja | Germany | Alemantlan | Düütschland | Duitsland | Tyskland | Tyskland | Alemanha | Герман | Niemcy | Alemanha | Germania | Germania | Ghirmânii | Германия | Zermània | Girmania | Duiska | Nemačka | Germany | Nemecko | Nemčija | Gjermania | Немачка | Tôitšhi | Jėrman | Tyskland | ஜெர்மனி | สหพันธ์สาธารณรัฐเยอรมนี | Alemanya | Siaman | Almanya | Німеччина | Đức | דײַטשלאַנד | 德国 | Tek-kok

 

This article is licensed under the GNU Free Documentation License. It uses material from the "Duitsland".

Home Pageartsbusinesscomputersgameshealthhospitalshomekids & teensnewsphysiciansrecreationreferenceregionalscienceshoppingsocietysportsworld